
29 Augustus 2025

Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud

Tyd raak min!

Hierdie jaar se lentekonferensie is om die draai. Registrasies vir die konferensie sluit 10 September. Registreer op die konferensie se webblad by: www.lentekonferensie.co.za.
Sinodehuis-personeel verhuis
Met die sluiting van Harmoniehof Tuiste vir Bejaardes na Covid-19, en die gevolglike verkoop van die Harmoniepark, skuif nie net Harmonie-Oord soos onlangs berig is nie, maar ook die Sinodehuis. Die personeel gaan tydelik van Huis Piek af in Melkstraat, Muckleneuk, werk. Die kontakbesonderhede van die personeel bly egter dieselfde as voorheen en hulle sou ook persoonlik daar besoek kon word.
Op 14 Augustus het die laaste taakspan vergadering by Steve Bikostraat 125 plaasgevind (sien foto hieronder) en so ook die laaste moderatuursvergadering op 18 Augustus.

Vergaderings sal vir die interimtyd ook by Huis Piek plaasvind. Tydens hierdie interimtyd sal daar aandag gegee word aan ‘n langtermyn tuiste vir die Sinodehuis.
Elmarie Jooste, Kommunikasie: [email protected] / 082 496 6317
Sandra Grobler, Finansies: [email protected] / 079 527 2684
Rehan Rheeder, Saakgelastigde: [email protected] / 083 288 7756
Paul Grobler, Direkteur: [email protected] / 082 653 3734

Sinodenuus

Opdatering van databasis – POPIA vereiste
Talle Verskillesers het alreeds die inligting deurgegee en aangedui in watter formaat hul die Verskil wil ontvang. Ongelukkig kon ons die persoonlike keuse nog nie implementeer nie en moet steeds beide WhatsApp en e-poskommunikasie kanale gebruik totdat die meerderheid lesers aangedui het wat hul keuse is.
Ons vra verskoning vir die ongerief wat dit veroorsaak aan diegene wat reeds die vormpie voltooi het, en versoek ons weer eens dat die wat dit nog nie voltooi het nie, dit wel so gou moontlik sal doen. (Kliek op hierdie skakel.)

Pensioenfonds
Verskillesers word daaraan herinner dat sou hul aan hul pensioenfondsbydrae wil verander, die afsnydatum vir veranderinge 1 September 2025, is. Kliek hier vir ‘n verdere omsendskrywe van die pensioenfonds waarin die besluit in meer diepte verduidelik word.
Agtergrond vir veranderinge aan pensioenfonds
Omsendskrywe 4 van 25 (Afrikaans)
Critical illness insurance (Engels)

Opdatering van Jaarboek 2026
Gemeente-kantore het gedurende die week ’n versoek ontvang om die inligting in die jaarboek rakende hul gemeente en personeel op te dateer. Gemeentes word versoek om hierdie inligting so gou moontlik, maar nie later as Vrydag 5 September, aan [email protected] te stuur.

Die somer is hier!

Besprekings deur Mandy of Quicket (skakel: https://qkt.io/SpringFunRun)
Kontak: Mandy de Ridder 072 287 8323 of [email protected]
Besprekings is noodsaaklik
Dokumentêr-vertoning: Plastic People
Fay van Eeden (Stellastraat) skryf:
Kom kyk saam na die bekroonde dokumentêr Plastic People: The Hidden Crisis of Microplastics – ʼn onthutsende blik op ons wêreldwye afhanklikheid van plastiek en hoe mikroskopiese plastiekdeeltjies ons liggame en planeet indring.
Wêreldwyd word meer as 1,5 miljard plastiekbottels elke dag gekoop, en bykans die helfte van alle plastiek word net een keer gebruik. Nou vind wetenskaplikes mikroplastiek deeltjies in ons bloed en selfs in die plasentas van nuwe moeders.
As deel van ʼn inisiatief deur die Algemene Sinode se Taakspan Ekologie word hierdie dokumentêr reg oor die land vertoon ter inleiding van die jaarlikse Seisoen van die Skepping. Die film neem ons saam met joernalis Ziya Tong op ʼn persoonlike reis na die wetenskaplikes wat hierdie krisis bestudeer – en vra: Wat kan ons daaraan doen?
Vertonings in die Noordelike Sinode en naburige sinodes:
• NG Aan die Berg – 7 September, 17:00 (Lawleylaan 17, Northcliff, Randburg)
• NG Skuilkrans - 7 September, 10:30 & 15:30 (H/v Cussonialaan en Jan Albert straat, Pretoria)
• Excelsus Lentekonferensie - 17 September, 15:30 (H/v Duxbury en Herold straat, Hatfield, Pretoria)
• NG Stellastraat - 18 September, 18:30 (158 Stellastraat, Waterkloof, Pretoria)
• NG Rietfontein-Noord – 26 September, 10:00 & 19:30 (24ste Laan 800, Rietfontein, Pretoria)
• NG Elspark – (Datum en tyd sal nog bevestig word)
• NG Hoedspruit - (Datum en tyd sal nog bevestig word)
• NG Debruinspark, Ermelo - (Datum en tyd sal nog bevestig word)
Indien daar enige gemeentes is wat nog 'n vertoning sou wou hou, kontak gerus vir Fay van Eeden ([email protected]). Kom beleef hierdie impakvolle vertoning en gesels saam oor hoe ons ʼn verskil kan maak!
Kliek hier vir die skakel na die bemarkingsmateriaal vir die vertonings.

