Taakspanne

Noordelike Sinode

Vind hier meer uit oor ons taakspanne

TAAKSPANNE OORSIG

Die werk van taakspanne wat op hierdie webblad beskikbaar gestel word, kan waarskynlik vir weblesers van waarde wees. Daar is egter verskeie ander taakspanne, wat op interne aangeleenthede fokus, of vertroulik is, (bv. begroting) en word daarom nie hier ingesluit nie. Vir meer inligting kan die direkteur, Paul Grobler, gekontak word by 082 653 5734 / [email protected].

AKTIEWE TAAKSPANNE

Brugbedining

  • Opdrag: Om brugbediening in die Noordelike Sinode te koördineer.

    Taakspanleier: Direkteur

Etiese leiding

  • Etiese leiding

    Opdrag: Om te besin oor watter etiese sake gedurende die termyn aandag behoort te geniet en verdere prosesse daarom rondom te begelei.

    Taakspanleier: Fanie Cronjé

Hermeneutiek 101

  • Opdrag: Om predikante die geleentheid te gee om o.l.v. ‘n fasiliteerder gesprekke te voer oor verantwoordelike Bybellees.

Taakspanleier: James Kirkpatrick

Induksie

  • Opdrag: Om nog fasiliteerders op te lei sodat nuwe leraars so gou moontlik gehelp kan word om hulle voete in die gemeente te vind.

    Taakspanleier: Simon van den Heever.

In Pas

  • Opdrag: Om gemeentes wat belangstel te begelei in die implimentering van die handleiding genaamd “In Pas”.

    Taakspanleier: Jan Botha

Jeugbediening na Covid

  • Opdrag: Om gespreksgeleenthede vir persone verantwoordelik vir jeugwerk in gemeentes te skep.

    Taakspanleier: Christiaan Ackermann

Kleiner Gemeentes

  • Opdrag: Om gesprek te stimuleer tussen gemeentes met minder as 100 lidmate, asook gemeentes wat nie meer ‘n predikant kan bekostig nie.

    Taakspanleier: Hannes Peens

Kommunikasie

  • Opdrag: Om ‘n kommunikasiestrategie vir die sinode te ontwerp.

    Taakspanleier: Dewald Roux

Pinkster ‘25

  • Opdrag: Om materiaal vir Pinkster oor die tema: “Hou mekaar vas” (o.a. teksontleding, preek- en liturgiese voorstelle, bemarkingsmateriaal, asook material vir die jeug) voor te berei met die oog op Pinkster 2025.

    Taakspanleier: Bernice Serfontein

Rampe

  • Opdrag: Om as deel van die Algemene Sinode se inisiatiewe rakende rampe, ‘n netwerk van mense te skep wat die leiding sou kon neem.

    Taakspanleier: Marinda van Niekerk

Teologiese opleiding

  • Opdrag: Gereelde terugvoer aan die SDR oor die stand van sake rakende Teologiese opleiding by UP, sowel as oor sake wat op die terrein van die Algemene

    Kuratorium lê.

    Taakspanleier: Arno Meiring

Werkskepping

  • Opdrag: Om in samewerking met die CMR en UP, die inisiatief wat in die vorige termyn ontwikkel is, nl. om entrepreneurs op te lei, verder te implimenteer.

    Taakspanleier: Maryke Venter

VORDERINGSVERSLAE BESKIKBAAR

Ekologie

  • Opdrag: Om gemeentes sensitief te maak vir die ekologiese uitdagings van ons dag en te begelei met die praktiese implimentering van inisiatiewe.

    Taakspanleier: Peet Crous

    Vorderingsverslag: Kliek hier

Kekkantore

  • Opdrag: Om opleiding vir die personeel van kerkkantore aan te bied.

    Taakspanleier: Saakgelastigde

    Vorderingsverslag: Kliek hier

Leraarontginning

  • Opdrag: Om die huidige program te hersien met die oog op die verdere aanbieding van werkswinkels.

    Taakspanleiers: Roelf Opperman (uitgetree), Paullett Grobler en Bennie Powell

    Vorderingsverslag: Kliek hier

Toekoms van die Kerk

Opdrag: Besinning aan die hand van navorsing oor hoe die NG Kerk in die Noordelike Sinode moontlik oor tien jaar kan lyk.

  • Taakspanleier: Cobus van Wyngaard

    Vorderingsverslag: Kliek hier

Toekoms van die Kerk

Opdrag: Om in samewerking met die CMR, die werk wat die vorige taakspan gedoen het, verder voort te sit.

  • Taakspanleier: Ronél Aylward
    Vorderingsverslag: Kliek hier

  • 072 827 6360

Ng Kerk Noordelike Sinode, Middlestraat 153, Nieuw Muckleneuk, Waterkloof, South Africa 00181