Gemeentenuus Projekte Florauna

GEMEENTENUUS Projekte
Gemeente Florauna
Vakansieprogramme
Die gemeente koôrdineer 3 vakansieprogramme by laerskole Danie Malan en Hermanstad Laerskole en by Kleuterkampus, kleuter- en naskool. Hul beplan om 'n paar honderd kinders te bedien, te voed en aktief besig te hou tydens die vakansieperiode.
Op 24 Desember bied hul 'n potjiekos ete aan vir ongeveer 400 behoeftiges.
Vroeg in Januarie 2026 beplan hul om geskenkpakkies wat uit seep, waslap, tandepaste en tandeborsel bestaan aan 300 kinders uit te deel in Hermanstad.
Versoek
Die gemeente vra dat lesers asseblief vir hul moet bid vir hierdie wonderlike uitreikgeleenthede na die kinders en behoeftiges.
As jy moontlik kan help tydens die geleenthede, skakel asseblief met die organiseerders en kom help!
As jy 'n geldelike bydrae wil maak, versoek hul dat jy dit in hierdie bankrekening inbetaal met die verwysing as "vakansie".
Bankrekeningbesonderhede

21 November 2025
