
12 Desember 2025
Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud
Varsnuus
Kersfees 2026
Fanie Cronje, Assessor van die Noordelike Sinode, skryf:
Wanneer ons in hierdie Adventstyd nader beweeg na die viering van Christus se geboorte, word ons herinner aan die eenvoudige maar onderliggende waarheid wat deurlopende in ons nuusbrief Verskil beklemtoon is: God gebruik gewone mense en gemeentes om hoop te bring en ’n verskil te maak in die wêreld waar Hy ons geplaas het.
Die afgelope jaar of so, het ons saam geleer dat die kerk nie net ’n gebou of ’n vergadering is nie, maar ’n lewende liggaam wat in diens van Christus staan. Ons het gesien hoe gemeentes mekaar dra in tye van verlies, hoe jong en oud saamwerk aan projekte van werkskepping en gemeenskapsdiens, en hoe die Woord van God telkens nuwe lig in ons gebrokenheid bring. Hierdie getuienisse het die bladsye van Verskil gevul en ons herinner dat die Evangelie altyd prakties en konkreet word waar mense vanuit God se verbintenis met ons in Christus Jesus, mekaar dien.
Kersfees roep ons terug na die krip van Betlehem - ’n nederige plek waar God se groot liefde sigbaar geword het. In ’n wêreld wat dikwels deur onsekerheid, verdeeldheid en selfs wanhoop gekenmerk word, kom die boodskap van die engel steeds helder: “Moenie bang wees nie, kyk, ek bring vir julle ’n goeie boodskap van groot blydskap.” Hierdie blydskap is nie oppervlakkig nie; dit is die blydskap van die Here wat Immanuel is - God mét ons.
Mag hierdie Kersfees ons herinner dat hoop nie ’n vae ideaal is nie, maar ’n werklikheid wat ons elke dag kan leef. Wanneer ons saamkom in aanbidding, wanneer ons mekaar ondersteun in nood, en wanneer ons ons gawes gebruik om lig te bring in donker plekke, dan leef ons die boodskap van Kersfees uit.
Ons roeping as Noordelike Sinode bly dieselfde: om draers van hoop te wees, om ’n verskil te maak in ons gemeenskappe, en om die lig van Christus te laat skyn in elke hoek van ons land. Mag die vrede van Christus julle huise vul, mag sy liefde julle harte verwarm, en mag sy lig julle paaie verhelder.
Ek wens elke gemeente en elke lidmaat ’n geseënde Kersfees toe – vol vreugde, vol hoop, en vol die sekerheid dat die Here ons nooit begewe en ons nooit alleen laat nie. Mag 2026 ’n jaar wees waarin ons nog dieper ontdek hoe om saam in die Here se naam ’n verskil te maak.
Seën en vrede vir elkeen.

Gebed
Here Jesus Christus, U lig het in Betlehem gekom om ons donker wêreld te verhelder. Ons dank U vir die vrede en hoop wat U bring, vir die liefde wat sterker is as vrees, en vir die lig wat nooit uitgedoof kan word nie. Seën ons gemeentes en huise hierdie Kersfees, dat ons draers van U lig mag wees, en dat ons in elke daad van liefde en diens U teenwoordigheid sigbaar maak.
Amen.
Sinodenuus

Belangrike datums in 2026
'n Beplanningsessie vir Tienerbediening vind op 9 en 10 Januarie 2026 plaas. Skakel met Freddy by 0769307502 vir meer besonderhede.
Die volgende geleentheid vir Leraarsontginning vind van 9 tot 11 Maart 2026 in Pretoria plaas. Kontak die taakspanleiers, Paullet Grobler (076 841 1568) of Bennie Powell (082 305 4444), vir meer inligting.
As gevolg van die PredikanteSAAMkoms word daar geen Lentekonferensie in 2026 aangebied nie. Daar word egter 'n Kerk en samelewingskonferensie vanaf 17 tot 19 Maart by Stellastraat Gemeente gehou. Meer inligting hieroor sal later in die Verskil gedeel word.
Die datum vir aanstaande jaar se PredikanteSAAMkoms is gewysig, dit vind nou plaas vanaf 24 tot 28 Augustus om voorsiening te maak vir reistyd.
Die Sinodesitting is geskeduleer vir 18 tot 22 Oktober by Weesgerus.
Sinodehuis
Die Sinodehuis sluit vir die Kersseisoen op Vrydag, 12 Desember en open weer 5 Januarie 2026. Die Verskil van 12 Desember sal die laaste uitgawe vir 2025 wees en die eerste uitgawe vir 2026, geskied op 16 Januarie.

