Sinodebrief

1 Augustus 2025

August 01, 20257 min read

VERSKIL Nuusbrief

Die eerste uitgawe van die Verskil Nuusbrief kan HIER gelees word indien u dit gemis het.


varsnuus

VARSNUUS

Laaste by Harmonie

Lizl-Louise skryf…….

“Kyk mooi want dit sal nooit weer presies dieselfde wees nie” – woorde wat iemand Woensdag vir my kom sê het aan die einde van die SDR vergadering. Ons staan in die saal van Harmonie Gemeente en kyk hoe almal oppak en groet.

Hy vertel dat hy as predikant hierdie woorde lank gelede gehoor het en dat dit hom bybly. As een van die ouer predikante is die besef daar: Niks is vir altyd nie. Daarom moet ons meer stop as hardloop. Asem haal, inneem, onthou.

Wyse woorde wat Woensdag skerper uitgestaan het as tevore, want dit was ook die heel laaste keer dat die Diensraad by Harmonie Gemeente vergader het. Dalk weet jy dit reeds: Die hele Harmonie kampus is verkoop en die laaste deel van die trek word beplan vir einde Augustus.

Die einde van ‘n era. ‘n Lang betekenisvolle verbintenis. Baie mense se lewens is hier aangeraak en verander. Daarvan getuig die stories wat maklik gedeel word. Die genade was groot.

Nά ons gesprek val my oog op Elmarie Jooste, ons nuwe kommunikasiebeampte. Vandag was haar éérste vergadering. Eerste tree saam met ons. En ek besef in daardie oomblik dat ons heeltyd met beide die werklikhede leef: Begin en einde, nuut en oud, trane en lag, goed en sleg. Daarom gaan ek hierdie ouer kollega se wysheid ernstig opneem.

Ek wil mooier kyk, fyner luister. Want ek vermoed dat ek in stilword meer sal sien as net ‘n ou saal, deure wat sluit, die mengelmoes van mense wat koers kry. Iewers, iewers ….. is ook ‘n Teenwoordigheid. ‘n Dieper wete dat ons vasgehou word en oor drumpels gedra word. En dat daar Iemand is wat saam met ons op nuwe onbekende paaie stap.

foto1

Lizl-Louise, moderator van die Noordelike Sinode,
saam met Elmarie Jooste, nuwe kommunikasiebeampte.


'n Splinternuwe Wêreldklas Bestuurstelsel

Lesers sal verheug wees om te hoor dat die Noordelike Sinode ’n nuwe kliëntedata- en kommunikasieplatform geïmplementeer het, waartoe u self toegang sal hê om u persoonlike inligting op te dateer.

Hierdie nuwe databasis en kommunikasie-instrument stel ons in staat om gerigte boodskappe aan spesifieke groepe lesers te stuur. Dit help ons om onnodige kommunikasie te vermy én verseker dat belangrike inligting u betyds bereik.

✅ Korrekte kontakbesonderhede is die kern van enige effektiewe kommunikasie.

Teenoor die algemene persepsie, is die databasis van die Noordelike Sinode ’n komplekse stelsel met veelvuldige verhoudings — veral tussen predikante en die instansies waaraan hulle verbonde is.

Hoewel daar verskeie bestaande databasisse is, is die gevolgtrekking ná deeglike assessering dat dit beter is om leraars en gemeentekantore self toe te laat om hul inligting direk in te voer. Só verseker ons dat ons toekomsgerig, akkuraat en volledig kommunikeer.

📝 Ons vra dus een laaste keer dat u die vorm op die onderstaande skakel so volledig moontlik invul.

Die inligting wat u insleutel, word outomaties in die stelsel opgeneem — sonder verdere handmatige verwerking.

Hierdie projek gaan die Sinode se kommunikasie met predikante, kerkkantore en ander belanghebbende instansies aansienlik verbeter en versnel. U ervaring van ons diens aan u sal dus ook merkbaar verbeter.

Kliek asseblief hier en voltooi jou kontak besonderhede om te verseker dat jy nie uitgelaat word of agterbly nie.