Kolleganuus

Kolleganuus
Geluk!
Die Gemeente Proteapark in Rustenburg het verlede jaar drie predikante, te wete EJ Leach, asook Meiring en Jeannette de Wet, op dieselfde Sondag in die gemeente bevestig. Beide die predikantsgesinne het ‘n dogtertjie ingesluit en onlangs is beide geseën met ‘n seuntjie. EJ en Sané se seuntjie heet Edward en Meiring en Jeannette se seuntjie, Joshua.

Hospitaal
Ons is bewus van die volgende persone wat die afgelope tyd in die hospitaal was:
Marius Hunter van Northam
Derick du Toit van Villieria
Bewegings
Cornél Viljoen (tans by Gemeente Ellisras-Wes) is na die Gemeente Lux Mundi in Pretoria beroep.

Verjaarsdae
Leraars
• Hennie Kotze (Rustenburg), 1 September
• Gerrie Bodenstein (Stellastraat), 1 September
• Anton Pienaar (Stellastraat), 2 September
• Leonie Johnson (Haakdoorn), 3 September
Eggenotes
• Jacqueline Odendaal, eggenote van Riaan (Warmbad-Wes), 31 Augustus
Emeriti
• Hennie Yzelle 2 September
• Kobus Small 3 September

Gemeentenuus

Gemeentenuus
Levubu
Die Ring van Louis Trichardt het by hulle onlangse ringsitting opnuut kennis geneem van die Cloete-egpaar se tragiese moord tydens ‘n plaasaanval in 2022. Daar het egter nog geen vervolging plaasgevind nie. Hulle kinders is steeds lidmate van die Gemeente Levubu en die ring het versoek dat dit via die Verskil onder gemeentes se aandag gebring word met die oog op voorbidding. Kliek hier vir die volledige skrywe van die ring (Louis Trichardt versoek om voorbidding).
Stigtingsdatums
The Reeds 6 September 1987
Mootvallei 1 September 2011
Geleenthede
Waterkloofrif

Waverley-Oos

Lynnwood

Overkruin

Raslouw

Universiteitsoord
Preekreeks: Volgens die Gemeente Universiteitsoord is hierdie preekreeks ’n kreatiewe uitnodiging om eerlik te kyk na die toestand van jou geestelike lewe: Vol waarskuwings wat jy dalk al lank ignoreer (system error, battery low, storage full).
Gebruik die volgende skakel om toegang tot die boekie te kry. Die skakel na die preekreeks is beskikbaar op Universiteitsoord se webwerf.

Toerusting

Evangelisasie

Om te registreer gebruik hierdie skakel.
Jeugbediening

Klier hier vir die Inskrywingskakel
Vakatures

Stellastraat: Voltydse derde en vierde leraar
Sluitingsdatum - 2 September 2025.
Inligting is beskikbaar by https://forms.gle/F24ttvgJWuFXinJAA of [email protected]
Dalunie: Voltydse leraar
Sluitingsdatum vir aansoeke is 7 September 2025.
Rig navrae aan Boots van Rensburg per e-pos - [email protected].
Overkruin: Finansiële beampte
Sluitingsdatum is 19 September 2025.
Rig navrae aan Faan van Wyk by telefoonnommer 082 469 0804.
Messina: Voltydse leraar
Sluitingsdatum is 9 Oktober 2025 om 12:00.
Rig navrae aan telefoonnommer 073 533 7628 of e-pos [email protected]
Ander vakatures
https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

Ander Nuus

Stories van hoop
Inligting van gemeentegebeure en/of stories van hoop en getuienis van God se liefde, word steeds verwelkom. Stuur dit aan [email protected].
Vorige uitgawes
Het jy dalk iets in die vorige nuusbriewe gemis? Lees dit gerus deur op hierdie skakel te kliek.