Kolleganuus

Verjaarsdae
As jy of jou eggenoot die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.
Leraars
18 Desember Freddie Prozesky (Pietersburg-Noord)
19 Desember Wynand van Beek (Pietersburg)
20 Desember Marina Van der Linde (Pretoria-Oos)
21 Desember Ernst Endres (Wonderpark)
26 Desember Nelis Botha (Wespoort)
31 Desember Theunis Coetzee (Wesmoot)
4 Januarie Koos Nel (Haakdoorn)
6 Januarie Sonet Dippenaar (Raslouw)
6 Januarie Bettie Wagner-Ferreira (Waverley)
10 Januarie Willem Pretorius (Kameeldrif)
13 Januarie Nico Haarhoff (Pretoria-Dowes)
Emeriti
18 Desember Anton Jordaan
23 Desember Johan Botha
25 Desember Wollie Wolhuter
26 Desember Jan Botha
27 Desember Emil Haarhoff
31 Desember Johan Crafford
1 Januarie Johan De Villiers
1 Januarie Snowy Swart
4 Januarie Terence Cooke
10 Januarie Awie Buitendag
14 Januarie Michiel van der Merwe
Eggenote
17 Desember Helena de Waal, eggenote van Eddie (Daspoort)
23 Desember Elna Kotze, eggenote van Hennie (Rustenburg-Moedergemeente)
23 Desember Erna Kritzinger, eggenote van Naude (Wonderboompoort)
29 Desember Ronel Steyn, eggenote van Rian (SA London)
10 Januarie Gerda Venter, eggenote van Louis (Pretoria-Oos)
16 Januarie Marlisa Burger, eggenote van Paulus (Pretoria-Oos)

Preekgeleenthede
Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesigheid is. Die opdateerde lys is hier beskikbaar.

Gemeentenuus
Stigtingsdatums
As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].
21 Desember 1946 Dendron
23 Desember 1954 Blouberg
8 Januarie 1917 Mutare: Zimbabwe
8 Januarie 1954 Rietfontein-Suid
13 Januarie 1990 Doornpoort
Projekte
Wespoort Gemeente bestuur tans twee projekte waarvoor hul lesers se ondersteuning vra. Vir meer inligting oor die projekte en hoe lesers betrokke kan raak, lees hier.
Florauna Gemeente se vakansieprogram vir behoeftige kinders gedurende die vakansieperiode, vind tans plaas. Van die aktiwiteite wat vir later die maand beplan word, benodig hul steeds ondersteuning. Vir meer besonderhede oor die beplande aktiwiteite en hoe jy betrokke kan raak, lees hier.
Aktiwiteite
As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskil lesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.
Universiteitsoord
Universiteitsoord nooi alle voornemende Eerstejaars uit na die 2026-Eerstejaarskamp 2026. Dit geskied vanaf 19 tot 23 Januarie 2026 en daar is nog tyd om in te skryf.
Belangrik om te weet is dat die kamp nie net vir Tukkies-studente nie, maar vir studente van enige tersiêre instansie in Pretoria.
Kyk gerus na hierdie spesiale en uiters persoonlike uitnodiging!

Besoek hul webwerf of Facebook blad vir meer inligting.
https://www.universiteitsoord.co.za/eerstejaarskamp
https://www.facebook.com/universiteitsoordEJK
Toerusting
Excelsus
Excelsus het inligting oor seminare en werkswinkels wat beplan is vir Januarie en Februarie 2026, reeds op hul webwerf bekendgestel. Vier van die sessies word hier gedeel. Besoek gerus die excelsus webwerf vir verdere besonderhede en vir ander werkswinkels of seminare vir aanstaande jaar.
Vrywilligersbestuur – Geloofsgroei eerder as goedkoop arbeid
Sluit aan vir ’n praktiese én teologiese dagseminaar saam met Dr. Wicus van der Merwe oor hoe gemeentes ’n gemotiveerde, gesonde en volhoubare vrywilligerskultuur kan bou — sonder uitbranding.

