
22 Augustus 2025

Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud:
22 Augustus 2025
Varsnuus

Einde van ’n era
In die hoogbloei van die bediening in Pretoria, het die NG Kerk in die middestad, uit ongeveer 25 000 lidmate bestaan. Hulle is deur ses gemeentes bedien, te wete Pretoria, Burgerspark, Bronberg, Harmonie, Meintjieskop en Arcadia.
In die afgelope dertig jaar het die sosio-ekonomiese profiel van die middestad geleidelik verander. Al die gemeentes het dus weer teruggestig en deel geword van die Gemeente Pretoria.
Die Afrikaanssprekendes in die gemeente het ook met die tyd verminder. Die Gemeente Pretoria het daarom in die afgelope jare hande gevat met die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK), Melodi ya Tshwane, asook met ander ekumeniese vennote.
Die voorafgaande het uiteindelik daartoe gelei dat die Gemeente Pretoria die afgelope Sondag, die 17de Augustus, hul laaste Afrikaanse erediens gehou het. Dit het plaasgevind in die kerkgebou van die eertydse Gemeente Harmonie. By die geleentheid is die nagmaal ook gevier. Cobus van Wyngaard het die nagmaal bedien en Elaine Dippenaar het die prediking hanteer.
Die Gemeente Pretoria gaan steeds bly fokus op almal wat in die middestad woon. Na raming is daar tans ongeveer 120 000 inwoners.

Meer duidelikheid oor humanitêre hulp
Na verskeie navrae oor die NG Kerk se besluit om betrokke te raak by humanitêre hulp in die Midde-Ooste, het die Algemene Sekretaris van die Algemene Sinode, Dr. Nioma Venter, ’n dokument saamgestel met die titel, “Vraag en Antwoord”.
Kliek hier om dit te lees en doen moeite om dit ook met ander te deel.

Sinodenuus

Opdatering van databasis – POPIA vereiste
Verskillesers word daaraan herinner om hul persoonlike kontakbesonderhede aan die sinode beskikbaar te stel deur op die volgende skakel te kliek.

Meer inligting oor die verandering in die pensioenfonds
Daar word heelwat navrae ontvang rondom die vermindering in die goedgekeurde sterftevoordeel asook die versoek vir meer inligting rondom die gevreesde siekte voordeel.
Die bestuurskomitee van die NG Kerk van Transvaal: Predikante en Amptenare Pensioenfonds het ‘n ondersoek gedoen en sekere besluite is gemaak.
Kliek hier vir ‘n verdere omsendskrywe deur die pensioenfonds waarin die besluit in meer diepte verduidelik word.
Agtergrond vir veranderinge aan pensioenfonds
Omsendskrywe 4 van 25 (Afrikaans)
Critical illness insurance (Engels)
Geniet die natuur

Kolleganuus

Verjaarsdae
Leraars
• 26/08 Erika van Tonder (Wonderboom)
• 26 /08 Wouter de Vos (Wonderboompoort)
• 27/08 Petrus Kriel (Levubu)
• 29/08 Hennie Gouws (Emeritus)
• 29/08 Koos Serfontein (Emeritus)
Eggenotes
• 25/08 Danita Ferreira, eggenote van Danie Ferreira (Emeritus)
• 29/08 Magda Pretorius, eggenote van Jan Pretorius (Louis Trichardt)

Bewegings
Piet Fourie van die Gemeente Sanddrif, het op 14 Augustus 2025 geëmeriteer. Hy is daarna in ’n vastetermynpos van twee jaar aangestel.

Gemeentenuus

Stigtingsdatums
• Stellastraat (Suidoos-Pretoria) - 27 Augustus 1947
• Florandia - 25 Augustus 1974
Geleenthede
Montana

Raslouw
Op Woensdag, 24 September om 11:00 vind daar ’n vertoning deur Amira Willighagen by die Gemeente Raslouw, plaas.
Koste: R200.00 p/p.
‘n Ete word na die vertoning bedien.
Vir navrae / besprekings: Riana Kriel (083 495 1400)

Riviera-Jakaranda

Vir meer inligting rakende die ondersteuning van persone met demensie, saamgestel deur een van ons lesers, kliek hier.
Toerusting

Evangelisasie

Om te registreer gebruik hierdie skakel.
Lentekonferensie
Volledige inligting is beskikbaar by https://www.lentekonferensie.co.za.

Familiebediening


Besoek gerus Excelsus se webwerf vir inligting oor bogenoemde en ander kursusse. (https://www.excelsus.org/)
Vakatures

Stellastraat: Voltydse derde en vierde leraar
Sluitingsdatum - 2 September 2025.
Inligting is beskikbaar by https://forms.gle/F24ttvgJWuFXinJAA of [email protected]
Messina: Voltydse leraar
Sluitingsdatum is 9 Oktober 2025 om 12:00.
Rig navrae aan telefoonnommer 073 533 7628 of e-pos [email protected]
Dalunie: Voltydse leraar
Sluitingsdatum vir aansoeke is 7 September 2025.
Rig navrae aan Boots van Rensburg per e-pos - [email protected].
Overkruin: Finansiële beampte
Sluitingsdatum is 19 September 2025.
Rig navrae aan Faan van Wyk by telefoonnommer 082 469 0804.
Ander vakatures
https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

Ander Nuus

Stories van hoop
Baie dankie vir hierdie week se bydraes vir die Verskil. Stories van hoop en getuienis van God se liefde, word verwelkom. Stuur dit aan [email protected]
Vorige uitgawes
Het jy dalk iets in die vorige nuusbriewe gemis? Lees dit gerus deur op hierdie skakel te kliek.
