
6 Februarie 2026
Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud.
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
Varsnuus
Biddag vir opvoeding en onderwys
Gemeentes word genooi om op 8 Februarie voorbidding te doen vir die onderwys en opvoeding. Sommige gemeentes reik die dag uit na opvoedkundige instansies en hulle personeel. Ander het die gebruik om op ‘n besondere wyse aandag te gee aan onderwysers en dosente in hulle gemeentes. Dit is ‘n besondere geleentheid om die fokus op die belangrikheid van die onderwys te laat val.
Waarvoor kan voorbidding gedoen word? Die Algemene Sinode het 'n paar aspekte uitgesonder waarvoor voorbidding gedoen kan word. Lees dit hier.

Meer oor die bek-en-klouseer epidemie
Ons het in verlede week se Verskil lesers gevra om vir gemeenskappe wat deur hierdie krisis geraak word, voorbidding te doen. Sedertdien het Maroela Media 'n omvattende artikel gepubliseer wat die situasie treffend uiteensit en 'n beter beskrywing van die knelpunte lewer. Lees die artikel hier.

Sinodenuus

Belangrike datums in 2026
'n Opsomming van die mees belangrike datums vir vanjaar is op die sinode se webwerf beskikbaar. Hierdie datums en besonderhede oor registrasie, koste en diesmeer oor die geleenthede, word deurlopend op die webwerf bygewerk. Gebruik hierdie skakel en dateer jou dagboek op.

Nuwe pensioenfondsbydraes, tariewe en premies
Gemeentes word herinner om die omsendskrywe oor die nuwe pensioenfondsbydraes, wat sal geld vanaf Maart 2026, met hul personeel te deel. Diegene wat nie toegang tot elektroniese pos het nie, moet uitdrukke daarvan ontvang en die inhoud moet aan hul verduidelik word. Die omsendskrywe is ook op die sinode se webwerf beskikbaar onder die hofie Personeelsake, Pensioenfonds.
Lees die eerste omsendskrywe van 2026, hier.
Pensioenfonds Omsendskrywe 1 van 2026
Pension Fund Circular 1 of 2026
Voorkeur mediese skema
Die voorkeur mediese skema vir alle werknemers en werkgewers in die Noordelike Sinode is Bestmed Mediese Skema. Nuwe aanstellings in gemeentes moet binne 60 dae nadat hul diens aanvaar het, by die skema aansluit ten einde nie onderskryf te word nie. Die afgelope paar weke het 'n aantal nuwe leraars en amptenare diens in die sinode aanvaar. As jy een van hierdie nuwe aanstellings is, en jy behoort nie reeds aan Bestmed nie, is dit belangrik dat jy so gou moontlik by die skema aansluit. Diegene wat as afhanklike op hul eggenotes se mediese skema geregistreer is, word van hierdie vereiste vrygestel. Die sinode het Alexforbes aangestel as tussenganger om objektiewe advies aan jou te gee oor watter Bestmed opsie die beste aan jou behoeftes sal voldoen. Skakel met een van die konsultante, Elrene Marais by [email protected] of Chantell Mokoteli by [email protected], om 'n afspraak te maak sodat jy sou gou moontlik 'n opsie kan kies en as lid kan registreer. Meer inligting oor Bestmed en Alexforbes is op die sinode se webwerf beskikbaar, onder die hofie Personeelsake, Medies.

Fasiliteerders vir In Pas
Die In Pas beweging vestig leergemeenskappe in die sinodes wat gemeentes help om praktyke en gewoontes in te oefen sodat ons roepingsgetrou kan leef.
Lourens Bosman, vroeër die Algemene Bestuurder van die Algemene Sinode skryf: “Tydens die Algemene Sinode van 2023 is die ontwikkeling van ’n missionale kultuur deur die gebruik van die publikasie In Pas, geïdentifiseer as een van die hoogste prioriteite. Om dit te doen, het die taakspan ‘n kursus vir fasiliteerders onwikkel. Dit is in 2025 vir die eerste keer aangebied. ’n Volgende opleidingsgeleentheid vind van 24 tot 26 Maart te eMseni aan die Oos-Rand plaas.”
Predikante, en lidmate wat graag as fasiliteerders opgelei wil word, moet asb. so gou moontlik vir Elmarie Jooste 082 496 6317 / [email protected] of vir Paul Grobler 082 653 5734 / [email protected] kontak. Navrae kan ook hulle gerig word. Die koste van die opleiding word deur die Sinode betaal.

