
6 November 2026

Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
Varsnuus

Onthou-dae in November
10 November, Mediese Skema aanlyninligtingsessie
10 November, Martin Luther is op hierdie dag in 1483 gebore.
15 November, Biddag vir beskermingsdienste
18 November, Mediese Skema aanlyninligtingsessie
20 November, Wêrelddag vir kinders
22 November, Christus die koning Sondag
24 November, Moderatuurvergadering
25 November tot 10 Desember, 16-dae teen geslagsgebaseerde geweld
29 November, 1ste Advent Sondag
Bybel-Media aanbiedings
Bybel-Media deel die volgende inligting met lesers.
Kategese maklik gemaak vir 2027
Nooi jongmense in by julle geloofsfamilie en ondersteun hulle op hulle geloofsreis met Bybel-Media se unieke kategesemateriaal. Ons het kategesemateriaal vir elke ouderdomsfase ontwikkel om jongmense op die heel beste manier te help om nader aan die Here te groei en as dissipels in die wêreld te gaan leef. Kliek hier vir toegang na die kategese-katalogus-2027.

Bestel jou Jaarboek 2027
Bestel voor 30 November 2026 en betaal slegs R399. Die Jaarboek 2027 bevat omvattende sinodale, rings-, gemeente- en predikante-inligting van die NG Kerk, NG Kerk in Afrika, Reformed Church in Africa en familiekerke. Kliek hier vir die bestelvorm of bestel per e-pos by [email protected].
Goeie nuus! Die eJaarboek is 'n gebruikersvriendelike digitale weergawe wat deulopend opgedateer word. Kry met 'n jaarlikse subskripsie toegang op https://missio.org.za/product/ejaarboek/

Sinodenuus

Bespreek nou 'n kampterrein vir 2027
Magaliesbergkampterrein
Vir meer besonderhede skakel met [email protected]
Badseloopkampterrein
Skakel met [email protected] vir meer besonderhede.
Eerstejaarskamp
Universiteitsoord skryf: "Ons deel graag ons opgewondenheid met gemeentes regoor die land oor die eerstejaarskamp, omdat ons glo elke eerstejaar wat Pretoria toe kom, hierdie kamp moet ervaar!
Die Eerstejaarskamp is nie net ’n plek waar nuwe vriendskappe gevorm word nie, maar waar jy ook onvergeetlike herinneringe gaan maak en mede-eerstejaars ontmoet wat saam met jou hierdie nuwe hoofstuk van jou lewe gaan aanpak.
As julle enige eerstejaar ken wat volgende jaar in Pretoria gaan studeer (dit sluit alle instansies in), dan wil ons julle vra om asseblief hierdie inligting met hulle te deel:
👉 Inskrywings en meer inligting: https://www.universiteitsoord.co.za/eerstejaarskamp
Dokumente
• 📱 Elektroniese plakkaat (A3) – vir die nuusbord en afkondigingsborde
• 📲 Skyfie vir afkondigings in die kerk
• 📲 Deel ook gerus op julle sosiale media: Hou gerus ons Instagram (@unioord) en Facebook (https://www.facebook.com/universiteitsoordEJK) dop en deel dit op julle “stories” en “timeline”."
Kyk hier vir meer inligting.
Sinodesitting 2026
Voorleggings, aanbiedings en inligtingstukke
Die voorleggings, aanbiedings en notas wat deur die onderskeie sprekers beskikbaar gestel is, na die sinodesitting, is hier beskikbaar. Ons onderneem om dit deurlopend op te dateer en die skakel tot en met die laaste 2026-uitgawe van die Verskil in te sluit. Daarna sal dit op die sinode se webwerf beskikbaar wees.
Ons het navrae ontvang oor die dokumentasie en materiaal wat beskikbaar is oor klein gemeentebediening en/of plattelandse gemeentebedienings asook vroeë kinderontwikkeling. Ons sluit dit in.
Klein gemeentebediening
Taakspan Kleingemeentes Verslag
Wanneer klein gemeentes diep spore begin trap (Francois Retief, Oostelike Sinode)
Vroeë kinderontwikkeling
Verslae, video-opnames en meer.
Indien daar enige addisionele inligting voortspruitend uit die sinodesitting is wat jul benodig, laat weet ons by [email protected].
Sinodesitting 2026
Kolleganuus

Verjaarsdae
As jy of jou eggenoot gedurende die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.
Leraars
6 November Paullet Grobler (Pierneef)
11 November Nicolene Herbst (Kapelaan)
Emeriti
7 November Ernst Muller
11 November Marius Hunter
12 November Nico Behr
12 November Theuns Kriek
Eggenote
7 November Ilse Meyer, eggenoot van Tjaart (Kremetart)
8 November Erika Lemmer, eggenoot van Louis (Magalieskruin)
9 November Angelique Jordaan, eggenoot van Pieter (Rustenburg-Bergsig)
12 November Hannelie Kriek, eggenoot van Theuns (Emeritus)

Beroep
Marike de la Rey (Proponent) is beroep na Soutpansberg Gemeente (Louis Trichardt).

