omsend

2027-Jaarboekproses vir gemeentes

June 18, 20262 min read
Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT

Verbeterde 2027-Jaarboekproses

Danksy Bybel-Media is die proses wat gemeentes vanjaar moet volg om hul Jaarboekinligting te wysig, minder omslagtig en meer gemeentevriendelik. Ons voorsien ook dat dit meer effektief sal wees en die finale inligting van beter kwaliteit sal wees as met die "ou" proses.

Gemeentes en ringe is bewus daarvan dat buiten die gedrukte weergawe van die Jaarboek, intekenaars ook die keuse gehad het om te registreer vir 'n aanlynweergawe (webwerf) wat voorsiening maak vir deurlopende wysigings en/of regstellings.

Dit is dan ook die proses wat gemeentes vanjaar moet volg om 2027 se Jaarboekinligting te wysig en op te dateer. Ten einde dit betyds af te handel (sodat die finale dokumentweergawes wat ons ontvang korrek is) moet hierdie aanlynproses afgehandel wees teen 15 Julie 2026.

Bybel-Media het die vergunning gemaak dat alle gemeentes vir 'n beperkte periode toegang tot hierdie aanlynweergawe van die Jaarboek verkry en dit is dus vir almal moontlik om wysigings aanlyn aan te bring en inligting op te dateer.

Volgens Bybel-Media het hul (gedurende die 13de tot 15de Mei) aan alle gemeentes/skribas in die Noordelike Sinode 'n epos gestuur en aan jul 'n skakel en kode gestuur om toegang tot hierdie aanlynweergawe van die Jaarboek te hê. Jul was gevra om die inligting na te gaan en jul wysigings dan op die stelsel aan te bring, te laat goedkeur en dan in te dien.

Sou jul gemeente nie hierdie epos ontvang het nie, moet jul 'n epos aan Adele Lombaard by [email protected] stuur en vra vir die skakel en kode wat jul toegang tot die inligting sal gee. Elke gemeente ontvang 'n unieke kode daarom kan die sinode dit nie namens jul ontvang en deurgee nie.

Ons herinner jul daaraan dat alle gemeentes se inligting slegs op hierdie wyse opdateer kan word en dat dit reeds voor of teen 15 Julie 2026 gedoen moet word.

Gemeentes is welkom om navrae (buiten die versoek om die skakel en kode te ontvang wat aan Adele gestuur moet word) aan [email protected] te rig.

Stappe:

  • Kyk of jul die epos van Bybel-Media (gedateer 13 tot 15 Mei) ontvang het.

  • Indien wel, gebruik die skakel en kode om toegang tot die aanlynweergawe van die Jaarboek te kry.

  • Indien nie, stuur ’n epos aan [email protected] en vra die skakel asook kode vir jul gemeente aan. Sodra jul dit ontvang het, gebruik dit om toegang tot die inligting te kry.

  • Wysig jul inligting.

  • Laat dit goedkeur deur die gemeenteleraar.

  • Dien via die stelsel in.

  • Bevestig met Elmarie sodra proses voltooi is ([email protected]).

Die prosesse wat ringe en diensorganisasies vanjaar moet volg sal direk aan die ringskribas en kontakpersone van die instansies gekommunikeer word.

Back to Blog