Daar is boonop verskeie ander voordele — soos hieronder uiteengesit.

digram1

Wat se impak gaan die verandering op my hê?

  • ‘n Nuwe webwerf wat leraars en kerkkantore sal in staat stel om ook self inligting en vorms te bekom

  • Uitgebreide kommunikasie metodes

  • Selfbediening opsies vir die wat dit so verkies

nuut

Wat kan ek doen om by te dra tot die sukses en voordeel te trek?

  • Vra asb die kerkkantoor personeel om ook die skakel te voltooi ten einde te verseker dat hulle aandui of hulle belangstel in Kommunikasie of administratiewe verwante kommunikasie

  • Deel met ander die nuus van die verandering

  • Wanneer jy WhatsApps ontvang nadat jy inteken kliek asb op die vinnige knoppies onder aan die boodskap sodat Meta weet jy wil graag die kommunikasie ontvang

anders

Wat se veranderings moet jy binnekort verwag?

Hierdie is die onmiddellike veranderings wat jy kan verwag in die nabye toekoms:

volgendesinodenuus

SINODENUUS

Op soek na helderheid

Net na die skole vir die tweede deel van die jaar begin het, het vyftien predikante na Tsekama buite Modimolle, weggebreek. Tsekama is ‘n trou-venue waar elkeen van die predikante in ‘n enkelkamer met ‘n eie badkamer, ‘n bietjie slaap kon inhaal na ‘n rowwe eerste ses maande van die jaar.

wegbreek

Te midde van die pragtige bosveld met o.a. buffels, kameelperde, koedoes, njalas en rooibokke, is daar saans heerlik om die kampvuur gekuier. Nuwe vriende is gemaak en ou vriendskappe is afgestof.

Bedags was daar insiggewende gesprekke oor hermeneutiek, met die tema: “Op soek na helderheid”. Vir hierdie drie dae se verryking het elkeen van die wegbrekers dertig VBO-punte gekry. Die sinode het ingestaan vir al die kostes, buiten vervoer. Elkeen moes self reëlings tref om daar te kom, maar deur saam te ry, het die uitstappie die wegbrekers baie min uit die sak gejaag.

Die volgende wegbreek is 14-16 Oktober by dieselfde venue.

Daar is net vyftien plekke beskikbaar en daarom moet predikante gou spring om seker te maak dat hulle hierdie groeigeleentheid nie mis nie.

Kontak die direkteur, Paul Grobler, by 082 653 5734 / [email protected] om jou plek te verseker.


Besin saam oor die kerk van môre

Die Taakspan Toekoms besin oor hoe die kerk in die Noordelike Sinode moontlik oor tien jaar sal lyk.

Alhoewel die taakspan reeds ‘n eerste keer vergader het, is enige persoon welkom om nog deel te word van die besinning.

 

Die volgende vergadering is Woensdag 14 Augustus 10:00-12:00 by die Sinodehuis.
Kontak gerus die direkteur, Paul Grobler by 082 653 5734.
Jy is ook welkom om met die taakspanleier, Cobus Wyngaard by 084 600 0728 te skakel of per e-pos op [email protected] te kontak.


Besin oor Tienerbediening

Wanneer: 21 – 23 Oktober 2025

vat hande

Inskrywingskakel:

https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSfKyFCvKgGStUIaIjFt_FTrU3BHXTjlSlDVqAS_aj-RaWDI-g/viewform?usp=dialog


Leraarontginning

Dit vind op 3 en 4 November plaas. Belangstellingdes kan vir die direkteur, Paul Grobler, kontak by 0826535734 / [email protected], vir meer inligting en inskrywings.

jeugkamp

kolleganuus

KOLLEGANUUS

Dominees en afhanklikes se welwese

Bestmed het ‘n toegespitste welweesprogram en verskeie dienste word in die verband aan lede en afhanklikes (16 jaar en ouer) gebied. Hierdie dienste word nie uit spaarrekeningfondse betaal nie, ook verminder dit nie die skemavoordele (dag-tot-dag-voordele) nie.