2027-Mediese fonds veranderinge
Inligtingsessies
Alex Forbes en Bestmed bied vanjaar twee aanlyn inligtingsessies aan waartydens hul die voordeelwysigings vir volgende jaar sal verduidelik. Lede en afhanklikes is welkom om enige van die twee sessies by te woon.
Individuele afsprake
Sou jy dit oorweeg om van opsie te verander, kan jy met Elrene Marais 'n afspraak maak. Om 'n afspraak te maak, gebruik hierdie skakel:
Click Here to book a virtual one-on-one help desk session with Elrene Marais
Jy kan ook aan haar 'n epos stuur by [email protected]

Gemeentenuus

Stigtingsdatums
As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].
7 November 1972 Levubu
12 November 1976 Haakdoorn
13 November 1943 Koedoesrand
Aktiwiteite
As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.
Florandia

Universiteitsoord
HERINWYDINGSKONSERT III - Orreliste rondom Universiteitsoord
Universiteitsoord skryf: "Die feesvieringe rondom NG Universiteitsoord se gerestoureerde pyporrel duur voort!
U word vriendelik uitgenooi na die derde herinwydingskonsert, waartydens ses kerkorreliste op die orrel gaan speel. Hierdie orreliste is almal aktief betrokke by kerkmusiek en beklee orrelposte in die gemeentes van NG Pretoria-Oos en Suidoos-Pretoria, die Ou Apostoliese Kerk, Gereformeerde Kerke Meyerspark en Wapadrant, asook Nederduits Hervormde Kerk Pretoria-Oos en Wapadrant.
Die program bied iets vir almal en sluit in musiek van Bach en die Frans-Romantiese orreltradisie - wat só goed op ons orrel klink. U sal ook verwerkings van geliefde kerkliedere, komposisies wat deur die orreliste self gekomponeer is en Liszt se beroemde Hongaarse Rapsodie nr. 2 op ons orrel kan beleef.
Kom vier saam met ons die laaste herinwydingskonsert van ons orrel en die voortbestaan van hierdie kosbare instrument en sy musiek."
8 November, 11:00, NG Universiteitsoord
Toegang: donasie
Met: Jaco Prinsloo, Pieter van den Berg, Pierre Cronjé, Maricus le Grange, Stephan Geyer, Leon Greyling

Raslouw

Montana

Omgeenuus

KinderKersKous: Gee ’n kind die geskenk van ’n Bybelstorie
Bybel-Media skryf: "Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun..."
Só kan jy help:
Skenk ’n BybelBouBlok van R200. Elke donasie maak dit vir Bybel-Media moontlik om meer mini-Bybelboekies uit te deel. Elke R1000 betaal vir die druk en versprei van ’n volledige Kinderbybel. Kliek HIER om meer uit te vind.
Maak ’n direkte inbetaling:
Bankbesonderhede: Bybel-Media, ABSA Bank
Rekeningnommer: 405 118 1699, Takkode: 632005
Van ’n wens op ’n lysie tot ’n geskenk onder die boom
CMR-Noord herinner lesers aan hul kerstydprojek.


9 - 11 November, Dissipelskap

13 November, Generasie Alpha en geloof (aanlyn VBO)

Kom gesels saam oor Generasie Alpha en onlangse navorsing deur die Fuller Youth Institute. Hierdie aanlyn gesprek oor tendense word deur Dink Jeug en VBO aangebied.
Ds. Fourie Rossouw: Die Alpha en die OMG
Dr. Lieschen Venter: Media, youth culture & Gen Alpha
Ds. Anriëtte de Ridder en ds. Johan Botes: Gen Alpha in die lig van Fuller Youth Institute, Kerkspieël en die NG Kerk
Datum: Vrydag 13 November 2026
Tyd: 10:00 – 13:00
Plek: Aanlyn (Zoom)
Koste: Gratis
16 - 19 November, Brugbediening

16 - 18 November, Gemeentediagnose (Pretoria)

Geloofsreis met Jesus 2027–2029

’n Drie jaar lange reis, met twee retraites per jaar.
Predikante, herontdek Jesus en sy koninkryksevangelie saam met ander predikante. Oor drie jaar (2027–2029) vorm twee vierdaagse retraites per jaar een voortgaande geloofsvormingsproses, met ruimte vir stilte, nadenke en eerlike gesprek.
Ds. Gys van Schoor (Sentrum vir Geloofsvorming) begelei ons. Excelsus bied dit aan saam met die Hoëveld- en Goudland-sinodes.
Die eerste jaar, 2027:
📅 15–18 Februarie én 15–18 November 2027
📍 Shammah, Noordwes (in persoon)
💰 R4 000 vir albei retraites in 2027
🎓 60 VBO-punte vir albei
⏳ Sluitingsdatum: 4 Februarie 2027
Ander
Besoek gerus Excelsus se webwerf vir besonderhede oor toerustingsgeleenthede.

