verskil

19 September 2025

September 18, 20256 min read
Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
Verskil Banner

Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud

Varsnuus

Varsnuus

Hoe om geloof te bely in die 21ste eeu

Kursus

Die twintigste jaarlikse Lentekonferensie is die afgelope week deur Excelsus, die Kuratorium by UP se arm vir Voortgesette Bedieningontwikkeling (VBO), by die Gemeente Universiteitsoord en op die UP-kampus aangebied. Dit het aangesluit by die wêreldwye viering van die ontstaan van die Belydenis van Nicea in die jaar 325 n.C., m.a.w. 1700 jaar gelede. Die tema van die konferensie was daarom: Hoe om geloof te bely in die 21ste eeu.

Die konferensie is Dinsdagoggend afgeskop deur Trevor Hudson. Hy het n.a.v. sy boek, Five Sentences That Have Shaped My Life, klem gelê op die volgende sake:

1. Take care of your Words;

2. Live within the house of your Words;

3. Follow the crucified and resurrected Word.

Op die foto hieronder, verskyn Trevor Hudson (links), saam met die hoof van Excelsus, Tom Smith.

Trevor

Op die eerste aand het die konferensiegangers na Frank Opperman se aangrypende eenmanvertoning, Reûnie, gekyk. Die teks is deur Dana Snyman geskryf.

Hieronder verskyn ‘n foto van ‘n aantal van dié 164 konferensiegangers tydens teetyd. Die Noordelike Sinode het die hoogste bywoning gehad, naamlilk 40.

Vertoning

Die persoon wat die verste gereis het om die drie dae by te woon, is Sebastiaan van Dyk, een van die predikante van die SA Gemeente in Londen. Op die foto gesels hy met Zander van der Westhuizen (links) van die Gemeente Tygerpoort in Pretoria.

Verste gereis

Dit was opmerklik hoeveel jonger mense die konferensie bygewoon het. Op die foto is ‘n paar van die Teologiese studente wat tans in hulle finale jaar is en in November gelegitimeer word.

jong

Die Algemene Sekretaris van die NG Kerk, Nioma Venter, was ook ‘n konferensieganger. Op die foto verskyn sy saam met die twee leraars van die Gemeente Wierdapark in Pretoria, waar sy as predikant gekoppel is, Pieter Visser (regs) en Morné Jacobs. In die agtergrond is Malan Nel, die vader van die Lentekonferensies.

Nioma

Die spil waarom die reëlings van die konferensie, sowel as die ander geleenthede wat Excelsus deur die loop van die jaar aanbied, draai, is Rika van Rensburg. Hier verskyn sy in die groot oop deure van Universiteitsoord se kerkgebou, simbolies daarvan dat almal welkom is.

Reelings

Daar was ook heelwat van die sinodale leiers by die konferensie. Op die foto is Lizl-Louise Schoeman, moderator van die Noordelike Sinode, saam met Jan Lubbe, moderator van die Algemene Sinode en Maartjé van der Westhuizen, assessor van die Algemene Sinode.

Moderators

Die konferensie het bo en behalwe die drie hoofsprekers se optrede, ook insiggewende wegbreeksessies in kleiner groepe ingesluit.

Wegbreek

Sê jou sê - Hoe bly jy op hoogte van nuus en watter nuusbronne vertrou jy?

Kerkbode is besig met 'n navorsingsprojek om by lesers te hoor hoe betroubaar die media beleef word. Kerbode wil ook navors watter tendense lesers in hulle eie mediagebruik waarneem. Asook hoe en waar mense op hoogte bly van nuus.

Die hoop is om dieper insig te kry sodat nuuskommunikasie binne die kerk se kommunikasie-ekosisteem verbeter kan word. Help hulle deur die elektroniese vraelys in te vul. Dit neem minder as 5 minute. Kliek hier om deel te neem.


Sinodenuus

sinodenuus

Wegbreekgeleentheid

Die volgende Predikante-wegbreek is geskeduleer vir 14 tot 16 Oktober by Tsekama Lodge, buite Modimolle.

Tydens die wegbreek sal daar insiggewende gesprekke oor hermeneutiek, met die tema: “Op soek na helderheid”, gehou word.

Vir die drie dae se verryking sal elkeen dertig VBO-punte kry.

Die sinode staan in vir al die kostes, buiten vervoer. Elkeen moet self reëlings tref om daar te kom.

Daar is net vyftien plekke beskikbaar en daarom moet predikante gou spring om seker te maak dat hulle nie hierdie groeigeleentheid mis nie.

Kontak die direkteur, Paul Grobler, by 082 653 5734 / [email protected] om jou plek te verseker.

Wegbreek

Leraarontginning

Dit vind op 3 en 4 November plaas. Belangstellingdes kan vir die direkteur, Paul Grobler, kontak by 0826535734 / [email protected], vir meer inligting en inskrywings.

