Varsnuus - Biddag vir Onderwys en Opvoeding

February 02, 20261 min read

Logo

VARS NUUS

8 Februarie 2026

Biddag vir Opvoeding en Onderwys

Die Algemene Sinode stel voor dat gemeentes tydens die geleentheid

  • bid dat die regering, die minister van Onderwys en die provinsiale onderwys-strukture sal fokus om kwaliteit onderrig daar te stel en relevante oplossings vir huidige uitdagings sal vind.

  • bid dat daar regverdige en gelyke onderwys vir elke kind en student in elke gemeenskap sal wees en dat ons kreatiewe oplossings sal vind vir waar daar steeds groot agterstand en ongelykheid is.

  • bid vir die hele plaaslike gemeenskap se skole asook vir die beheerliggame en skoolhoofde.

  • bid dat meer ouers en lidmate hulself beskikbaar sal stel om hande te vat en diensbaar te wees by skole in- en buite hul gemeentegrense.

  • bid dat onderwysers en dosente met integriteit en met ʼn dienende houding sal werk.

  • dankie sê vir uitstekende opvoeders wat hulle roeping bekwaam uitleef.

  • bid vir ‘n rustige en veilige omgewing in skole, Technikons en Universiteite waar onderwysers en dosente hul roeping kan uitleef en waar kinders en studente hul op hul studies kan fokus.

  • bid vir die rol wat organisasies soos die SAOU en FEDSAS speel om gehalte onderwys te verseker.

  • bid vir die uitdagings wat kinders in skole beleef, soos boelie-gedrag, groepsdruk, bende aktiwiteite, drank en dwelm misbruik, tiener swangerskappe, mishandeling en geweld.

  • bid vir kinders wat swaarkry in die skoolsisteem hetsy weens depressie, alleenheid, honger, siekte of ouer-onbetrokkenheid.

  • bid vir leerders met gestremdhede en spesiale leerbehoeftes, en dat daar ook aan hulle behoeftes aandag geskenk sal word sodat hulle tot hulle volle potensiaal kan ontwikkel.

  • bid by name vir maatskaplike dienste of nie-winsgewende organisasies in jul plaaslike gemeenskap wat dienste aan die jeug lewer.

Back to Blog