Diensorganisasies Tehuise Pretoria

November 19, 20252 min read

Logo

SINODENUUS

Diensorganisasies

Bejaarde Residensiële Versorging

In die SKDBM sisteem word ongeveer 884 ouer persone in 7 fasiliteite versorg. Hierdie versorging is holisties en poog om na al die behoeftes van die bejaarde om te sien. Die meeste tuistes maak voorsiening vir selfversorging, semisorg en volsorg. Ongeveer 228 bejaardes word ook in 3 aftree-oorde gehuisves, waar die meeste eenhede op lewensreg-basis verkoop word.

Drie tehuise vir bejaardes in die Pretoria omgewing is Harmonie Oord, Huis HJ Piek en Vergenoeg.

Harmonie Park

Harmonie Park is ’n huis vir selfversorgende ouer persone wat afhanklik is van ’n SASSA-pensioen of ’n soortgelyke inkomste. Hul kultuur is gegrond op die wete dat elke persoon die reg het om hul oudag in vrede en veiligheid deur te bring. Hul streef daarna om nie bloot ’n plek om te bly vir inwoners te gee nie, maar streef daarna om ’n ruimte te skep waar elke inwoner met deernis ontvang word, en waar daar met respek na elke mens omgesien word. Besoek hul webwerf vir volledige besonderhede oor die besonderse tuiste.

Harmonie Park – Tuiste vir Bejaardes

Huis HJ Piek

Huis Piek is ʼn huislike tuiste vir self-versorgende persone 55 jaar en ouer. Die bekostigbare verblyfopsies en omvattende ondersteuningsdienste is waardevolle toevoegings tot die lewenskwaliteit van senior burgers. Ondersteuningsdiens word aan inwoners gebied met ’n versorger en ekstra hulp met betrekking tot etes, beweeglikheid en persoonlike versorging. Vir meer inligting oor Huis Piek, besoek gerus hulle webwerf.

Huis Piek – ‘n Liefdevolle tuiste vir bejaardes in Pretoria

Huis Vergenoeg

By Vergenoeg is hul toegewyd om ‘n veilige en rustige omgewing te bied vir individue ouer as 55 jaar. Hul bied ‘n verskeidenheid akkommodasie-opsies om in die unieke behoeftes van inwoners te voorsien. Hul opsies sluit in meenthuise, woonstelle, selfsorgkamers, en semi- of volle versorgingseenhede. Elkeen van hierdie opsies is ontwerp om ‘n veilige, gerieflike, en ondersteunende leefomgewing te bied. Met ‘n ryk geskiedenis en ‘n verbintenis tot kwaliteitsorg streef hul daarna om die geluk en welsyn van al hul inwoners te verseker. Besoek hul webwerf vir volledige besonderhede.

Vergenoeg – Vergenoeg

Tehuise

Back to Blog