
5 September 2025

Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud
Varsnuus

Kontak die Sinodehuis
Alhoewel die Sinodehuis tydelik gehuisves word op die hoek van Melk- en Middelstraat in Nieuw Muckleneuk, Pretoria, (Huis Piek) bly die kontakbesonderhede van die personeel dieselfde as in die verlede.
Kontak hulle gerus tydens die normale kantoorure, te wete Maandag tot Donderdag, 08:00 tot 16:30 en Vrydae 08:00 tot 14:00. Die Sinodehuis beskik nie oor ‘n landlyn nie. Hieronder is hulle selnommers en e-posadresse:
Elmarie Jooste, Kommunikasie: [email protected] / 082 496 6317
Sandra Grobler, Finansies: [email protected] / 079 527 2684
Rehan Rheeder, Saakgelastigde: [email protected] / 083 288 7756
Paul Grobler, Direkteur: [email protected] / 082 653 3734
Gebruik hierdie skakel om die Sinodehuis te besoek.

Ons groet spanmaats
Tesame met die Sinodehuis se verhuising, is daar afskeid geneem van twee van ons spanmaats.
Simon het die afgelope tien jaar die Sinodehuis se tuin versorg. Hy tree nou af, maar gaan hom steeds toespits op sy verantwoordelikhede as leier en lekeprediker van ‘n onafhanklike kerk op die Springbokvlakte.

Daar is ook tydelik afskeid geneem van die Sinodehuis se skoonmaker, Khangizile Mphanga. Sy gaan nou met vier maande betaalde kraamverlof vir die geboorte van haar dogtertjie. Die Sinodehuispersoneel het daarom onlangs vir haar ‘n feestelike babatee gehou.

Verskil maak ‘n verskil
Die vorige week se Verskil is deur ongeveer 560 mense gelees. Die ideaal is dat dit deur nog baie meer mense gelees sal word en daarom het die Sinodehuis julle hulp dringend nodig asb. Indien jy dit nog nie gedoen het nie, word jy gevra om jou besonderhede op te dateer deur op die volgende skakel te kliek.
Indien die Sinodehuis voorheen jou kontakbesonderhede gehad het, moet jy dit asseblief steeds doen. Die Sinode het oorgeskakel na ‘n nuwe kommunikasiestelsel en inligting uit die verlede is nie daarheen oorgedra nie. Stuur die skakel gerus ook aan na vriende en ander belanghebbendes.
Het jy al geregistreer?
Jy het nog net ’n paar dae om vir die Lentekonferensie te registreer! Plekke is beperk. Indien jy nog wonder, hier is een van die interessante besprekings wat deur ‘n professor van die Fakulteit Teologie, Chris de Wet, gelei sal word.

Sinodenuus

Opdatering van jaarboekinligting
Ons waardeer die gemeentes wat reeds hul inligting ten opsigte van die algemene jaarboek vir 2026 met ons gedeel het. Indien jul nog nie die oorspronklike inligting van 2025 van Elmarie ontvang het nie, laat weet haar asseblief by [email protected].
Somerpret vir Graad 7’s

Werkswinkel oor Tienerbediening
Kliek hier vir inligting en registrasie vir die werkswinkel vanaf 21 tot 23 Oktober te Badseloop.

Kolleganuus

Verjaarsdae
Leraars
Michiel Botha (Emeritus), 8 September
Anru Liebenberg van Villieria, 9 September
Gawie Coetzee (Emeritus), 11 September

Bewegings
Deon Groenewald (Pietersburg-Noord) emeriteer aan die einde van September. Hy is egter intussen in ‘n kontrakpos beroep na die Gemeente Edenville in die Vrystaat.

’n Dag in die lewe van ’n NG-kapelaan
Nicolene Herbst, ’n NG-predikant in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, vertel hoe haar dag as leraar verloop. Lees haar storie soos sy dit vertel deur op die skakel te kliek.

Gemeentenuus

Stigtingsdatums
Soutpansberg: 11 September 1954.
Aktiwiteite
Overkruin

Raslouw

Universiteitsoord

Villieria
Die Gemeente Villieria het tans twee interessante projekte waarmee hulle besig is.
Tydelike slaapgeriewe
In samewerking met die CMR loods hulle tans ‘n aantal projekte wat op diens van barmhartigheid gerig is. Een van hiedie projekte is om tydelike slaapplek aan persone te bied.

Vir meer inligting oor hoe jy betrokke kan raak, skakel met hul kerkkantoor by 012 331 6571.
Herwinning
Die projek het ontstaan op grond van die feit dat die gemeente besluit het om aktief die planeet te beskerm. Glas, plastiek, papier en blikkies kan op die gemeente se terrein afgelaai word, waarna dit herwin word. Hierdie projek word in samewerking met MPact gedoen, maar die gemeentespan sorteer self die afval.

As jy van die diens gebruik wil maak, skakel gerus met Wilma Rheeder by 0729061982 of Simon Dipela by 0635961076, aangesien daar bepaalde vereistes nagekom moet word.
Toerusting

Evangelisasie

Om te registreer gebruik hierdie skakel.

Besoek gerus Excelsus se webwerf vir inligting oor bogenoemde en ander kursusse. (https://www.excelsus.org/)
Vakatures

Dalunie: Voltydse leraar
Sluitingsdatum vir aansoeke is 7 September 2025.
Rig navrae aan Boots van Rensburg per e-pos - [email protected].
Overkruin: Finansiële beampte
Sluitingsdatum is 19 September 2025.
Rig navrae aan Faan van Wyk by telefoonnommer 082 469 0804.
Messina: Voltydse leraar
Sluitingsdatum is 9 Oktober 2025 om 12:00.
Rig navrae aan telefoonnommer 073 533 7628 of e-pos [email protected]
Ander vakatures
https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

Ander Nuus

Die afgelope week het ons by die Sinodehuis ingepak, uitgepak, gesoek en weer gesoek na dinge wat ons reeds gepak het. Tussendeur wou ons as span ook “afskeid” neem van dit wat ons “huis” genoem het vir soveel jare. Vir sommiges van die span soos vir Sandra, wat al amper 30 jaar in die Sinodehuis in Sunnyside werk, asook vir Paul en Rehan was dit ’n emosionele dag. Vir my, Elmarie, is dit op ’n manier makliker, tog was dit die afgelope twee maande, sedert ek verskrik daar ingestap het, vir my ’n plek van veiligheid en sal dit mis.
Ons het heerlik afskeid geneem, en hoe dan anders as om wors te braai, saam te lag en te huil oor wat ons agterlaat. Tog is ons baie opgewonde oor die toekoms.

Uitnodiging
Inligting van gemeentegebeure, projekte, stories van hoop en getuienisse van God se liefde, word steeds verwelkom. Stuur dit aan [email protected].
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakels te kliek.
