
8 Augustus 2025
VERSKIL
Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud:
Varsnuus

Dringende hulp

Die Noordelike Sinode implimenteer tans ‘n nuwe kommunikasiestrategie. Ons benodig daarom dringend elke leser se korrekte kontakbesonderhede. Help ons asb. deur hier te kliek en ’n kort vorm te voltooi.
Biddag vir Boerderygemeenskap
Tydens die onlangse vergadering van die Sinodale Diensraad (SDR) is daar kennis geneem van die die Algemene Sinode se voorstel dat gemeentes die eerste Sondag in September sal inrig as ‘n geleentheid om spesifiek vir die boererygemeenskap in ons land te bid. Daar sou o.a. gefokus kon word op die huidige uitdagings rakende uitvoere na die VSA, plaasveiligheid, klimaatsuitdagings en markpryse. Die veronderstelling is dat dit nie net vanjaar sal gebeur nie, maar dat daar jaarliks aan die begin van September so ‘n gebedsgeleentheid gehou sal word.
Predikantekonferensie
Die SDR het verder kennis geneem dat die Algemene Sinode beplan om volgende jaar ‘n landswye predikantekonferensie te hou. Die voorlopige datum is 25-28 Augustus 2026.
Teologiese Opleiding
Tydens die SDR-vergadering is daar ook gesprek gevoer met dosente en ander personeel wat by die teologiese opleiding van die Universiteit van Pretoria betrokke is.
Op die foto wat by die geleentheid geneem is, verskyn die volgende persone:
(V.l.n.r. Alphonso Groenewald (OT), Thom Smith (Voortgesette Bedieningsontwikkeling), Hannes Knoetze (Missiologie) Wicus van der Merwe (Kerkeie Opleiding), Dieter de Bruyn (Praktiese Teologie), Sias Meyer (OT), Danie Veldsman (Sistematiese Teologie), Dirk Human (OT), Johan van der Merwe (Kerkgeskiedenis).

Sinodenuus

Tienerbediening
Almal word herinner aan die geleentheid om te Badseloop, tienerbediening in diepte te bespreek. Dit vind van 21 tot 23 Oktober 2025 plaas.

Skoolverwisselingskamp

Plastiekbesoedeling

Volgens Fay van Eeden, predikant van Stellastraat, het plastiekbesoedeling ’n pandemie geword. Dit is in ons oseane, ons drinkwater en ons kos. Wetenskaplikes het selfs onlangs mikro-plastiekdeeltjies in ongebore babas gevind.
Sy doen in haar video https://youtu.be/W5U6U2qsYTY ‘n dringende oproep op almal (regering ingesluit) om te help om plastiekproduksie te verminder. As eko-blogger gee sy ook maklike wenke wat mense kan doen om eenmalige gebruik van plastiekprodukte soos inkopiesakke te bekamp.
Lees ook meer oor haar gemeente se herwinningsprojekte:
Kerk wat werk-artikelreeks: Stellastraat se 3 V’s: Vennote, verhoudings, verskil maak
Fay het verduidelik dat dié oproep kom ter ondersteuning van Plastic Free July, ‘n wêreldwye beweging wat daarop gemik is om enkelgebruikplastiekprodukte te verminder. Op dié manier voeg die NG Kerk hulle stem by die van die Anglikane en Metodiste wat ook in Julie in die naam van verantwoordelike rentmeesterskap teenoor die skepping, oor plastiekbesoedeling pleidooie gerig het.
Hierdie artikel het oorspronklik in Kerkbode verskyn (25 Julie 2025).
Kolleganuus

Baie geluk!
Baba
Bernice Serfontein (Waterkloof) en haar man Johan, het onlangs ’n dogtertjie, Milan, ryker geword.
Verjaarsdae
Leraars
• Pieter van Deventer (emeritus) 4 Augustus
• Jan Botha (emeritus) 9 Augustus
• Simon van den Heever (Rooihuiskraal) 12 Augustus
• Pietie le Roux (emeritus) 13 Augustus
• Willie Schoeman (Lusaka) 13 Augustus
• Carl Louwrens (emeritus) 14 Augustus
• Gerhard Mahne (emeritus) 16 Augustus
• Lizl-Louise Schoeman (Monumentpark) 16 Augustus
• Dini Smit (Mootvallei) 17 Augustus
• Bernice Serfontein (Waterkloof) 17 Augustus
Eggenotes
• Harriet Avenant (eggenote van Johan, The Reeds) 8 Augustus
• Maggie Britz (eggenote van Driaan, Rustenburg-Suid) 14 Augustus
Beroepe
Anton Binneman (beroepbaar) is as tentmaker na Wespoort, beroep.

Izak du Toit (Delmas) is as voltydse leraar na Naboomspruit beroep.

Hartseer
Wynand van Beek van Pietersburg se ma, en Izanne Ellis van Vaalwater/Waterberg se pa, is onlangs oorlede.
Hospitaal
Die Sinodehuis is tans bewus van die volgende persone wat in die afgelope tyd in die hospitaal ‘n draai gemaak het:
Malan Nel (Stellastraat), Carina Ellis (eggenoot van Izanne, Vaalwater/Waterberg), Louise Peens (eggenoot van Hannes, Marken), Johan van As (Wonderboom-Suid) en Otto Clasen (Warmbad).
Welweesprogram vir predikante en hul gesinne
In die afgelope twee nuusbriewe het ons die Bestmed Welweesprogram bespreek. Tydens die onderhoud met Jacqulize Prinsloo van Bestmed (Verskil 2) het sy aangedui dat daar op die Bestmed webwerf verskeie opnames en artikels beskikbaar is, oor ‘n wye verskeidenheid onderwerpe, waartoe elkeen gratis toegang het. Hierdie inligting is nuttig vir ’n leefstylverandering. Inligting: [email protected]
Gemeentenuus

Verjaarsdae
8 Augustus 1936 Masvingo
10 Augustus 1946 Derdepoort
11 Augustus 1977 Rustenburg-Proteapark
Geleenthede
Universiteitsoord


Booysens

Toerusting

Lentekonferensie
Hierdie is die laaste week, waarin jy teen ’n afslagtarief vir die Lentekonferensie, kan registreer.
Volledige inligting is beskikbaar by https://www.lentekonferensie.co.za.

Kunsmatige Intelligensie (AI)

Besoek gerus Excelsus se webwerf vir inligting oor bogenoemde en ander kursusse. (https://www.excelsus.org/)
Vakatures

Stellastraat: Voltydse derde en vierde leraar
Sluitingsdatum 2 September 2025.
Inligting https://forms.gle/F24ttvgJWuFXinJAA of e-pos [email protected]
Mootvallei:Jeugbedienaar
Kontrakpos Januarie tot Desember 2026.
Navrae Kerkkantoor (012-3350611)
Sluitingsdatum 26 Augustus 2025
Messina:Voltydse leraar
Sluitingsdatum 9 Oktober 2025 om 12:00.
Navrae Telefoonnommer 073 533 7628 of e-pos [email protected]
Ander vakatures
https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures
Ander Nuus

Hierdie is die derde uitgawe van die Nuwe Verskil. Indien jy die vorige uitgawes nie ontvang het nie, kliek hieronder: