verskil

15 Augustus 2025

August 15, 20254 min read
Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
verskil

Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud:


Varsnuus

varsnuus

Senior volwassenes met ‘n SASSA-pensioen

Die Noordelike Sinode het ongeveer 20 jaar terug ‘n fasiliteit geskep waar senior volwassenes ouer as 60 jaar, wat net ‘n SASSA-pensioen as inkomste het, kan woon. Hierdie fasiliteit was geleë by die Harmonie-kerkkompleks in Sunnyside en gehuisves in die gebou wat vroeër jare as die kerk se jeugsentrum vir die toentertydse Normaalkollege gedien het.

var1

Met die onlangse verkoop van die Harmonie-kampus, het die kerk ‘n gebou in Queenswood gekoop en dit ingerig om in hierdie behoefte te voorsien. Die gebou is feitlik voltooi en die inwoners trek binnekort in. Die fasiliteit sal soos in die verlede, steeds as Harmonie Oord bekend staan.

vars2

vars3

Die nuwe gebou het meer plek as die vorige een en daarom is daar tans ook plek vir nuwe inwoners. Belangstellendes kan die bestuurder, Maríe Pienaar, kontak by [email protected].

Pastorale brief

By die onlangse SDR-vergadering is daar kennis geneem van sake waaraan die Algemene Sinode se moderamen (ASM) tans aandag gee. Die dagbestuur van die ASM het na aanleiding daarvan ‘n herderlike brief opgestel. Dit is belangrik dat gemeentes hierdie brief onder aandag van lidmate sal bring. Kliek hier om dit te lees.


Sinodenuus

sinodenuus

“As die water lig, lig al die bote”

sin 1

By ’n onlangse werkswinkel van al nege sinodes oor die kerk se kommunikasie, is die effek van goeie inligting met die volgende metafoor verduidelik: “As die water lig, lig al die bote”.

Vanuit hierdie benadering is dit noodsaaklik dat die Sinodehuis so effektief as moontlik met alle predikante en gemeentes kan kommunikeer. Dit is daarom noodsaaklik dat elke Verskilleser se kontakbesonderhede opgedateer word.

Kliek asseblief hier om u besonderhede op te dateer.

sin 2

Hoe bedien ons tieners in 2025?

Jy word herhinner aan die tienerwerkswinkel vanaf 21 tot 23 Oktober te Badseloop.

tiener

Graad 7: Voorbereiding vir hoërskool

Hiermee meer inligting oor die skoolverwisselingskamp, vanaf 6 tot 10 Oktober 2025, te Badseloop. Personeel word benodig, hul kamp reeds vanaf 4 Oktober.

skool

Belangrike wysigings aan pensioenfonds

Daar is belangrike wysigings aan die pensioenfonds gedoen waarvan jul moet kennis neem. Kliek hier vir die volledige skrywe in dié verband.

  • Kliek hier vir die Afrikaanse weergawe.

  • Kliek hier vir die Engelse weergawe.

  • Kliek hier vir die Tswana weergawe.

sin 5

Mediese skema opsieverandering met aftrede

Dit is belangrik dat Bestmedlede wat beplan om gedurende die loop van 2026 af te tree, en wat dit oorweeg het om dan van mediese opsie te verander, die verandering reeds in Desember 2025, vir implementering 1 Januarie 2026, moet doen.

Bestmed beskou beplande aftrede gedurende die loop van ‘n jaar nie as ’n onvoorsiene gebeurtenis nie en vereis dat lede die begin van die jaar waarin hul aftree, van opsie moet verander.


Kolleganuus

kolleganuus

Verjaarsdae - Leraars

Baie geluk!

  • Dini Smit (Mootvallei) - 17 Augustus

  • Bernice Serfontein (Waterkloof) - 17 Augustus

  • Corné Bootha (Magalieskruin-Pretoria) - 20 Augustus

  • Yvette Bosman (Derdepoort) - 21 Augustus

  • Hennie van Schalkwyk (Môregloed) - 22 Augustus

kol 1

Bewegings

Pieter de Wet (diensleraar) word op 17 Augustus as tentmakerleraar by die gemeente Haakdoorn bevestig.

kol 2


Gemeentenuus

Gemeenskapsnuus

Geleenthede

Raslouw

kol 3

Montana

kol 4

Booysens

kol 5


Toerusting

Toerusting

Bedienaars

toe 1

Lentekonferensie

Volledige inligting is beskikbaar by https://www.lentekonferensie.co.za.

toe 2

Familiebediening

toe 3

toe 5

Besoek gerus Excelsus se webwerf vir inligting oor bogenoemde en ander kursusse. (https://www.excelsus.org/)


Vakatures

vakatures

Mootvallei: Jeugbedienaar

Rig navrae aan die Kerkkantoor by 012-3350611.

Sluitingsdatum is 26 Augustus 2025

Stellastraat: Voltydse derde en vierde leraar

Sluitingsdatum - 2 September 2025.

Inligting is beskikbaar by https://forms.gle/F24ttvgJWuFXinJAA of [email protected]

Messina: Voltydse leraar

Sluitingsdatum is 9 Oktober 2025 om 12:00.

Rig navrae aan telefoonnommer 073 533 7628 of e-pos [email protected]

Dalunie: Voltydse leraar

Sluitingsdatum vir aansoeke is 7 September 2025.

Rig navrae aan Boots van Rensburg per e-pos - [email protected].

Ander vakatures

https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

kol 6


Ander Nuus

ander

Stories van hoop

Verskil plaas graag besonderhede van gemeente aktiwiteite, hetsy vooraf as bemarking daarvan, of jul is welkom om besonderhede van hoe dit afgeloop het, met ons te deel.

Tog is dit nie net inligting oor gemeente aktiwiteite waarin ons belangstel nie, ons wil graag ’n verskil maak deur verhale van hoop met die Verskillesers te deel. Ons glo dit is een van die maniere waarop die Noordelike Sinode ’n verskil kan maak in die gemeenskap. As jy kennis dra of bewus is van sulke verhale of stories van hoop, deel dit asseblief met ons deur dit te stuur aan [email protected].

hou vas

Back to Blog