verskil

12 September 2025

September 11, 20254 min read
Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
Verskil Banner

Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud

Varsnuus

Varsnuus

’n Laaste kans

Alhoewel die inskrywings reeds gesluit het, is daar ’n laaste kans om vir die Lentekonferensie te registreer. Kontak Excelsis vandag nog deur op die skakel te kliek LK2025 - Lentekonferensie.

Die program vir die konferensie is hier beskikbaar.

Kerkkalender 2026

Die nuutste weergawe van die Algemene Sinode se kerkkalender is hier beskikbaar.

Opdatering van sinode se databasis

Ten einde ons kommunikasie met predikante en ander belanghebbenes in die sinode te verbeter, benodig ons ’n bevestiging van elkeen se kontakbesonderhede en toestemming om via spesifieke kanale met jul te kan kommunikeer. Indien jy dit nog nie gedoen het nie, gebruik gerus hierdie skakel.

data

Sinodenuus

sinodenuus

Seisoen van die Skepping

Alle lesers en ander belangstellendes word uitgenooi na die vertoning van Plastic People: The Hidden Crisis of Microplastics, as deel van ’n inisiatief deur die Algemene Sinode se Taakspan Ekologie, ter inleiding van die jaarlikse Seisoen van die Skepping.

Die dokumentêr verskaf ‘n blik op die wêreldwye afhanklikheid van plastiek en hoe mikroskopiese plastiekdeeltjies ons liggame en planeet indring. Wêreldwyd word meer as 1,5 miljard plastiekbottels elke dag gekoop, en bykans die helfte van alle plastiek word net een keer gebruik. Nou vind wetenskaplikes mikroplastiek deeltjies in ons bloed en selfs in die bloed van babas. Die film neem ons saam met joernalis Ziya Tong op ʼn persoonlike reis na die wetenskaplikes wat hierdie krisis bestudeer – en vra: Wat kan ons daaraan doen?

Vertonings van die film word gehou by die volgende gemeentes of geleenthede in die Noordelike Sinode:

• Tydens die Excelsus Lentekonferensie, op 17 Septemberr om 17:30 (H/v Duxbury en Herold straat, Hatfield, Pretoria)

• By Stellastraat gemeente, op 18 September om 18:30 (Stellastraat 158, Waterkloof, Pretoria)

• By Rietfontein-Noord gemeente, op 26 September om 10:00 en 19:30 (24ste Laan 800, Rietfontein, Pretoria)

Plastic People

Somerpret vir Graad 7’s

Somerpret

Werkswinkel oor Tienerbediening

Kliek hier vir inligting en registrasie vir die werkswinkel vanaf 21 tot 23 Oktober te Badseloop.

Tiener

Kolleganuus

kolleganuus

Verjaarsdae

Leraars

Nic Ackerman, Emeritus – 14 September

Otto Clasen, Warmbad – 15 September

Eggenotes

Hannelie Clasen, eggenote van Otto (Warmbad), 15 September

Martie Pelser, eggenote van Willem (Koedoeskop), 15 September

Karien Pretorius, eggenote van Willem (Kameeldrif), 20 September

Veraardae

Hartseer

Freda Olivier, eggenoot van Bertus (emeritus, voorheen van Bergtuin) is die afgelope week oorlede.

Hospitaal

Ons is bewus van die volgende persone wat in die hospitaal was/is:

• Derick du Toit van Villieria in Pretoria;

• Marius Hunter van Northam.

Bewegings

Aanvaar

Izak du Toit (voorheen van die Gemeente Delmas) het die beroep na Naboomspruit aanvaar. Hy begin op 1 Januarie 2026.

Bedank

Anton Binneman (Beroepbaar) het die beroep as tentmaker na die Gemeente Wespoort in Pretoria, bedank.

Leefstylprogram

Die belangrikheid van gesonde eetgewoontes

As deel van Bestmed Mediese Skema se Gesonde Leefstylprogram, Tempo, bied hul ’n reeks aanlyninligtingsessies aan. Die volgende sessie wat handel oor gesonde eetgewoontes is geskeduleer vir die 17de September om 12:00. Gebruik hierdie skakel om daarvoor te registreer of besoek hul webwerf om later na die opname te kyk.

Emosionele gesondheid

Die vermoë om teëspoed te verwerk is uiters belangrik vir emosionele gesondheid. Bestmed het onlangs ’n inligtingsessie oor die onderwerp aangebied en dit is nou beskikbaar op hulle webwerf.

Gebruik hierdie skakel om toegang te verkry tot ’n opname wat handel oor “Emotional resilience and coping strategies”.

Wellness

Meer inligting oor die Bestmed Tempo leefstylprogram is op hul webwerf beskikbaar.


Gemeentenuus

Gemeentenuus

Stigtingsdatums

Krokodilrivier - 16 September 1914

Aktiwiteite

Overkruin

Overkruin

Raslouw

Eco vroue

Universiteitsoord

PRetdraf

Toerusting

Toerusting

Besoek Excelsus se webwerf vir inligting oor kursusse. (https://www.excelsus.org/)

Excelsus

Vakatures

vakatures

Overkruin: Finansiële beampte

Sluitingsdatum is 19 September 2025.

Rig navrae aan Faan van Wyk by telefoonnommer 082 469 0804.

Messina: Voltydse leraar

Sluitingsdatum is 9 Oktober 2025 om 12:00.

Rig navrae aan telefoonnommer 073 533 7628 of e-pos [email protected]

Ander vakatures

https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

vakatures

Ander Nuus

ander

Uitnodiging

Inligting van gemeentegebeure, projekte, stories van hoop en getuienisse van God se liefde, word verwelkom. Stuur dit aan [email protected].

Fondsinsameling vir Hospice

Op versoek plaas ons graag die volgende:

HOspice

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakels te kliek.

Verskil 1 – 25 Julie

Verskil 2 – 1 Augustus

Verskil 3 – 8 Augustus

Verskil 4 – 15 Augustus

Verskil 5 – 22 Augustus

Verskil 6 – 29 Augustus

Verskil 7 – 5 September

hou vas

Back to Blog