Opdatering van die sinode se databasis

Ten einde ons kommunikasie met predikante en ander belanghebbenes in die sinode te verbeter, benodig ons ’n bevestiging van elkeen se kontakbesonderhede en toestemming om via spesifieke kanale met jul te kan kommunikeer. Indien jy dit nog nie gedoen het nie, gebruik asseblief hierdie skakel.

Skakel na sinode se databasis.

Somerpret vir Graad 7’s

Somer

Werkswinkel oor Tienerbediening

Kliek hier vir inligting en registrasie vir die werkswinkel vanaf 21 tot 23 Oktober te Badseloop.

Tiener

Kampterrein vir ’n wegbreekgeleentheid

Kampterein


Kolleganuus

kolleganuus

Geboortes

Bernard en Michelle van Wyk (Thabazimbi) se babaseuntjie, Berlu, is op 10 September gebôre.

Verjaarsdae

Leraars

Willem Rothmann (Overkruin) 21 September

Paul Lübbe (Emeritus) 22 September

Frik Grobler (Emeritus) 25 September

Johan de Witt (Emeritus) 26 September

Eggenotes

Karien Pretorius, eggenote van Willem (Kameeldrif) 20 September

Jeané Visser, eggenote van Pieter (Wierdapark) 21 September

Willani Stapelberg, eggenote van Heinrich (Overkruin) 26 September

Hospitaal

Derick du Toit van Villieria in Pretoria was die afgelope tyd ‘n paar keer in die hospitaal. Hy is hierdie week met leukemie gediagnoseer en is tans weer in die hospitaal.

Familiedag

Bestmed Mediese Skema bied op Saterdag, 27 September om 9:00 ’n Tempo Familiedag aan in die Pretoria (Mooiplaats) omgewing. Lede en hul gesinne word uitgenooi na die geleentheid waartydens verskeie voorkomende gesondheidssorg- en siftingtoetse beskikbaar sal wees. As jy beplan om die verrigtinge, wat tot 14:00 sal duur, by te woon, moet jy die Skema vooraf in kennis stel. Indien jy nie ‘n uitnodiging via epos van Bestmed ontvang het nie, is jy welkom om met hul te skakel vir meer meer besonderhede. Rig jou epos aan [email protected].

Bestmed

Gemeentenuus

Gemeentenuus

Stigtingsdatums

Overkruin 22 September 1978

Uittrede na 45 jaar as orrellis

Hester Ackermann (83 jaar oud) het Sondag, 14 September, uitgetree as orrellis by Riviera-Jakaranda gemeente na 20 jaar as orrelis by dié gemeente en na altesaam 45 jaar as orrelis, in verskeie ander gemeentes.

Uittrede

Nagmaalkelkies

Een van ons gemeentes in Zimbabwe het ’n behoefte aan nagmaalkelkies. Indien daar dalk ’n gemeente is wat ekstra kelkies het, kan Gerard Breytenbach per Whatsapp gekontak word by ÷263772369962.

Aktiwiteite

Raslouw

Eco vroue

Florauna

Aktiwiteit

Universiteitsoord

PRetdraf

Toerusting

Toerusting

Ons kry dikwels versoeke vir die plasing van inligting van elders. Hierdie inligting word in goedertrou gedeel en reflekteer nie noodwendig die siening of standpunte van die Noordelike Sinode nie. Dit berus by elke gemeente om die inligting te verifïeer en te ondersoek.

Jaarkursus in basiese pastorale opleiding, berading en gemeenskapsdiens

Vir meer inligting oor die kursus wat vanjaar vir die 11de keer aangebied word deur die Alpha pastorale sentrum, lees hul bemarkingsmateriaal hier.

Ander kursusse

Besoek Excelsus se webwerf vir inligting oor kursusse. (https://www.excelsus.org/)

ExcelsusKursusse

Vakatures

vakatures

Messina: Voltydse leraar

Sluitingsdatum is 9 Oktober 2025 om 12:00.

Rig navrae aan telefoonnommer 073 533 7628 of e-pos [email protected]

Ander vakatures

https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

Vakkatures

Ander Nuus

ander

Preekgeleenthede

Ons is tans besig om die lys van predikante wat beskikbaar is in die Noordelike Sinode, om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is of die leraar met vakansie is, op te dateer. Indien jy ook beskikbaar is, deel asseblief die inligting met [email protected].

Tot op hede het die volgende vyf predikante aangedui dat hul beskikbaar is in die Pretoria omgewing:

Louis Louw [email protected]

Stanley Marais [email protected]

Anton Binneman [email protected]

Bennie Benadé [email protected]

Theuns Kriek [email protected]

Uitnodiging

Inligting van gemeentegebeure, projekte, stories van hoop en getuienisse van God se liefde, word steeds verwelkom. Stuur dit aan [email protected].

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakels te kliek.

Verskil 1 – 25 Julie

Verskil 2 – 1 Augustus

Verskil 3 – 8 Augustus

Verskil 4 – 15 Augustus

Verskil 5 – 22 Augustus

Verskil 6 – 29 Augustus

Verskil 7 – 5 September

Verskil 8 – 12 September

hou vas

Back to Blog