Diensorganisasies - Residensiële Kindersorg

SINODENUUS
Diensorganisasies - Residensiële Kindersorg
In 3 kinder- en jeugsorgsentrums word 431 sorgbehoewende kinders per jaar versorg. Hierdie sentrums lewer ʼn holistiese opvoedingsdiens aan kinders wat om die een of ander rede die sorg van hul biologiese ouers verloor het. Al die ondergenoemde kinderhuise funksioneer met afsonderlike huise op ʼn groter terrein waar die huismoeder (en vader) binne ʼn huisgesinsverband die kinders versorg en in hul ontwikkeling begelei.
Jakaranda Kinderhuis
Jakaranda Kinderhuis is ʼn residensiële fasiliteit in Pretoria Derdepoort waar 167 kinders versorg word. Vir meer inligting oor die kinderhuis en hul aktiwiteite en projekte, besoek gerus hul webwerf.
Jakaranda Kinderhuis - Because We Care
Louis Botha Kinderhuis
Hierdie Kinderhuis is in Pretoria Queenswood geleë en versorg 94 kinders. Die Kinderhuis word gesamentlik deur die bestuurspan van Jakaranda bestuur en het dieselfde beheerraadslede. Louis Botha is deel van Jakaranda se fondsinsamelingspogings en funksioneer op dieselfde basis. Vir meer inligting oor Louis Botha Kinderhuis, besoek hul webwerf.
Louis Botha Kinderhuis - Because We Care
Abraham Kriel Kinderhuis – Nylstroom (Modimolle)
Abraham Kriel is een van die min kinderhuise in Limpopo Provinsie wat hoë vlak van versorging aanbied. Hier word 170 kinders versorg. Meer inligting oor die kinderhuis is beskikbaar op hul webwerf.
