Mediese skema en gapingsdekking

Personeelsake - Medies

November 12, 20254 min read

Mediese Skema lidmaatskap

Die Noordelike Sinode het ‘n werkgewerooreenkoms met Bestmed Mediese Skema wat impliseer dat alle leraars in die sinode aan die Skema moet behoort, behalwe wanneer ’n leraar as afhanklike van sy/ haar eggenoot se mediese fonds aan ’n ander mediese skema behoort.

Vir meer inligting oor Bestmed besoek gerus hul webwerf by www.bestmed.co.za

bestmed

Vir meer Inligting oor Bestmed se produkte en die ledegeld vir 2026, kliek hier.

3 Bestmed Ledegeldvergelyking 20264 Bestmed Vergelykende gids 2026

Tussengangerdienste

Die sinode het Alex Forbes finansiële adviseurs aangestel as tussengangers vir beide die skema, Bestmed, asook die gapingsprodukverskaffer, Admed.

Om meer te lees oor die rol van Alex Forbes en hoe hul jou kan help in jou opsiekeuse, kliek hier.

1 NG Kerk sinodes - mediese skema veranderinge en diens deur Alex Forbes2 Hersien jou mediese skema opsie vir 2026

alexforbes

Gapingsdekking

Alex Forbes het spesiale tariewe vir die sinode met Admed beding ten opsigte van die gapingsdekkingproduk. Die spesifieke ooreenkoms soos geld vir 2026, is hier beskikbaar.

6 Admed Gap Lede Brief 2026 - NG Kerk Sinodes7 Admed Gap Brosjure Supreme 2026

Nuwe aanstellings

Die tussengangerooreenkoms met Alex Forbes vereis dat wanneer nuwe leraars of kerkpersoneel aangestel word, hul advies van die Alex Forbes adviseur moet ontvang oor die Bestmed en Admed opsies. Die adviseurs sal nuwe aanstellings dan help om die mees geskikte opsie dienooreenkoms die lid se mediesesorgbehoeftes asook finansiële situasie, te kies.

Nuwe aanstellings moet 60 dae vanaf die datum dat hul permanent (of op kontrakbasis) aangestel is, aansoek doen (met Alex Forbes konsultante ontmoet, ’n opsie kies, die aansoekvorm voltooi en instuur) ten einde nie onderskryf te word nie.

Skakel met Alex Forbes om ’n afspraak te reël sodat die adviseur die verskillende opsies en die voordele met jou kan bespreek. Hul sal ook ’n aansoekvorm vir jou gee en jou help om dit te voltooi en in te dien.

Deurlopende navrae

Bestmed lede word aangemoedig om van die selfhelpfasiliteite waaroor die skema beskik, soos die selfoontoepassing (App) asook die skema se webwerffasiliteit gebruik te maak vir algemene vrae of om basiese inligting te bekom.

Omvattende navrae en navrae wat die tussenganger namens jou met Bestmed moet uitklaar, moet gerig word aan die Alex Forbes adviseurs vir die sinode, Elrene Marais en Chantell Moleketsi.

Die konsultante se eposbesonderhede is as volg:

Elrene MaraisChantell Mokoteli

Opsiewysigings

Bestmed lede word toegelaat om jaarliks, gedurende Desember, van opsie te verander met die oog op die implementering van die verandering in die daaropvolgende jaar, op 1 Januarie. Lede word aangemoedig om advies van die tussenganger in te win alvorens hy/sy van opsie verander. Nie net is dit belangrik om bewus te wees van watter risikos daar geld wanneer jy na ’n meer bekostigbare opsie verander nie, maar jy moet ook bevestiging ontvang dat die rede waarom jy na ’n duurder opsie wil verander, wel geldig is, alvorens jy die vorm voltooi om van opsie te verander. Skeduleer ’n afspraak met een van die konsultante met behulp van hierdie skakel.

Health Consulting Helpdesk - Bloemfontein
Opsiewysigingsvorms word via die Alex Forbes tussenganger aan die Skema deurgestuur en die inligting word met die sinode gedeel. Voltooide opsiewysigingvorms moet Alex Forbes reeds teen 28 November bereik ten einde betyds te wees vir die 1 Januarie 2026 voordeeljaar.

5 Opsiewysigingvorm vir 2026 Korporatiewe Lid
Voltooide opsiewysigingsvorms moet aan Alex Forbes opsiewysigings gestuur word.

Bestmed se leefstylprogram

Tempo is Bestmed se gesonde leefstylprogram waarmee die skema lede ondersteun in hul strewe om beter leefstylkeuses uit te oefen. Besoek gerus die skema se webwerf om meer inligting oor die leefstylprogram te bekom.

Bestmed | Tempo | Tempo Wellness Programme

tempo

Jy is ook welkom om navrae oor die Leefstylprogram direk aan Bestmed te stuur en dit te rig aan [email protected].

Jaarprogram

Alex Forbes beplan jaarliks ’n aantal inligtingsessies gegrond op die vrae en onsekerhede van lede wat met hul skakel. Inligting oor hierdie sessies sal in die sinode se nuusbrief, Verskil, gedeel word maar opnames van die sessies is ook hier beskikbaar.

Gapingsdekking, Admed

Alex Forbes finansiële adviseurs het spesiale tariewe vir die Noordelike Sinode lede vir die gapingsdekking produk met Admed, beding. Lees meer oor die tariewe wat sal geld vir 2026, hier.

Admed Gap Lede Brief 2026

Besonderhede oor die Supreme produk van Admed, lees hier.

Admed Gap Brosjure Supreme opsie 2026

Back to Blog