Gemeentenuus Projekte Wespoort

November 19, 20252 min read

Logo

GEMEENTENUUS

Projekte

Wespoort Gemeente

Die Wespoort Gemeente bestuur tans twee projekte waarvoor hul lesers se ondersteuning vra. Hier is oorsigtelike inligting oor hierdie twee projekte, maar as jy meer inligting benodig of wil uitreik na die organiseerders, skakel gerus met Ouderling Annatjie Fleming by 0724123144 of met Diaken Koos du Raan by 0726254882.

Voedingskema

Die eerste projek is ’n koopbewysprojek wat tans veertig gesinne help met ’n maandelikse koopbewys ter waarde van R550. Hierdie veertig gesinne is gemeentelede en ook ander mense uit die gemeenskap wat voedselnood het. Die projek is al 35 jaar lank aktief, maar die gemeente is totaal en al aanwesig op skenkings en donasies van die publiek om met dit aan te hou.

Noodpakkies

’n Ander ondersteuningsprojek wat deur die gemeente bestuur word is die uitreik van pakkies aan gesinne in nood, wat nie deel van enige ander voedingskema vorm nie. Tans is daar sewe-en-dertig gesinne (meesal gesinne met klein kindertjies en ouer mense wat slegs die SASSA-toelaag ontvang) wat op die Wespoort gemeente aanwesig is vir hul maandelikse kosvoorraad.

Lesers wat bydraes kan maak ten opsigte van items vir die noodpakkie, kan een of meer van die produkte in die pakkies voorsien, of 'n pakkie self saamstel en by die gemeente afgee. Dit items in die pakkie is as volg:

Sopmengsel- Boontjies, ertjies of lensiens

Een klein pakkie rys

Een pakkie pasta - spaghetti of macaroni

Een pakkie soja maalvleis (droog)

Een blik "bully beef"

Een blik gemengde groente

Een blik boontjies (baked beans)

Twee pakkies 2 minute noodles

Een klein blikkie konfyt.

Een blik vis

Een pakkie soppoeier

Een klein pakkie tee ( 10 sakkies)

Een pakkie melkpoeier

Een klein pakkie suiker

Een pakkie mieliemeel

Een pakkie kitsontbytpap (indien beskikbaar)

Een koekie seep

Een buisie tandepasta

Een rol toiletpapier

Versoek

Lesers word gevra om die gemeente in hierdie projekte te ondersteun deur of donasies te maak, of produkte in die noodpakkie te voorsien as u nie kan help met die voorsien van ’n noodpakkie met al die inhoud nie. Vir meer besonderhede skakel gerus met die gemeente.

Skakel met enige van die persone om te reël waar die produkte afgegee kan word.

Ouderling Annatjie Fleming (Ondersteuningsbediening) – 072 412 3144

Diaken Koos du Raan (Koster) – 072 625 4882

21 November 2025

Back to Blog