
19 Junie 2026

19 Junie 2026
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
Varsnuus

Verbeterde 2027-Jaarboekproses
Danksy Bybel-Media is die proses wat gemeentes vanjaar moet volg om hul Jaarboekinligting te wysig, minder omslagtig en meer gebruiksvriendelik. Ons voorsien ook dat dit meer effektief sal wees en die finale inligting van beter kwaliteit sal wees as met die "ou" proses.
Die proses wat vanjaar sal geld vir alle gemeentes is hier uiteengesit.

Sinodenuus

24 Junie om 09:00, SDR-vergadering
Afgevaardiges word daaraan herinner dat die laaste SDR-vergadering van die termyn op Woensdag, 24 Junie om 09:00 by Lynnwood Gemeente gehou word.
PredikanteSAAMkoms
Diegene wat vir die PredikanteSAAMkoms geregistreer het kan nou hul sessies kies en hul eie program vir die week saamstel. Gebruik hierdie skakel om jou sessies te kies - https://ngkerk.org.za/programme/
Survivor kamp (Graad 8 tot 10), 29 Junie tot 3 Julie.
Hierdie jaarlikse kamp is gerig op alle jongmense van graad 8 tot 10 en word weer by Badseloopkampterrein gehou gedurende die winter skoolvakansie (29 Junie tot 3 Julie).
Die Ringsjeugkommissie van Pietpotgietersrus rig 'n uitnodiging aan alle gemeentes, lees dit hier.
Stel jy belang om as personeel aan die kamp deel te neem, lees dan hier.
Die inskrywingsvorm vir die kamp is hier beskikbaar.
Gemeentes word versoek om asseblief die verskillende korrespondensie en die vorms met jongmense te deel.

Kolleganuus

Verjaarsdae
As jy of jou eggenoot die komende week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.
Leraars
20 Junie Charl Bredell (Waterberg)
21 Junie Driaan Britz (Rustenburg-Suid)
24 Junie Pieter de Wet (Haakdoorn)
Eggenoot
21 Junie Pieter Erasmus, eggenoot van Jeanri (demissie)
Hartseer
Fanie Cronjé (Lynnwood) en Rehan Rheeder (Sinodehuis) se moeders is beide onlangs oorlede.
Beroepe
Leoni Johnson van die Gemeente Haakdoorn is as Tentmaker na die Gemeente Waverley beroep.

Surina van den Berg (demissie) is as deeltydse Leraar na die Gemeente Villieria beroep.
Gemeentenuus

As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].
20 Junie 1928 Dalunie
23 Junie 1950 Booysen
24 Junie 1944 Sanddrift
24 Junie 1950 Wonderboompoort
25 Junie 1980 Ellisras-Wes
Projekte
Florauna

Aktiwiteite
As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.
Thabazimbi

Overkruin

Raslouw

Kameeldrif

Pretoria-Tuine

Hartbeespoort

Omgeenuus

In Piekadillie kom spéél die Piekers

Huis Piek skryf: "Picadilly Circus is een van Londen se spilpunte. Spioene kry mekaar glo by die fontein, die stad se inwoners se kuiers begin dikwels daar en toeriste kom vergaap hulle. In Piekadillie kom spéél die Piekers. Hierdie vertrek is Huis Piek se eie Germistonstasie, voorheen ’n half verlore ruimte tussen die hysbak en haarsalon op die benede-grondvloer. Deesdae is dit ’n plek waar huisgenote mekaar raakloop en spontaan ’n legkaart kom bou, ’n prent kom versier of aan ’n knipselboek werk."
Lees die volledige artikel oor "Piekadillie" hier.

Toerusting

Leergeleenthede in Junie
Excelsus skryf: "Dit is vir ons ’n voorreg om hande te vat met eKerk vir die digitale leergeleentheid "Leef om te inspireer" op 24 Junie. Die gesprekke hierdie oggend fokus op die soort leierskap wat mense help om hoop, verbeelding en nuwe moontlikhede raak te sien."
Gratis digitale geleentheid aangebied deur e-kerk.

Vir meer besonderhede lees hier.
Verfyn jou vaardighede
Predikante word uitgenooi na vanjaar se Slypskool by die Andrew Murray Sentrum in Wellington van 28-30 Julie 2026. Die fokus val op die jongste Kerkspieël-navorsing en wat dit oor gemeentes, groei, demografiese skuiwe, finansies en gemeenskapsbetrokkenheid verklap. Saam met die navorsingspan kry deelnemers kans om die data te verstaan, vrae te vra en stories daaroor vir lidmate en Kerkbode-lesers te skryf. RSVP voor 17 Julie by Riata Nel: [email protected].

Ander
Besoek gerus Excelsus se webwerf vir meer besonderhede oor ander toerustingsgeleenthede.

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].
Rustenburg-Suid Gemeente
'n Vakature vir voltydse Leraar is in die gemeente beskikbaar. Vir meer besonderhede lees hier.
Sluitingsdatum: 12 Julie 2026
Môregloed Gemeente (Pretoria)
'n Vakature vir 'n vastetermyn Leraar is in die gemeente beskikbaar. Volledige inligting is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 17 Julie 2026
Ander
Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor ander vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures
Ander Nuus

Preekgeleenthede
Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Laai die opdateerde lys hier af.
Dateer jou inligting op
Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.
Dateer jou besonderhede hier op.
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

