
5 Desember 2025
Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud
Varsnuus
Algemene Sinodale Moderamen
Hier is 'n paar dokumente (klik op die skakels) wat tydens die onlangse ASM-byeenkoms bespreek is.
Die deel van die evangelie en ons praktiese hulpverlening (evangelisasie en diakonaat).
Die kerk en kommunikasie in 'n digitale wêreld (en hoe om die eensydige publieke beriggewing oor die kerk te oorkom).
Die SA Raad van Kerke en die CRL-kommissie (wat verdink word van oormatige pogings tot staatsregulering van godsdiens).
Teologiese nadenke oor korrupsie.
Inligting oor die groot predikantebyeenkoms wat vir 2026 beplan word.
Erkenning aan Grenspos, nuusbrief van Sinode Oos-Kaapland, gedateer 28 November.
Tweede Advent
Eerskomende Sondag, 7 Desember, vier ons die tweede Sondag van Advent en die tema is vrede. Advent is ‘n tyd waar ons dink oor Jesus die Vredemaker wat tussen ons en God vrede bring, maar ook hoe ons ook vrede kan bring vir ander. Besoek gerus DinkJeug se webwerf vir besonderse eredienswenke vir die Advent.

Veldtog: 16 dae van aktivisme teen geslagsgeweld
Woedende woorde en wapens is nié ons weg ....
Jan Lubbe, voorsitter van die Algemene Sinode Moderamen, skryf in die Kerkbode van 19 September, van ’n gepolariseerde wêreld wat meer en meer ekstreem raak en waarin dit al gevaarliker word om téén geweld – alle geweld, alle haat – op te staan en te vra vir vrede. Lees die volledige berig in die rubriek, Uit my Kerkdagboek, hier.

Sinodenuus

Vier vanjaar Kersfees op 'n eko-vriendelike wyse!
Mariëtte Odendaal skryf in die Vrypos (nuusbrief van die Vrystaat Sinode): "Kersfees bring altyd ’n gevoel van warmte, lig en oorvloed. Dis die tyd van blink liggies, geurige disse en geskenke onder die kersboom. Ons vergeet egter soms dat die fees van Christus se geboorte ons ook moet herinner aan die waarde van eenvoud en versorging – vir mekaar én vir God se skepping. In ’n wêreld waar oorverbruik en ’n weggooi-mentaliteit al hoe meer druk op die aarde plaas, kan Kersfees vir ons as gelowiges ’n geleentheid wees om iets anders te demonstreer: om Kersfees met respek vir die aarde te vier."
Lees hier hoe ons vanjaar Kersfees op 'n eko-vriendelike wyse kan vier.

Is die Kersseisoen vir jou soms oorweldigend?
Die vakansietyd is ‘n tyd vir samesyn en vrolikheid, tog ervaar mens soms meer stres en spanning gedurende dié tyd as wat ons graag erken. Lees hierdie artikel om te verstaan waarom die vakansietyd vir ons soms oorweldigend kan wees en leer hoe om moontlike redes vir stres, betyds te identifiseer en so spanning te verminder.

Belangrike datums in 2026
'n Beplanningsessie vir Tienerbediening vind op 9 en 10 Januarie 2026 plaas. Skakel met Freddy by 0769307502 vir meer besonderhede.
Die volgende geleentheid vir Leraarsontginning vind van 9 tot 11 Maart 2026 in Pretoria plaas. Kontak die taakspanleiers, Paullet Grobler (076 841 1568) of Bennie Powell (082 305 4444), vir meer inligting.
As gevolg van die PredikanteSAAMkoms word daar geen Lentekonferensie in 2026 aangebied nie. Daar word egter 'n Kerk en samelewingskonferensie vanaf 17 tot 19 Maart by Stellastraat Gemeente gehou. Meer inligting hieroor sal later in die Verskil gedeel word.
Die datum vir aanstaande jaar se PredikanteSAAMkoms is gewysig, dit vind nou plaas vanaf 24 tot 28 Augustus om voorsiening te maak vir reistyd.
Die Sinodesitting is geskeduleer vir 18 tot 22 Oktober by Weesgerus.
Sinodehuis
Die Sinodehuis sluit vir die Kersseisoen op Vrydag, 12 Desember en open weer 5 Januarie 2026. Die Verskil van 12 Desember sal die laaste uitgawe vir 2025 wees en die eerste uitgawe vir 2026, geskied op 16 Januarie.

Kolleganuus

Verjaarsdae
As jy of jou eggenoot die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.
Leraars
8 Desember Nicky Hattingh (Krokodilrivier)
12 Desember Marie-Jean Brink (Rietfontein-Noord)
13 Desember Johan Mostert (Levubu)
Eggenote
8 Desember Carin Rademeyer, eggenote van Emile (Kerk-in-Suid)

Hartseer

Beweging
Ziandri Jacobs het die beroep na Kerk-in-Suid aanvaar en word die 11de Januarie 2026 bevestig.
André Agenbag en Wouter van Wyk het hulle beroepe na die NG Gemeente Stellastraat aanvaar. Beide aanvaar diens op 1 Maart 2026.
André Agenbag
Wouter van Wyk
Luné Dorfling van Vorentoe Gemeente is beroep na Upington.
Hennie Kotzé van Rustenburg Moedergemeente emeriteer aan die einde van Januarie 2026.
Preekgeleenthede
Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesigheid is. Die opdateerde lys is hier beskikbaar.

