Sinodebrief

25 Julie 2025

July 23, 20255 min read

VERSKIL Nuusbrief

Nuwe weergawe 1


varsnuus

VARSNUUS

WELKOM ELMARIE!

Ontmoet Elmarie Jooste

onderhoud

Elmarie Jooste het op 1 Julie 2025 by die Noordelike Sinode aangesluit as kommunikasiebeampte. Sy bring nie net ’n diverse akademiese agtergrond en uitgebreide werkservaring saam nie, maar ook ’n opregte roeping om ’n verskil te maak.

Elmarie het ’n ryk en avontuurlike kinderjare gehad, grootgeword in verskeie plekke in Suid-Afrika en Namibië. As dogter van ’n natuurbewaarder was haar jong jare gevul met natuur, ruimte en gemeenskap — ’n leefwêreld wat haar onafhanklik, aanpasbaar en selfstandig gevorm het.

Sy beskryf haarself as ’n nuuskierige mens wat graag leer. Haar akademiese pad getuig hiervan: van politieke wetenskappe tot besigheidskunde, onderwys, en verskeie sertifikate en diplomas — almal gedryf deur ’n begeerte om dieper te verstaan en betekenisvol by te dra.

In haar loopbaan het sy by verskeie nie-winsgewende organisasies gewerk — van universiteite en mediese skemas tot sekuriteitsdienste — met ’n sterk fokus op dienslewering en mensegerigtheid. Sy verkies om betrokke te wees in instellings waar die missie is om ander te dien, te ondersteun en op te hef.

Wat haar onmiddellik tot die pos by die Noordelike Sinode getrek het, was die kultuur en waardes van die kerk — waardes wat sy as diep persoonlik beleef. Die naam van die nuusbrief, “Verskil”, het by haar aanklank gevind omdat dit presies verwoord wat sy graag met haar werk wil bereik: om terug te gee, sinvol by te dra en deel te wees van ’n span wat saak maak.

Elmarie glo vas dat kommunikasie die hartklop van enige organisasie is — dit verbind, gee rigting, en bou vertroue. Met haar aan boord sien die Sinode uit na ’n nuwe seisoen van betekenisvolle en mensgerigte kommunikasie.

🎥 Video: Die video onderhoud is hier beskikbaar

Welkom Elmarie — ons sien uit om saam met jou te groei en te dien.


sinodenuus

SINODENUUS

SDR

Die Sinodale Diensraad (SDR) is die besluitnemende liggaam van die Noordelike Sinode tydens die reses tussen die sinodesittings. Die SDR vergader drie keer per jaar. Elkeen van die sestien ringe word deur ‘n predikant en kerskraadslid verteenwoordig. Die volgende vergadering is op 30 Julie 2025 in Pretoria. Daar sal in ‘n volgende Verskil hieroor verslag gedoen word.

WELWEESPROGRAM

Bestmed het ‘n toegespitste welweesprogram en verskeie dienste word in die verband aan lede gebied. Hierdie dienste word nie uit spaarrekeningfondse betaal nie, ook verminder dit nie skemavoordele (dag-tot-dag-voordele) nie.
📧 [email protected]

BESTMED-ADVISEURS

Alex Forbes is die aangestelde adviseurs wat met enige navrae oor mediese skema voordele kan help.
Kontakpersoon: Elrene Marais
📞 051 403 6522
📧 [email protected]


kolleganuus

KOLLEGANUUS

BAIE GELUK!

Verjaarsdae – Leraars

  • 19/07 – Tjaart Meyer (Kremetart)

  • 19/07 – Cobus van Wyngaard (Pretoria)

  • 21/07 – Petro Jonker (Rietfontein-Suid)

  • 22/07 – Pieter Visser (Wierdapark)

  • 23/07 – Jan Bester (Emeritus)

  • 24/07 – Danie Ueckermann (Emeritus)

  • 25/07 – Liesel Krause-Wiid (Kameeldrif)

Verjaarsdae – Eggenote

  • 20/07 – Magda Benadé (Eggenote van Tinus – Thabazimbi)

  • 22/07 – Sannie-Esther van Staden (Eggenote van Etienne – Soutpansberg)

Verlowing

Baie geluk aan Gerrie Bodenstein van Stellastraat Gemeente wat onlangs verloof geraak het aan Aldi Serfontein.

pic01

Bewegings

Hein Wiegand van die Gemeente Capital Park-Concordia het ’n beroep na die Gemeente Hopefield, aan die Weskus, aanvaar. Sy afskeidspreek was op 13 Julie 2025.

pic02

Stiaan Bloem word op 26 Julie 2025 in die Gemeente Louis Trichardt as voltydse leraar bevestig. Hy lewer sy intreepreek op 27 Julie.

pic03

Harm Kelderman word op 27 Julie 2025 as tentmaker in die Gemeente Groenkloof bevestig.

pic04

Stephan Strydom van die Gemeente Dalunie het die beroep na Meyertonpark aanvaar. Hy lewer sy afskeidspreek op 27 Julie 2025.