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].
Kremetart Gemeente (Polokwane)
Die gemeente het 'n vakature vir 'n voltydse leraar beskikbaar. Volledige besonderhede is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 31 Januarie 2027
Ander
Besoek die Kerkbode vir inligting oor vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures
Ander Nuus

KerkApp - Vormingspad Plus verbind Sondag se erediens met geloofsvorming by die huis
Pieter Visser (Wierdapark Gemeente) skryf as volg: "Wat as die Sondagpreek, kinderkerk, kategese en geloofsgesprekke by die huis elke week by dieselfde Bybelgedeelte aansluit?
Dit is die moontlikheid wat Vormingspad Plus, 'n nuwe uitbreiding van die Suid-Afrikaans ontwikkelde KerkApp-platform, vir gemeentes bied.
Ons het op 5 November 2026 die KerkApp-platform tydens 'n aanlyn demonstrasie aan predikante en gemeentepersoneel bekendgestel.
KerkApp is ontwikkel om die daaglikse administratiewe werk van gemeentes te vereenvoudig. Dit sluit onder meer lidmaatbestuur, pastorale opvolg, lokaalbesprekings, gemeentegeleenthede en spanwerk in.
Die jongste uitbreiding, Vormingspad Plus, fokus egter op 'n ander belangrike deel van gemeentebediening: geloofsvorming oor generasies heen.
Een Skrifgedeelte, 'n gesprek vir die hele gemeente.
Met Vormingspad Plus kan gemeentes hulle eie predikant se eksegese en preekvoorbereiding as vertrekpunt gebruik om geloofsvormingsmateriaal vir verskillende ouderdomsgroepe saam te stel.
Kunsmatige intelligensie (KI) ondersteun die proses om onder meer kategeselesse, kinderkerklesse, graadoordenkings, Bybelstudies en tuisgeloofmateriaal te ontwikkel.
Die predikant beoordeel en redigeer die materiaal voordat dit gepubliseer word. Die gemeente behou dus verantwoordelikheid vir die teologiese inhoud, terwyl die tegnologie die administratiewe werk rondom die samestelling en verspreiding daarvan vereenvoudig.
Dit skep die moontlikheid dat kinders, tieners, ouers en grootouers gedurende dieselfde week met dieselfde Skrifgedeelte besig kan wees, elkeen op 'n manier wat by hulle ouderdom en lewensfase pas.
Wat Sondag in die erediens verkondig word, kan só deel word van gesprekke in kategeseklasse, Bybelstudiegroepe en gesinne se huise.
Meer as net die skep van lesmateriaal.
Vormingspad is ook 'n digitale platform waar kinders en gesinne toegang tot hulle weeklikse materiaal kry, interaktiewe vrae kan beantwoord en aan geloofsvormingsaktiwiteite kan deelneem.
Kategete en gemeenteleiers kan die materiaal ontvang, groepe begelei en deelname opvolg.
Die doel is om nie net inhoud te versprei nie, maar om 'n deurlopende geloofsgesprek tussen die erediens, gemeente en huisgesin moontlik te maak.
Goeie teologie bly die vertrekpunt.
Die bedoeling is nie om deeglike preekvoorbereiding met vinnig gegenereerde KI-inhoud te vervang nie. Die predikant bly verantwoordelik vir die eksegese en teologiese gehalte. Ons wil eerder die administratiewe las verminder sodat daar meer tyd vir pastorale sorg, verhoudings en die ander dele van gemeentebediening beskikbaar is.
Vormingspad Plus sluit ook drie vlakke van KI-ondersteunde eksegetiese navorsing in, van 'n kort preekoriëntasie tot 'n uitgebreide eksegetiese studie. Hierdie dokumente dien as hulpmiddels vir die predikant se eie navorsing en kritiese beoordeling.
Predikante word nou genooi om die gehalte self te beoordeel.
Ek het Psalm 78, die Skrifgedeelte waaroor ek op Sondag 8 November preek, gebruik om die nuwe funksionaliteit te demonstreer.
Drie verskillende eksegetiese dokumente oor Psalm 78 is gratis beskikbaar om af te laai en te vergelyk. Voorbeelde van kategese-, kinderkerk- en tuisgeloofmateriaal wat vanuit dieselfde Skrifgedeelte saamgestel is, is ook beskikbaar. Predikante en ander belangstellendes word uitgenooi om die dokumente self te beoordeel en terugvoer te gee.
Laai die gratis voorbeeldmateriaal hier af:
https://www.kerkapp.co.za/sinode
Kyk die volledige KerkApp- en Vormingspad Plus-demonstrasie:
Meer inligting oor die platform is beskikbaar by https://www.kerkapp.co.za.
Die uitgangspunt agter KerkApp bly eenvoudig: Minder admin. Meer bediening."
Preekgeleenthede
Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Laai die opdateerde lys hier af.
Dateer jou inligting op
Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.
Dateer jou besonderhede hier op.
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