Gemeentenuus
Stigtingsdatums
As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].
12 Desember 1957 Springbokvlakte
Projekte
Wespoort Gemeente bestuur tans twee projekte waarvoor hul lesers se ondersteuning vra. Vir meer inligting oor die projekte en hoe lesers betrokke kan raak, lees hier.
Florauna Gemeente se vakansieprogram vir behoeftige kinders gedurende die vakansieperiode, vind tans plaas. Van die aktiwiteite wat vir later die maand beplan word, benodig hul steeds ondersteuning. Vir meer besonderhede oor die beplande aktiwiteite en hoe jy betrokke kan raak, lees hier.
Aktiwiteite
As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskil lesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.
Universiteitsoord
Universiteitsoord nooi alle voornemende Eerstejaars uit na die 2026-Eerstejaarskamp 2026. Dit geskied vanaf 19 tot 23 Januarie 2026 en daar is nog tyd om in te skryf.
Belangrik om te weet is dat die kamp nie net vir Tukkies-studente nie, maar vir studente van enige tersiêre instansie in Pretoria.
Kyk gerus na hierdie spesiale en uiters persoonlike uitnodiging!

Besoek hul webwerf of Facebook blad vir meer inligting.
https://www.universiteitsoord.co.za/eerstejaarskamp
https://www.facebook.com/universiteitsoordEJK
Toerusting
Excelsus
Excelsus het inligting oor seminare en werkswinkels wat beplan is vir Januarie en Februarie 2026, reeds op hul webwerf bekendgestel. Vier van die sessies word hier gedeel. Besoek gerus die excelsus webwerf vir verdere besonderhede en vir ander werkswinkels of seminare vir aanstaande jaar.
Vrywilligersbestuur – Geloofsgroei eerder as goedkoop arbeid
Sluit aan vir ’n praktiese én teologiese dagseminaar saam met Dr. Wicus van der Merwe oor hoe gemeentes ’n gemotiveerde, gesonde en volhoubare vrywilligerskultuur kan bou — sonder uitbranding.

Registreer hier: https://forms.gle/Aqv9xwRgkF6aevWv9
Meer inligting: https://www.excelsus.org/aanbiedings/vrywillegers-in-die-kerk/
Vind God in die Gewone – Gemeente Werkswinkel
Sluit aan vir ’n praktiese halfdag-webinaar waarin ons wys hoe gemeentes ’n 40-dag reis kan aanbied wat preke, kleingroepe en jeugbediening geïntegreerd versterk.

Registreer hier: https://forms.gle/1LctxSZoUaDKkvg8A
Meer inligting: https://www.excelsus.org/aanbiedings/vind-god-in-die-gewone/
Wat beteken inspirerende leierskap in ’n wêreld vol kompleksiteit?
Sluit aan vir ’n insiggewende webinaar saam met Hermann du Plessis, Brand Pretorius en Jurie Schoeman. Ons verken waardegedrewe leierskap, karakter en kultuur — én gesels oor hulle invloedryke boeke Inspirende Leierskap en Lead with Intent. ’n Praktiese gesprek wat help om mense se volle potensiaal te ontsluit.

Registreer hier: https://forms.gle/uJYw3DJLA5Ga8Mij7
Meer inligting: https://www.excelsus.org/aanbiedings/inspirerende-leierskap/
Praktiese Teologie – Hoe’t ons gemaak? Hoe maak ons nou? Hoe kan ons vorentoe maak?
Sluit aan vir ’n ryk dag saam met vooraanstaande akademici en praktisyns oor geloofspraktyke, identiteit, gemeentes, prediking en pastorale versorging. ’n Belewenis vir enige leraar of gemeentelid wat die toekoms van bediening ernstig opneem.

Registreer hier: https://forms.gle/MChoRAdPSGKz8CF76
Meer inligting: https://www.excelsus.org/aanbiedings/praktiese-teologie-in-2026/

Vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].
Waverley Gemeente
'n Kosterpos is beskikbaar in die gemeente met ingang 1 Maart 2026. Vir meer inligting oor die posisie, lees hier.
Sluitingsdatum: 11 Desember 2025
Krokodilrivier Gemeente (Brits)
'n Vakature vir 'n orrelis / Clavinova-begeleier bestaan in Krokodilrivier Gemeente te Brits. Vir meer besonderhede, lees hier.
Sluitingsdatum: 31 Januarie 2026
Môregloed Gemeente
'n Leraarspos is beskikbaar in die gemeente. Besonderhede oor die posisie en vergoeding is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 31 Januarie 2026
Stad-op-die-Berg (Louis Trichardt) Gemeente
'n Mede-leraarspos is beskikbaar in die gemeente. Besonderhede oor die posisie is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 26 Februarie 2026
Hoofuitvoerende Beampte: Bybelgenootskap
Lees hier vir meer besonderhede oor die vakature.
Ander
Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

Ander Nuus

Jaarboek 2026
Die 2026 jaarboek is beskikbaar by Bybelmedia. Gebruik hierdie vorm om dit te bestel of bestel dit aanlyn hier - Jaarboek 2026 - Bybel-Media.
Die Jaarboek 2026 is ook as 'n gebruikersvriendelike digitale weergawe beskikbaar. Kry met 'n subskripsie toegang tot die e-Jaarboek per hierdie skakel Home - Missio.
Kerkjaarkalender 2026
Durbanville-Bergsig Gemeente skep elke jaar ‘n spesiale kerkjaarkalender wat hulle vir alle gemeentes beskikbaar stel. Pragtige illustrasies verduidelik die verloop van die kerkjaar van Advent tot Koninkrykstyd. Gee asseblief erkenning aan die gemeente indien jy die grafika gebruik - kliek hier - om dit af te laai.
Uitnodiging
Inligting van gemeentegebeure, projekte, stories van hoop en getuienisse van God se liefde, word steeds verwelkom. Stuur dit aan [email protected].
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
