
26 September 2025

Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud
Varsnuus

Studente kuier in die Bosveld
'n Groep van dertig studente van Universiteitsoord het van 12 tot 18 September hulle vakansie opgeoffer vir 'n uitreik na Brits (Madibeng), Thabazimbi, Ellisras (Lephalale), Swartwater, Marken en Potgietersrus (Mokopane).
Vir die groep was dit 'n baie betekenisvolle ervaring en een van hulle vertel: "Die gemeentes het so, so mooi na ons omgesien. Dit was een van die lekkerste uitreike nog."
Die studenteleraar wat saam met hulle getoer het, Anuschka Smith, het haar ervaring met 'n foto onder 'n boom by Marken verwoord. Haar kommentaar op sosiale media oor hierdie foto, lui:
“In die skadu van ‘n droë boom rus twee siele vir ‘n oomblik saam,
en die wêreld lyk skielik anders.”

Een van die toerlede, Jana Truter, skryf: "Die Bosveld toer deur verskeie klein gemeenskappe was 'n onvergeetlike avontuur, gevul met harde werk, pragtige natuur en 'n oorvloed van God se genade. Ons het by die ouetehuis Brits RusOord, Thabang kinderhuis, Sedibeng Spesiale Skool in Lephalale, Laerskool Unitas in Swartwater, Marken Laerskool, en in Leeupoort gekuier en gewerskaf. Of dit nou 'n ingang verf of 'n lekker met die kinders speel was, het ons vinnig besef dat die grootste seëning nie in die werk lê nie, maar in die ontmoetings met die mense van die Bosveld.
Ons het gemeenskappe gevind wat gevestig is op die Here se liefde, en hulle het ons soveel geleer oor vertroue op die Here en ware dankbaarheid. Dit was roerend om te sien hoe die geloof van hierdie mense ons groep se harte aangeraak het, as ook ons pense. Geen Bosvelder het honger gely te danke aan die gemeenskappe se gasvryheid en heerlike kos.
Tussen die mooiste natuur soos die slaap op die Limpoporivier se oewer of 10 uit 10 braaie onder die bosveld se sterre, het ons diep gesprekke gehad, baie gelag en wonderlike vriendskappe gebou. 'n Groot dankie aan die kerk en die organiseerders vir die geleentheid. Hierdie uitreik was meer as net 'n projek; dit was 'n uitreik na nader aan die Here leef elke dag.”
Hoe “COOL” is julle Tienerbediening?
Die Noordelike Sinode se Taakspan Jeug reël ‘n geleentheid om by mekaar te leer. Almal wat by jeugbediening betrokke is word genooi om van 21-23 Oktober by Badseloop te kom kuier, om nuwe netwerke te bou, vriende te maak, te deel, te leer en jouself gate uit te geniet. Die volledige inligting is hieronder beskikbaar.

Welkom!

Dr Gerhard Lindeque, Leier: Verhoudinge, skryf:
“Dr Paul Joubert is onlangs aangestel as ‘n Kerklike Organiseerder van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika in die Noordelike Streek. Hy sal eersdaags begin om gemeentes in die streek te kontak om preekgeleenthede en besoeke te reël.
Dr. Paul bring 'n hart vir bediening en 'n passie om ons kerke en gemeenskappe te dien. Paul is getroud met Marindi, ‘n onderwyseres van beroep en hul het ‘n dogter wat tans studeer.
Jul kan Paul kontak op 081 515 8308 of per WhatsApp, asook per e-pos met hom in verbinding tree by [email protected]. Alternatiewelik kan jul Marina Stebbing by die Noordelike Streek Bybelhuis skakel (011) 970 4010 X 333 of ’n epos aan haar rig by [email protected]”.

Sinodenuus

Kom kyk in die spieël
Die leraarontginningsprogram bied aan predikante die geleentheid om intensief te fokus op hulle selfbewussyn en selfverstaan van hulle vaardighede, asook moontlike ontginningsareas. Tydens hierdie twee dae van intensiewe fokus, word daar aandag gegee aan die volgende aspekte: Spiritualiteit, “sensemaking”, visie, verhoudinge en implementering.
Dit is nie ‘n groepsaktiwiteit nie, maar elke predikant kry die geleentheid om in ‘n veilige en vertroulike ruimte, individueel in die spieël te kyk, met die oog op insig en groei.
Die volgende geleentheid vind op 3 en 4 November in Pretoria plaas en predikante verdien ook VBO-punte vir deelname hieraan. Die sinode staan in vir die koste van die geleentheid, m.a.w. aanbieders, gespreksmateriaal, venue, middagetes en verversings. Elkeen moet net self sorg vir reis en verblyf met toepaslike etes.
Daar is beperkte plek beskikbaar en daarom moet belangstellendes so gou moontlik kontak maak met een van die taakspanleiers, Paullet Grobler ([email protected]) of Bennie Powell ([email protected]). Jy kan enige van die twee ook kontak vir meer inligting. Verder is jy ook welkom om die direkteur, Paul Grobler te skakel by 082 653 5734.

