
20 Februarie 2026
Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud.
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
Varsnuus
Lydenstyd: Een van Ons
Lizl-Louise Schoeman, Moderator van die Noordelike Sinode en predikant van die Gemeente Monumentpark, skryf:
"Die afgelope week het ons Aswoensdag gevier—’n dag wat die begin van Lydenstyd merk. Veertig dae waarin ons dieper kyk en eerliker voor God staan.
Die bekende Nederlandse kunstenaar, Rien Poortvliet, het in sy boek He Was One of Us, ’n unieke uitbeelding van die kruistoneel gemaak. In hierdie toneel van Golgota, doen Poortvliet iets fassinerend: hy wys nie vir Jesus nie. Hy kies eerder om vir ons te wys hoe óns is.

As mens na daardie gesigte in die skare kyk, sien jy ’n spieël van die mensdom: daar is verwarring, rou skok, iemand wat sy hande in desperaatheid omhoog gooi, en selfs mense wat net daar staan en staar asof dit ’n alledaagse gebeurtenis is. Die massiewe, donker balk van die kruis sny reg deur die prentjie—en simbolies regdeur die lewe van elke mens wat daar staan. Dit dwing ’n keuse af.
Hoekom tref dit my so? Die titel van sy boek sê alles: Hy was een van ons. ‘n Herinnering dat Jesus in die stof, die sweet en die geraas van die gewone lewe gekom het. En daarom vir ons almal. Hy was hier tussen mense wat Hom nie verstaan het nie, mense wat vir Hom gelag het, en mense wat Hom innig liefgehad het.
As ek na hierdie gesigte kyk, wonder ek: Waar sou ek gestaan het? Is ek die een met die vrae? Is ek die een wat hartseer is, of dalk die een wat te besig is met my eie dinge om regtig te sien wat hier voor my gebeur?
Mag ons in die weke wat kom, die moed hê om nie weg te kyk nie, maar om saam met Hom in die stof van ons eie realiteit te loop. Oop en eerlik. Mag ons opnuut ontdek wat dit beteken dat Hy een van ons geword het."
Sinodesitting: Koste
Die sinodesitting vind vanjaar vanaf 18 tot 22 Oktober by Weesgerus plaas. Die beraamde koste per afgevaardigde beloop R2000 wat alle etes insluit. Die sinode dra die volle koste van die verblyf en staan ook in vir die reiskoste en ander uitgawes. Die gemeentes betaal slegs die koste vir hul afgevaardigdes se etes.

Biddag vir trauma en verlies, 22 Februarie
Pastorale sorg is in die hart van gemeentebediening en Christelike sorg. Ons is baie bewus van die unieke konteks van lyding in Suid-Afrika. Hoë misdaadstatistiek traumatiseer voortdurend individue, families en gemeenskappe. Die Bybel roep ons om mekaar se laste te dra (Galasiërs 6:2). ‘n Biddag erken gemeenskaplike pyn, skep ruimte vir heling, en demonstreer die kerk se besorgdheid oor mense. Dit bied hoop te midde van trauma en posisioneer die kerk as ‘n helende teenwoordigheid in ons kwesbare samelewing.

Sinodenuus

Onthou!
SDR vergadering
Neem kennis dat die SDR vergadering op 4 Maart om 09:00 by Universiteitsoord Gemeente gehou word.
Wêreldbiddag vir vroue
Besoek gerus die Algemene Sinode se webwerf vir meer inligting en riglyne vir gemeentes en gebedsgroepe wat aan die inisiatief op 6 Maart wil deelneem.
PredikanteSAAMkoms: Brief vir kerkrade
Die Algemene Sinode het onlangs die koste van die PredikanteSAAMkoms wat vanaf 24 tot 28 Augustus vanjaar by Goudini gehou sal word, bekend gemaak. Lees hierdie amptelike skrywe om meer besonderhede.
Ander belangrike datums
'n Opsomming van die mees belangrike datums vir vanjaar is op die sinode se webwerf beskikbaar. Hierdie datums en besonderhede oor die geleenthede word deurlopend op die webwerf bygewerk. Gebruik hierdie skakel en dateer jou dagboek op.

Kerkorde en aanvullende bepalings
Die opdateerde weergawe van die Noordelike Sinode se Kerkorde en aanvullende bepalings is beskikbaar. Lesers kan ook die pdf-weergawe hier aflaai.

Amptelike vergoedingsriglyne 2026/2027
Die goedgekeurde riglyne vir beide administratiewe personeel as predikante is beskikbaar. Besoek die sinode se webwerf hier om toegang te verkry.

