
28 November 2025
Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud
Varsnuus
Kerkkalender: Eerste Advent
Die Moderamen van die Algemene Sinode (ASM) het van 11 tot 13 November 2025 te eMseni, Benoni, vergader. Gedagtig aan die komende Adventseisoen en Kersfees, is verskillende Skrifgedeeltes gelees, luisterend na die Stem van die Gees van God daarin, met ons konteks hier en nou in gedagte: Wat is Gód se Woord vir ons, ons kerke en gemeenskappe? Uit die Ou Testament is Esegiël 47:1-12 gelees; uit die Nuwe Testament Lukas 1:26-38 en 17, Johannes 3:16 en 7:37-39, en Romeine 8:18-25 en 13:11-14.
Vir meer inligting oor die ASM se vergadering kliek hier om onder andere te sien wat op die tafel was oor korrupsie.

Veldtog: 16 dae van aktivisme teen geslagsgeweld
Die nie-winsgewende hulporganisasie, Action Society, het op 21 November 'n verslag vrygestel wat 'n blik werp op die stand van geweld teen kinders in Suid-Afrika. Hierdie tendens word beskryf as 'n noodsituasie in die land wat daadwerklike optrede verg. Lees die bevindinge en aanbevelings wat die organisasie maak, soos deur Maroela Media saamgestel, deur op die skakel te kliek.
Action Society stel kragtige verslag oor geweld teen kinders vry - Maroela Media
Charlotte Sibanyoni-Mahlangu, gekoppelde leraar by Universiteitsoord Gemeente het Sondag, 23 November, 'n preek gelewer wat hierdie ongemaklike tema op 'n baie betekenisvolle manier aanspreek.
Luister gerus na die preek hier.

Sinodenuus

Gereformeerde aanddienste
Wynand van Beek skryf: "Die ringskommissie van die Ring van Pietersburg het die behoefte aan ‘n aanddiens vanuit die Gereformeerde tradisie geïdentifiseer. ‘n Vergadering is belê waarheen die gemeentes van die NG Kerk, Gereformeerde Kerk, Hervormde Kerk, Geloofsbond van Hervormde Kerke en die APK, genooi is.
Op 27 Oktober het ons bymekaar gekom en ‘n baie sinvolle vergadering gehou waar besluit is dat vanaf Februarie 2026 daar elke Sondagaand in die kwartaal ‘n aanddiens by NG Kremetart sal plaasvind. Dit sal om die beurt deur die gemeentes en kerke wat deelneem se predikante waargeneem sal word. Ons sien uit na hierdie gesamentlike inisiatief en bid vir die sukses daarvan!"

Vlnr: Tjaart Meyer, Wynand van Beek, Matie Horn, Josef Hubbar (Gereformeerde Kerk), Sarel Venter (Gereformeerde Kerk), Freddie Prozesky en Hannes Besuidenhout. (Henk Joubert van die Hervormde Kerk kon ongelukkig nie die geleentheid bywoon nie.)
Tieners 2026

Hou die datums oop
Die volgende geleentheid vir Leraarsontginning vind van 9 tot 11 Maart 2026 in Pretoria plaas. Kontak die taakspanleiers, Paullet Grobler (076 841 1568) of Bennie Powell (082 305 4444), vir meer inligting.
Die datum vir aanstaande jaar se PredikanteSAAMkoms is gewysig, dit vind nou plaas vanaf 24 tot 28 Augustus om voorsiening te maak vir reistyd.
As gevolg van die PredikanteSAAMkoms word daar geen Lentekonferensie in 2026 aangebied nie. Daar word egter 'n Kerk en samelewingskonferensie vanaf 17 tot 19 Maart by Stellastraat Gemeente gehou. Meer inligting hieroor sal later in die Verskil gedeel word.
Die Sinodesitting is geskeduleer vir 18 tot 22 Oktober by Weesgerus.

Soeklig op sinodale diensorganisasies: Kindersorg
Die drie kinder- en jeugsorgsentrums lewer ʼn holistiese opvoedingsdiens aan 431 sorgbehoewende kinders wat om die een of ander rede die sorg van hul biologiese ouers verloor het. Die sentrums funksioneer met afsonderlike huise op ʼn groter terrein waar die huismoeder (en vader) binne ʼn huisgesinsverband die kinders versorg en hul ontwikkeling begelei. Lees hier meer oor die sentrums.