Registreer hier: https://forms.gle/Aqv9xwRgkF6aevWv9
Meer inligting: https://www.excelsus.org/aanbiedings/vrywillegers-in-die-kerk/
Vind God in die Gewone – Gemeente Werkswinkel
Sluit aan vir ’n praktiese halfdag-webinaar waarin ons wys hoe gemeentes ’n 40-dag reis kan aanbied wat preke, kleingroepe en jeugbediening geïntegreerd versterk.

Registreer hier: https://forms.gle/1LctxSZoUaDKkvg8A
Meer inligting: https://www.excelsus.org/aanbiedings/vind-god-in-die-gewone/
Wat beteken inspirerende leierskap in ’n wêreld vol kompleksiteit?
Sluit aan vir ’n insiggewende webinaar saam met Hermann du Plessis, Brand Pretorius en Jurie Schoeman. Ons verken waardegedrewe leierskap, karakter en kultuur — én gesels oor hulle invloedryke boeke Inspirende Leierskap en Lead with Intent. ’n Praktiese gesprek wat help om mense se volle potensiaal te ontsluit.

Registreer hier: https://forms.gle/uJYw3DJLA5Ga8Mij7
Meer inligting: https://www.excelsus.org/aanbiedings/inspirerende-leierskap/
Praktiese Teologie – Hoe’t ons gemaak? Hoe maak ons nou? Hoe kan ons vorentoe maak?
Sluit aan vir ’n ryk dag saam met vooraanstaande akademici en praktisyns oor geloofspraktyke, identiteit, gemeentes, prediking en pastorale versorging. ’n Belewenis vir enige leraar of gemeentelid wat die toekoms van bediening ernstig opneem.

Registreer hier: https://forms.gle/MChoRAdPSGKz8CF76
Meer inligting: https://www.excelsus.org/aanbiedings/praktiese-teologie-in-2026/

Vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].
Krokodilrivier Gemeente (Brits)
'n Vakature vir 'n orrelis / Clavinova-begeleier bestaan in Krokodilrivier Gemeente te Brits. Vir meer besonderhede, lees hier.
Sluitingsdatum: 31 Januarie 2026
Môregloed Gemeente
'n Leraarspos is beskikbaar in die gemeente. Besonderhede oor die posisie en vergoeding is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 31 Januarie 2026
Stad-op-die-Berg (Louis Trichardt) Gemeente
'n Mede-leraarspos is beskikbaar in die gemeente. Besonderhede oor die posisie is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 26 Februarie 2026
Hoofuitvoerende Beampte: Bybelgenootskap
Lees hier vir meer besonderhede oor die vakature.
Ander
Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

Ander Nuus

Jaarboek 2026
Die 2026 jaarboek is beskikbaar by Bybelmedia. Gebruik hierdie vorm om dit te bestel of bestel dit aanlyn hier - Jaarboek 2026 - Bybel-Media.
Die Jaarboek 2026 is ook as 'n gebruikersvriendelike digitale weergawe beskikbaar. Kry met 'n subskripsie toegang tot die e-Jaarboek per hierdie skakel Home - Missio.
Kerkjaarkalender 2026
Durbanville-Bergsig Gemeente skep elke jaar ‘n spesiale kerkjaarkalender wat hulle vir alle gemeentes beskikbaar stel. Pragtige illustrasies verduidelik die verloop van die kerkjaar van Advent tot Koninkrykstyd. Gee asseblief erkenning aan die gemeente indien jy die grafika gebruik - kliek hier - om dit af te laai.
Uitnodiging
Inligting van gemeentegebeure, projekte, stories van hoop en getuienisse van God se liefde, word steeds verwelkom. Stuur dit aan [email protected].
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