Kolleganuus

Verjaarsdae
As jy of jou eggenoot die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.
Leraars
25 Februarie Hanré Janse van Rensburg (Demissie)
26 Februarie Fay van Eeden (Stellastraat)
26 Februarie Meiring de Wet (Rustenburg-Proteapark)
Eggenote
21 Februarie Hanneke Claassen, eggenote van Gustav (Emeritus)

Bewegings
Bevestigings
Karla Grahan het die beroep na Montana Gemeente aanvaar. Haar bevestiging vind op 1 Maart tydens die erediens plaas.

Emeritaat
Etienne van Staden emeriteer op 28 Februarie en hy lewer sy afskeidspreek op 22 Februarie by Soutpansberg Gemeente. Hy en Sannie Esther gaan steeds voort met hulle boerdery belange by Dendron.

Afskeid
Anton Pienaar se kontraktydperk verstryk en hy lewer op Sondag, 22 Februarie sy afskeidpreek by Stellastraat Gemeente.
Welstand
Benut jou Tempo voordele - Biokinetikuskonsultasies
Al ooit gewonder wat 'n biokinetikus is en watter rol hul in jou gesondheidsplan kan speel?
Kyk gerus na hierdie kort opname wat deur 'n Bestmed netwerkbiokinetikus aangebied word. Sy verduidelik die Tempo voordele waartoe ons toegang het as Bestmed lede en ook wat elk van hierdie konsultasies behels. Maak gebruik van hierdie dienste wat tot jou beskikking is om jou te help in die strewe na 'n gesonder leefstyl.

Preekgeleenthede
Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Laai die opdateerde lys hier af.

Gemeentenuus
Stigtingsdatums
As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].
24 Februarie 1922 Daspoort

Gebeure
Bergtuin Gemeente
Die laaste erediens in die gemeente sal op Sondag 22 Februarie 2026 om 08:00 plaasvind. Lees hier meer oor mylpale in die gemeente se geskiedenis en ook die verloop van die proses sedert 2021.

Groenkloof Gemeente
Die Gemeente Groenkloof het tans uitdagings met hulle kerk se dak wat van houtteëls gemaak is. Indien iemand hulle kan help met raad of verwysings kontak asseblief vir Harm Kelderman, een van die predikante, by [email protected] of 084 584 5298.

Aktiwiteite
As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.
Lynnwood

The Reeds

Florandia

Queenswood

Vir meer inligting oor die besonderse geleentheid op die 14de en 15de Maart, lees gerus hier.
Toerusting
Brugbedieningopleiding
Malan Nel, emeritus professor in Praktiese Teologie en vader van brugbediening in ons land, skryf: "Die weggaan van 'n predikant in 'n gemeente laat so 'n gemeente in 'n tyd van bepaalde onsekerheid. Die pad vorentoe is onseker totdat 'n nuwe permanente bediening weer in plek is. Hierdie kursus poog om reeds goed opgeleide predikante verder op te lei vir wat brug of interim bediening genoem word. Dit is doelgerigte en spesialis opleiding om gemeentes tydens hierdie oorgangsperiode, soms deur korporatiewe trauma heen, tot voordeel van die gemeente se nuwe toekoms te begelei en waar nodig te fasiliteer."

Week 1: 27 – 30 Julie 2026 | Week 2: 16 – 19 November 2026
Kursusleier: Malan Nel
Dosente: Malan Nel, Roelf Opperman, Hannes J van Rensburg, Stephan de Beer en ander.
Koste: R4 850
Plek: NG Kerk, Stellastraat, Pretoria
70 VBO Krediete
KONTAK - Irene Thomas 012 420 4952 Of per epos aan [email protected]
Excelsus
Excelsus se beplanning vir 2026 is op hul webwerf beskikbaar.

Vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].
Raslouw Gemeente (Centurion)
'n Kantoorassistentpos is beskikbaar in die gemeente. Besonderhede oor die posisie is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 21 Februarie 2026
Stad-op-die-Berg Gemeente (Louis Trichardt)
'n Mede-leraarspos is beskikbaar in die gemeente. Besonderhede oor die posisie is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 26 Februarie 2026
Môregloed Gemeente
'n Leraarspos is beskikbaar in die gemeente. Besonderhede oor die posisie en vergoeding is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 28 Februarie 2026
Ander
Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

Ander Nuus

Die los en/of vas skryf van woorde?
Wonder jy partykeer oor die verskil van "allesbehalwe" en "alles behalwe"; "droë vrugte of "droëvrugte"; "in gedagte" of "ingedagte"? Kyk hier na 'n lys van woorde wat dikwels verkeerdelik as vas of los geskryf word en wat dan meesal van betekenis verander.

Dateer jou inligting op
Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.
Dateer jou besonderhede hier op.
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
