
Omsendskrywe 4 van 25
VERDUIDELIKING VAN VERANDERINGE AAN PENSIOENFONDS
Geagte Lid en Werkgewer
Daar word heelwat navrae ontvang rondom die vermindering in die goedgekeurde sterftevoordeel asook die versoek vir meer inligting rondom die gevreesde siekte voordeel. Om die rede het ons besluit om die besluit in meer besonderhede aan u te verduidelik.
Die bestuurskomitee van die NG Kerk van Transvaal: Predikante en Amptenare Pensioenfonds het ‘n ondersoek gedoen en die volgende besluit.
• Verminder die goedgekeurde sterftevoordeel na 2x pensioengewende salaris.
• Kanselleer die Ongeskiktheidsenkelbedrag voordeel.
• Implementeer ‘n Omvattende Gevreesde siekte voordeel.
• Implementeer ‘n addisionele laer bydraekategorie.
Die volgende is oorweeg tydens die besluitnemingsproses:
• Hierdie fonds is oorverseker met die sterftevoordele in vergelyking met die markgemiddeld asook die voordele wat die Kaappensioenfonds bied.
• Die eise geskiedenis dui daarop dat sterfte eise onder aktiewe lede heelwat minder is as na aftrede.
• Die nie-goedgekeurde voordeel word onveranderd gelaat, aangesien lede die keuse het om met hierdie skema (Groeplewens 4x pensioengewende salaris en Gadeversekering 1.25x pensioengewende salaris) kan voortgaan na aftrede. Altesaam is die sterftevoordele vir aktiewe lede dus 6X jaarlikse pensioengewende salaris.
• Die vereistes om te kwalifiseer vir die ongeskiktheidsenkelbedrag is baie swaar, en lede sal meer baat vind by ‘n gevreesde siekte voordeel.
• Laer bydraekategorie word ingestel om dit meer bekostigbaar te maak vir werkgewers en lede met kleiner salarisse.
Kliek hier vir die Afrikaanse weergawe.
Kliek hier vir die Engelse weergawe.
Kliek hier vir die Tswana weergawe.
Sou u meer inligting oor bogenoemde benodig, is u welkom om met [email protected] te skakel.
Met groete
Noordelike Sinode