Kolleganuus

Verjaarsdae
As jy of jou eggenoot die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.
Leraars
7 Februarie Carl Schunke (Demissie)
13 Februarie Johan van As (Wonderboom-Suid)
13 Februarie Piet Fourie (Sanddrift)
Emeriti
8 Februarie Jan Bisschoff
Eggenote
9 Februarie, Suretha van Breda, eggenote van Erick (Florauna)
10 Februarie, Marianne de Wet, eggenote van Johan (Emeritus)
14 Februarie, Lieze Meiring, eggenote van Arno (Universiteitsoord)

Preekgeleenthede
Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Die opdateerde lys is hier beskikbaar.

Leef Gesond!
Ons gaan voortaan in elke week se Verskil inligting plaas oor gesonde leefstyl. Onder hierdie tema sal onder andere nuus oor die leefstylprogram van Bestmed, Tempo, en ander inligting wat lesers kan help om gesonder te lewe, gedeel word.
Benut jou Tempo voordele!
Alle geregistreerde afhanklikes van Bestmed (16 jaar en ouer) kwalifiseer vir addisionele voordele (wat nie uit jou spaarrekening betaal word nie) soos byvoorbeeld konsultasies by 'n biokinetikus en dieetkundige, as deel van die Tempo program. Kyk na hierdie opname en maak gebruik van die dienste.

Kweek 'n gesonde leefstyl!
Om gesonde gewoontes te kweek of om van slegte gewoontes afstand te doen, is dikwels makliker gesê as gedoen. Kenners meen ons moet terugkeer na die basiese beginsels van gedragsverandering en dit daadwerklik toe pas ten einde suksesvol te wees. Ons deel die besonderhede van twee webwerwe wat hierdie basiese beginsels eenvoudig uiteensit. Maak 2026 die jaar wat jy jou lewe ten goede verander het.
Kweek gewoontes vir 'n gesonde leefstyl.

Gemeentenuus
Stigtingsdatums
As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].
Chinhoyi 11 Februarie 1948
Aktiwiteite
As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.
Lynnwood

The Reeds

Toerusting
Geroep, Gevorm en Gestuur
Die Algemene Kuratorium het in 2022 opdrag van die Algemene Sinode Moderamen ontvang om Kerklike Opleiding (voorheen Kerkeie Opleiding) te standaardiseer tussen die Seminaria by die vyf opleidingsentra wat by die kerk geakkrediteer is. As ’n eerste tree tot die standaardisering van Kerklike Opleiding gee die Algemene Kuratorium in 'n inligtingstuk verslag van die inhoud en ook metode van Kerklike Opleiding. Die titel van die inligtingstuk is betekenisvol: Geroep, Gevorm en Gestuur. Lees die inligtingstuk hier.

Excelsus
Excelsus se beplanning vir 2026 is op hul webwerf beskikbaar.
Jul word herinner aan twee van Excelsus se webinaargeleenthede wat binnekort plaasvind.

Registreer hier: https://forms.gle/uJYw3DJLA5Ga8Mij7
Meer inligting: https://www.excelsus.org/aanbiedings/inspirerende-leierskap/

Registreer hier: https://forms.gle/MChoRAdPSGKz8CF76
Meer inligting: https://www.excelsus.org/aanbiedings/praktiese-teologie-in-2026/
Vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].
Rustenburg-Moedergemeente
'n Leraarspos is beskikbaar in die gemeente. Besonderhede oor die posisie is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 15 Februarie 2026
Raslouw Gemeente (Centurion)
'n Kantoorassistentpos is beskikbaar in die gemeente. Besonderhede oor die posisie is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 21 Februarie 2026
Stad-op-die-Berg Gemeente (Louis Trichardt)
'n Mede-leraarspos is beskikbaar in die gemeente. Besonderhede oor die posisie is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 26 Februarie 2026
Môregloed Gemeente
'n Leraarspos is beskikbaar in die gemeente. Besonderhede oor die posisie en vergoeding is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 28 Februarie 2026
Bybelmedia (Wellington)
'n Bestuurderpos vir digitale produk- en besigheidsontwikkeling, is beskikbaar by Bybelmedia in Wellington. Besonderhede oor die pos en hoe om aansoek te doen, is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: Onbekend.
Ander
Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

Ander Nuus

Vakatures
Ons het 'n spesiale versoek vanaf Phalaborwa Gemeente ontvang om inligting oor 'n leraarspos wat in die gemeente beskikbaar is, met Verskillesers te deel.
Besonderhede oor die posisie is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 15 Februarie 2026
Spel jy reg?
Hoe ons spel wanneer ons met ander korrespondeer, hetsy per brief, epos of in 'n teksboodskap, dra by tot die indrukke wat ander van ons vorm. Almal van ons streef daarna om 'n professionele beeld na buite uit te dra, daarom is korrekte taalgebruik en spelling uiters belangrik.
Maroela Media deel tien woorde wat hul beskryf as die mees algemene spelfoute in Afrikaans. Kyk of jou spelling van die woorde reg is.

Dateer jou inligting op
Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.
Dateer jou besonderhede hier op.
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
