
21 November 2025
Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud
Varsnuus
Die wiele rol
Die SDR het die moderatuur aangewys as Ontwerpspan vir die Noordelike Sinode se vierjaarlikse sitting in Oktober 2026. Die datum wat daarvoor gereserveer is by Weesgerus, is 18 tot 22 Oktober. Die beplanning het reeds begin en daar sal deurlopend inligting aan gemeentes beskikbaar gestel word soos wat die proses vorder.
'n Kykie agter die skerms
Die Algemene Sinode se Moderamen (ASM) het verlede week vergader. Kyk gerus na hierdie opname soos deur Kaapkerk saamgestel.

Sinodenuus

Tieners 2026

Hou die datum oop
Die volgende geleentheid vir leraarsontginning vind van 9 tot 11 Maart 2026 in Pretoria plaas. Meer inligting volg binnekort.
Soeklig op sinodale diensorganisasies
In die volgende paar weke se Verskil-uitgawes beplan ons om diensorganisasies van die Noordelike Sinode aan lesers bekend te stel. Ons begin hierdie week met drie bejaarde tehuise in die Pretoria omgewing. Lees gerus die artikel hier.

PredikanteSAAMKOMS
Die predikantesaamkoms vind aanstaande jaar vanaf 25 tot 28 Augustus by Goudini plaas. Lees die onderhoud met Maartjie van der Westhuizen in Kerkbode, hieroor.

Kolleganuus

Verjaarsdae
As jy of jou eggenoot die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.
Leraars
22 November Hennie Hoepfner (Albertyn)
23 November Christo Janse van Vuuren (Emeritus)
24 November Paul Grobler (Sinodehuis)
24 November Pieter Conradie (Emeritus)
26 November Pieter du Plooy (Emeritus)
Eggenotes
24 November San Horn, eggenoot van Matie (Pietersburg)
24 November Jeanine Rothmann, eggenoot van Willem (Overkruin)
25 November Louise Peens, eggenoot van Hannes (Marken)

Hospitaal
Derick du Toit van Villieria is steeds in die hospitaal. Hy ontvang dialise.
Bewegings
Bedank
Dylan Allan van die Moedergemeente Bothaville, het die beroep na Dalunie Gemeente bedank.

Mediese skema inligting
Inligting oor die mediese skema, tussengangerdienste en ander relevante sake is op die Noordelike Sinode se webwerf opdateer. Gebruik die skakel om toegang tot die inligting te verkry.

Preekgeleenthede
Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesigheid is. Die opdateerde lys is hier beskikbaar.
Gemeentenuus
Stigtingsdatums
As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].
26 November 1960 Marken
28 November 1958 Rustenburg-Suid
28 November 1975 Chegutu

Projekte
Wespoort Gemeente bestuur tans twee projekte waarvoor hul lesers se ondersteuning vra. Vir meer inligting oor die projekte en hoe lesers betrokke kan raak, lees hier.
Florauna Gemeente beplan vakansieprogramme vir behoeftige kinders gedurende die vakansieperiode. Vir meer inligting oor hierdie programme en ander geleenthede waarby jy betrokke kan raak gedurende Desember en Januarie, lees hier.

Aktiwiteite
As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskil lesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.
Florandia Gemeente se 2025-Floriganza was 'n groot sukses. Hul het terugvoer oor die geleentheid met ons gedeel, lees dit hier.
Die volgende aktiwiteite word beplan in gemeentes van die sinode.
Lynnwood

Lees hier vir meer besonderhede oor die Palissander Kamerkoor en hierdie besondere geleentheid.

Universiteitsoord

Riviera-Jakaranda
Toerusting
Besoek gerus Excelsus se webwerf vir inligting oor kursusse Leergeleenthede - Excelsus.

Vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].
Riveria-Jakaranda
’n Leraarspos is beskikbaar in die gemeente. Vir meer inligting oor die posisie, kliek op hierdie skakel.
Sluitingsdatum: 1 Desember 2025
Waverley
'n Kosterpos is beskikbaar in die gemeente met ingang 1 Maart 2026. Vir meer inligting oor die posisie, lees hier.
Sluitingsdatum: 11 Desember 2025
Stad-op-die-Berg (Louis Trichardt)
'n Mede-leraarspos is beskikbaar in die gemeente. Besonderhede oor die posisie is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 26 Februarie 2026
Hoofuitvoerende Beampte: Bybelgenootskap
Lees hier vir meer besonderhede oor die vakature.
Ander
Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

Ander Nuus

Uitnodiging
Inligting van gemeentegebeure, projekte, stories van hoop en getuienisse van God se liefde, word steeds verwelkom. Stuur dit aan [email protected].
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