Trap vir Hoop
Ondersteun die CMR in hul fondsinsamelingsprojek deur deel te neem aan die spinnathon op 18 Oktober in Centurion. Sluitingsdatum vir inskrywings is 3 Oktober. Vir meer besonderhede skakel Mandy de Ridder by 072 287 8323 of epos haar by [email protected].


Skoolverwisselingskamp

Op soek na helderheid
Die volgende Predikante-wegbreek is geskeduleer vir 14 tot 16 Oktober by Tsekama Lodge, buite Modimolle. Tydens die wegbreek sal daar insiggewende gesprekke oor hermeneutiek, met die tema: “Op soek na helderheid”, gehou word. Vir die drie dae se verryking sal elkeen dertig VBO-punte kry.
Die sinode staan in vir al die kostes, buiten vervoer. Elkeen moet self reëlings tref om daar te kom. Daar is net vyftien plekke beskikbaar en daarom moet predikante gou spring om seker te maak dat hulle nie hierdie groeigeleentheid mis nie.
Kontak die direkteur, Paul Grobler, by 082 653 5734 / [email protected] om jou plek te verseker.

Opdatering van die sinode se databasis
Ons het tot op hede 197 predikante, kerkkantore en ander belanghebbendes in die sinode, se besonderhede en toestemming om met hul te kommunikeer, ontvang. Ongelukkig kon ons nog nie gehoor gee aan diegene wat dit met ons gedeel het, se versoek om via ’n spesifieke kommunikasiekanaal met hul te kommunikeer nie. Sodra ons meer belanghebbendes se toestemming ontvang en die meerderheid van die sinode se kontakte opdateer is, sal ons die nuwe kommunikasiestelsel implementeer. Ten einde te verseker dat jy wel voortaan deel vorm van diegene met wie die sinode kommunikeer, dateer asseblief jou besonderhede op deur op die volgende skakel te kliek. Skakel na sinode se databasis.

Kolleganuus

Geluk
Charlotte Mahlangu (gekoppelde leraar van Universiteitsoord) en haar man Sidney, het onlangs ‘n seuntjie, Mfundo, ryker geword.
Verjaarsdae
Leraars
Bertus Janse van Rensburg (Emeritus) 28 September
Kobus Myburgh (Emeritus) 29 September
André van Rooyen (Emeritus) 29 September
Eggenotes
Elmien van Niekerk, eggenoot van Wynand (SKDBM), 28 September
Hester Groenewald, eggenoot van Deon (Pietersburg), 29 September

Hospitaal
Derick du Toit (Villieria) is steeds in die hospitaal vir kankerbehandeling.
Bewegings
Cornél Viljoen lewer Sondag, 28 September, sy afskeidspreek by die Gemeente Ellisras-Wes. Hy word op 19 Oktober by die Gemeente Lux Mundi (Oostelike Sinode), in Pretoria, bevestig.

Gemeentenuus

Stigtingsdatums
Onderstepoort 30 September 1944
Pierneef 30 September 1950
Monumentpark 30 September 1967
Nagmaalkelkies
Een van ons gemeentes in Zimbabwe het ’n behoefte aan nagmaalkelkies. Indien daar dalk ’n gemeente is wat ekstra kelkies het, kan Gerard Breytenbach per Whatsapp gekontak word by ÷263772369962.

Aktiwiteite
Universiteitsoord

Toerusting


Besoek gerus Excelsus se webwerf vir inligting oor kursusse. https://www.excelsus.org
Vakatures

Rooihuiskraal: Musiek- en erediensbegeleier
Sluitingsdatum is 28 September 2025.
Rig navrae aan Simon van den Heever by [email protected] of Pieter Devenish by [email protected].
Messina: Voltydse leraar
Sluitingsdatum is 9 Oktober 2025 om 12:00.
Rig navrae aan telefoonnommer 073 533 7628 of e-pos [email protected]
Ander vakatures
https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

Ander Nuus

Preekgeleenthede
Ons is tans besig om die lys van predikante wat beskikbaar is in die Noordelike Sinode, om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is of die leraar met vakansie is, op te dateer. Indien jy ook beskikbaar is, deel asseblief die inligting met [email protected].
Die volgende predikante het aangedui dat hul beskikbaar is in die Pretoria omgewing:
Johan de Villiers [email protected]
Louis Louw [email protected]
Stanley Marais [email protected]
Anton Binneman [email protected]
Bennie Benadé [email protected]
Theuns Kriek [email protected]
Danie Neumann [email protected]
Christo Jansen van Vuuren [email protected]
André Smuts [email protected]
Uitnodiging
Inligting van gemeentegebeure, projekte, stories van hoop en getuienisse van God se liefde, word steeds verwelkom. Stuur dit aan [email protected].
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakels te kliek.
