Learning Community
Woensdag, 24 Junie 2026, 10:00 - 12:30

Wat beteken dit om só te leef en te lei dat ander mense moed kry, nuwe moontlikhede raaksien en self begin groei? In hierdie Digitale Learning Community dink ons saam oor inspirerende leierskap wat nie net op groot oomblikke staatmaak nie, maar in gewone geloof, integriteit, verbeelding, deelname en menslikheid gestalte kry. Ons gesels oor leierskap wat mense help sien, beweeg en word: mense wat die wêreld rondom hulle anders leer bewoon omdat iemand hulle op ’n dieper manier geïnspireer het.
Ons tema vir die dag is: "Leef om te inspireer"
Ons program en sprekers sluit in:
10:00 – 10:30: Inspirerende leiers tap self uit die Bron van inspirasie. Prof Stephan Joubert
10:30 – 11:00: Doodgewone integriteit as die hart van buitengewone inspirasie. Ds Michelle van Tonder
11:00 – 11:30: Seldsame leiers inspireer wanneer hulle saam deel word van ongewone oplossings. Dr Johan Beukes
11:30 – 12:00: Inspireer, beweeg, word: Paulus se pad van leierskap in die Gees. Dr Pierre Engelbrecht
12:00 - 12:30: Leiers in die gewone: om te speel en lag. Dr Tom Smith
Skakel en besonderhede vir die regstreekse Learning Community sal per e-pos gestuur word nader aan die datum. (Neem asb kennis, indien jy nie die e-pos gekry het met die skakels in nie, maar jy het geregistreer, kyk asb in jou spam of gemorspos.)
In samewerking met Excelsus sal hierdie leergeleentheid 5 VBO-punte toeken. Indien jy vir VBO-punte kwalifiseer, sal Excelsus dit ná afloop aan jou aanlyn profiel koppel. (VBO punte is slegs beskikbaar indien daar regstreeks saam gekyk word, 24 Junie van 10:00 - 12:30.)
Ons sien uit daarna om saam met jou te leer, dink en droom oor hoe die kerk van vandag sinvol op die digitale speelveld kan beweeg.
Koste: GRATIS