Stephan

Dawie Rotteveel van die Gemeente Pretoria-Tuine, het die beroep na Harare aanvaar.

pic06

Arnold Smit is as brugleraar na die Gemeente Koedoesrand, beroep.

pic07

Fanie Fourie (proponent) het die beroep na die Gemeente Eldoraigne aanvaar. Hy word op 27 Julie 2025 bevestig.

pi08


Gemeentenuus

GEMEENTENUUS

Waverley-Oos 60

Die gemeente wil graag ‘n gedenkboek vir hulle sestigste verjaarsdag uitgee. Oud-lidmate word gevra om fotos en nuusbrokkies aan [email protected] te stuur.

Verjaardae

Gemeentes wat ontstaan het gedurende die Verskilperiode was:

  • 29 Julie 1960 – Universiteitsoord

  • 28 Julie 1961 – Nylstroom-Oos


Toerusting

TOERUSTING

BELYDENIS VAN NICEA

Op 12 en 13 Augustus 2025 bied die Werkgemeenskap Historiese Teologie in samewerking met die Departement Sistematiese en Historiese Teologie van die Universiteit van Pretoria hierdie konferensie aan. Sien grafieka hieronder vir meer inligting.

pic09

LENTEKONFERENSIE

Gebruik die skakel wat spesifiek vir die konferensieregistrasie geskep is op Excelsus se webwerf, om te registreer vir die konferensie. Ander kursusse wat deur Excelsus aangebied word, is ook beskikbaar op hulle webwerf.


vakatures

VAKATURES

MOOTVALLEI: JEUGBEDIENAAR

  • 📅 Kontrakpos: Januarie tot Desember 2026

  • 📞 Navrae: Kerkkantoor – 012 335 0611

  • ⏳ Sluitingsdatum: 26 Augustus 2025


ORRELLIS BESKIKBAAR

Lindi Fuls van die Gemeente Raslouw is beskikbaar vir begrafnisse, troues en ander geleenthede.
📞 082 923 5424
📧 [email protected]


ander nuus

ANDER NUUS

ROETEMERKERS

Nioma Venter, Algemene Sekretaris van die Algemene Sinode, skryf dat daar waninligting oor die publikasies, Roetemerkers en Ongekaart, versprei word. Hierdie kommunikasie sê sy, is meedoënloos en ‘n openlike poging om die NG Kerk verdag te maak en sodoende lidmate en die publiek te mislei. Lees die volledige skrywe van Dr. Venter soos beskikbaar vanaf die Algemene Sindode webwerf.

PREEKREEKS: SO OOK OP DIE AARDE

Die Algemene Sinode se taakspan met die naam, Miga 6 vers 8, fokus op versoening en geregtigheid. Hulle wil sinodes en gemeentes ondersteun in die uitleef van ons roeping tot versoening en geregtigheid in Suid-Afrika. In Februarie 2025 het die Algemene Sinodale Moderamen (ASM) die gespreksdokument “Die Taal en Trant van Gesprek oor Versoening en Geregtigheid”, goedgekeur. Die dokument is beskikbaar by https://ngkerk.org.za/article/die-taal-en-trant-waarmee-ons-gesprek-voer/. Gemeentes en sinodes word uitgenooi om van hierdie materiaal gebruik te maak as deel van eredienste, gesprekke en refleksieprosesse.

BêRE VIR TOEKOMSTIGE GEBRUIK

Die Sinodehuis was onlangs die versamelpunt vir argiefmateriaal van verskeie gemeentes. Dit is belangrik dat gemeentes gereeld die voorgeskrewe dokumente vir die argief in Stellenbosch sal stuur.

Kontak Collette de Wet by [email protected] vir meer inligting.

pic10

pic11

VOORSTELLE

Ons wil graag met die Verskil, ‘n verskil maak. Daarom is voorstelle en kommentaar vir ons belangrik. Kontak ons by [email protected].

OPDATERING VAN DIE DATABASIS

Korrekte kontakbesonderhede is baie belangrik. Verwag binnekort ‘n versoek in die verband via epos of WhatsApp.

Back to Blog