Kolleganuus

Verjaarsdae
As jy of jou eggenoot die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.
Leraars
29 November Bernice Koekemoer (Sesmylspruit)
30 November Cecil van der Merwe (Doornpoort)
1 Desember Gert Badenhorst (Emeritus)
2 Desember Johan Avenant (The Reeds)
2 Desember Theo Oosthuyzen (Krokodilrivier)
Eggenote
3 Desember Elize Steyn, eggenoot van Nelius (Wonderboom)

Hospitaal
Derick du Toit van Villieria is ernstig siek in die hospitaal.
Bewegings
Bevestig
Charlotte Sibanyoni-Mahlangu is op 23 November as gekoppelde leraar by Universiteitsoord Gemeente, bevestig. Sy was voorheen tentmakerleraar.
Afskeid
Tienie Bosman van Stellastraat Gemeente se afskeid vind op 30 November plaas. Hy het vroeër reeds geëmeriteer en was op 'n kontrakbasis by die gemeente betrokke. Hy en Ina gaan hul in Pretoria vestig.
Preekgeleenthede
Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesigheid is. Die opdateerde lys is hier beskikbaar.

Gemeentenuus
Stigtingsdatums
As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].
1 Desember 1997 Florauna

Projekte
Wespoort Gemeente bestuur tans twee projekte waarvoor hul lesers se ondersteuning vra. Vir meer inligting oor die projekte en hoe lesers betrokke kan raak, lees hier.
Florauna Gemeente beplan vakansieprogramme vir behoeftige kinders gedurende die vakansieperiode. Vir meer inligting oor hierdie programme lees hier.

Aktiwiteite
As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskil lesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.
Die volgende aktiwiteite word beplan in gemeentes van die sinode.
Riviera-Jakaranda
Toerusting
Opleiding van Opleiers: Dissipels maak Dissipels
Dissipels maak Dissipels is ‘n uitnodiging tot die lewe wat in Jesus Christus is.
'n Kursus wat deur Malan Nel saamgestel is bou op ‘n inleiding oor die kritieke belang van die herstel van die gemeente van Christus tot ‘n geloofsgemeenskap waar elke lidmaat ‘n dissipel van Christus is wat dissipels maak. Jy word hiermee uitgenooi na ‘n werkswinkel op 26 tot 28 Januarie 2026, waar opleiers (leraars en lidmate wat hulle leraar vergesel) opgelei word om die kursus plaaslik aan te bied.
Vir meer besonderhede oor die werkswinkel en hoe om te registreer, lees hier.
Ander opleidingsgeleenthede
Besoek gerus Excelsus se webwerf vir inligting oor kursusse wat reeds vir 2026 beplan is - Leergeleenthede - Excelsus.

Vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].
Riveria-Jakaranda
’n Leraarspos is beskikbaar in die gemeente. Vir meer inligting oor die posisie, kliek op hierdie skakel.
Sluitingsdatum: 1 Desember 2025
Waverley
'n Kosterpos is beskikbaar in die gemeente met ingang 1 Maart 2026. Vir meer inligting oor die posisie, lees hier.
Sluitingsdatum: 11 Desember 2025
Krokodilrivier Gemeente (Brits)
'n Vakature vir 'n orrelis / Clavinova-begeleier bestaan in Krokodilrivier Gemeente te Brits. Vir meer besonderhede, lees hier.
Sluitingsdatum: 31 Januarie 2026
Stad-op-die-Berg (Louis Trichardt)
'n Mede-leraarspos is beskikbaar in die gemeente. Besonderhede oor die posisie is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 26 Februarie 2026
Hoofuitvoerende Beampte: Bybelgenootskap
Lees hier vir meer besonderhede oor die vakature.
Ander
Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

Ander Nuus

Jaarboek 2026
Die 2026 jaarboek is beskikbaar by Bybelmedia. Gebruik hierdie vorm om dit te bestel of bestel dit aanlyn hier - Jaarboek 2026 - Bybel-Media.
Die Jaarboek 2026 is ook as 'n gebruikersvriendelike digitale weergawe beskikbaar. Kry met 'n subskripsie toegang tot die e-Jaarboek per hierdie skakel Home - Missio.
Uitnodiging
Inligting van gemeentegebeure, projekte, stories van hoop en getuienisse van God se liefde, word steeds verwelkom. Stuur dit aan [email protected].
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