In die video gesels Elmarie met Jacqulize Prinsloo van Bestmed oor hul welweesprogram.


Tempo leefstylvraelys

https://www.bestmed.co.za/-/media/project/bestmed/downloads/medical-questionnaire/tempo-lifestyle-questionnaire.pdf

Tempo diensverskaffers

https://www.bestmed.co.za/-/media/project/bestmed/tempo-wellness/bio-list/tempo-contracted-network-providers.pdf


VERJAARSDAE

Baie geluk

Leraars

  • Francois Smit 10 Augustus

Eggenote

  • Ina Bosman 1 Augustus

  • Petro Small 2 Augustus

  • Ronelle Bosman 4 Augustus

  • Ivan Forrest 4 Augustus

  • Mari Laas 5 Augustus

  • Maryke van Wyngaard 5 Augustus

  • Joa van Aarde 7 Augustus

  • Tiaan Bronkhorst 8 Augustus

  • Erika Lemmer 11 Augustus

Personeel

  • Sandra Grobler 2 Augustus


Gemeentenuus

GEMEENTENUUS

Koedoeskop

children

Willem Pelser, predikant van Koedoeskop, skryf: “Op Vrydag 25 Julie 2025 was ons bevoorreg om danksy ons betrokkenheid by die Abraham Kriel Kinderhuis, deel te wees van ‘n ‘n inisiatief van Wonderboom Lughawe.

‘n Duisend (1000) minderbevoorregte kinders is bederf deur ongeveer honderd-en-vyftig (150) vlieëniers. Hulle het die kinders op helikopter- en vastevlerk vliegritte geneem.

Vir die meeste van die kinders was dit die realisering van iets waarvan hulle voorheen net oor kon droom.


Kliek op die onderstaande skakels vir meer inligting:
https://youtu.be/l4iWKik0aRU?si=N24hdC0Upv256_HZ
https://www.facebook.com/share/14FDDn5N5Ad/


DASPOORT

Brei, hekel en loom vir liefdadigheid

brei

Daspoort skryf: “Jonk en oud is welkom om te kom kuier en te help om blokkies te brei of hekel vir ‘n kombers. Jy is ook welkom om jou eie breiprojek te ontwerp. Alle breiwerk sal aan liefdadigheid geskenk word. Bring asb jou eie wol en naalde saam.

Koffie en tee sal beskikbaar wees, maar bring asb jou eie piekniekmandjie met eetgoed saam.


Donasies vir die wol sal waardeer word, sou jy nie saam wou of kan brei nie.

Die geleentheid vind op16 Augustus om 9:00 tot 16:00 plaas. Die gemeente se adres is Keeromstraat 604. Skakel met Sanet Janse van Vuuren by 082 775 2294 vir meer inligting.


Toerusting

TOERUSTING

Wat doen diensleraars?

https://kzn.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/11/2021/11/5.-HANDLEIDING-DIENSLERAARS.pdf

https://seminarium.org.za/wp-content/uploads/2023/05/Teologiese-Opleiding-Pamflet-2023.pdf


Belydenis van Nicea

12 en 13 Augustus 2025

bely

Ouerskap as ‘n reis

ouerskap

vakatures

VAKATURES

STELLASTRAAT: Voltydse derde en vierde leraar
Sluitingsdatum: Dinsdag 2 September 2025.
Navrae: https://forms.gle/F24ttvgJWuFXinJAA
Malan Nel by [email protected]

MOOTVALLEI: Jeugbedienaar
Kontrakpos: Januarie tot Desember 2026.
Navrae: Kerkkantoor (012-3350611)
Sluitingsdatum: 26 Augustus 2025


ander nuus

ANDER NUUS

Kerkkalender vir 2026

Hiermee die skakel na die kerkkalender vir 2026. Gemeentes is welkom om die datums en onderwerpe aan te pas soos nodig.

https://ngkerk.org.za/article/kerkkalender-2026

Back to Blog