Noordelike Sinode

30 Oktober 2026

October 30, 2026•12 min read

verskil

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.


Varsnuus

varsnuus

Moderatuur

Die Noordelike Sinode het tydens haar sitting van 18-22 Oktober die volgende persone op die moderatuur verkies:

Moderatuur

V.l.n.r.

Louis Lemmer (addisionele lid)
Hannes Bezuidenhout (Aktuarius)
Bernice Serfontein (Addisionele lid)
Rehan Rheeder (Hoof Uitvoerende Beampte)
Lizl-Louise Schoeman (Moderator, herkies)
Fritz Snyman (Assessor)
Wynand van Niekerk (Uitvoerende hoof Kustodia)

Die moderatuur neem die strategiese leiding tydens die reses tot Oktober 2030. Die moderatuur dien daarom ook as dagbestuur van die Sinodale Diensraad (SDR). Die SDR is die besluitnemende liggaam tussen sinodesittings.

Sinodale Diensraad (SDR)

Die volgende persone dien die volgende vier jaar op die SDR:

SDR


Sinodenuus

sinodenuus

Legitimasie uitnodiging Universiteit van Pretoria

Tuks

Eerstejaarskamp

Universiteitsoord skryf: "Ons deel graag ons opgewondenheid met gemeentes regoor die land oor die eerstejaarskamp, omdat ons glo elke eerstejaar wat Pretoria toe kom, hierdie kamp moet ervaar!

Die Eerstejaarskamp is nie net ’n plek waar nuwe vriendskappe gevorm word nie, maar waar jy ook onvergeetlike herinneringe gaan maak en mede-eerstejaars ontmoet wat saam met jou hierdie nuwe hoofstuk van jou lewe gaan aanpak.

As julle enige eerstejaar ken wat volgende jaar in Pretoria gaan studeer (dit sluit alle instansies in), dan wil ons julle vra om asseblief hierdie inligting met hulle te deel:

👉 Inskrywings en meer inligting: https://www.universiteitsoord.co.za/eerstejaarskamp

Dokumente

• 📱 Elektroniese plakkaat (A3) – vir die nuusbord en afkondigingsborde

• 📲 Skyfie vir afkondigings in die kerk

• 📲 Deel ook gerus op julle sosiale media: Hou gerus ons Instagram (@unioord) en Facebook (https://www.facebook.com/universiteitsoordEJK) dop en deel dit op julle “stories” en “timeline”."

Kyk hier vir meer inligting.


Sinodesitting 2026

Banner sinodesittinglog

Dankie

Die sinode bedank ieder en elk wat gehelp het om die afgelope sinodesitting 'n sukses te maak.

Dankie vir elke kerk- en gemeentekantoor - jul ondersteuning, hulp en gesindheid gedurende die tyd voór maar ook tydens die sinodesitting, het ons taak soveel makliker gemaak.

Dankie aan al die afgevaardigdes vir jul geduld en vriendelikheid tydens die sinodesitting.

Dankie aan al die borge vir items wat jul geskenk of aan ons geleen het.

Ons waardeer elkeen se bydrae.

Familie-album

Jul sal onthou dat ons ter voorbereiding vir die sinodesitting gevra het vir fotos van afgevaardigdes en kerkgeboue asook die GPS-koördinate van die kerke. Die doel was om 'n interaktiewe kaart van al die gemeentes in die sinode te skep en dan 'n druk hiervan te maak. Ons kon nie daarin slaag om hierdie projek betyds te voltooi vir die sinodesitting nie, maar ons gaan met dit voort. Ons beplan om steeds 'n interaktiewe kaart te skep waarop hierdie inligting dan aangebring sal word. Dit sal as die basis dien vir die sinode webwerf en databasis. Ons beoog om die fotos vir dieselfde doel te gebruik - vir die ontwerp van 'n webwerf wat meer inligting oor al die gemeentes en leraars dra.

Ons onderneem om jul deurlopend op hoogte te hou met die vordering wat ons met hierdie projek maak.

Beplanning vir die 2030-sinodesitting

Gegewe dat almal se ervarings van die afgelope sinodesitting nog vars in ons geheue is, wil ons vra dat jul die negatiewe ervarings wat jul beleef het, in aanloop van of tydens die sinodesitting, met ons sal deel. Watter prosesse, aspekte of dinge moet ons anders doen met die volgende sinodesitting? Wat was dit wat jou voorbereiding vir en ervaring van die sinodesitting negatief gestem het? Wat moet ons verander? Ons benodig jul terugvoer sodat ons weet waaraan ons moet werk om die 2030-sinodesitting 'n groter sukses te maak.

Jul is welkom om ook dit wat jul positief ervaar het met ons te deel sodat ons ook bewus is van dit waarmee ons moet voortgaan in die toekoms.

Stuur asseblief jul terugvoer aan [email protected] met die opskrif - voorstelle vir 2030-sinodesitting - en deel jul opinies en voorstelle met ons. Ons kan net verbeter as ons weet hoe jul dit ervaar het.

Voorleggings, aanbiedings en inligtingstukke

Die voorleggings, aanbiedings en notas wat deur die onderskeie sprekers beskikbaar gestel is, na die sinodesitting, is hier beskikbaar. Ons onderneem om dit deurlopend op te dateer en die skakel tot en met die laaste 2026-uitgawe van die Verskil in te sluit. Daarna sal dit op die sinode se webwerf beskikbaar wees.

'n Afgevaardigde se terugvoer ....

Jimmy Marx, kerkraad-afgevaardigde van Warmbad-Wes Gemeente, beskryf sy ervaring van die sinodesitting hier.



Kolleganuus

kolleganuus

Verjaarsdae

As jy of jou eggenoot gedurende die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.


Leraars

5 November Johan Scholtz (Montana)

6 November Paullet Grobler (Pierneef)

Emeriti

31 Oktober Neels van Niekerk

3 November Eric Scholtz

4 November Arnold Smith

7 November Ernst Muller

Eggenote

3 November Lizanne Roux, eggenoot van Dewald (Waterkloof)

5 November Disiree Oosthuyzen, eggenoot van Theo (Krokodilriver)

6 November Dianda Snyman, eggenoot van Fritz (Lynnwood)

7 November Ilse Meyer, eggenoot van Tjaart (Kremetart)

8 November Erika Lemmer, eggenoot van Louis (Magalieskruin)


blom

2027-Mediese fonds veranderinge

Bestmed Mediese Skema

Die skema het hul 2027-voordeelwysigings en -ledegeld bekend gemaak.

'n Opsomming van die voordeelwysings vir 2027 is hier beskikbaar.

Betaalbare 2027-ledegeld is hier beskikbaar.

Alex Forbes mediese fonds adviseurs

Alex Forbes, die tussengangers vir die NG Kerk, het ook die voordeelwysigings van Bestmed opgesom. Lees dit hier.

Die wysigings aan die voordele vir die Gap Cover produk, Admed Gap, is ook hier beskikbaar.

Inligtingsessies

Alex Forbes en Bestmed bied vanjaar twee aanlyn inligtingsessies aan waartydens hul die voordeelwysigings vir volgende jaar sal verduidelik. Lede en afhanklikes is welkom om enige van die twee sessies by te woon.

10 November om 10:00

18 November om 13:00

Individuele afsprake

Sou jy dit oorweeg om van opsie te verander, kan jy met Elrene Marais 'n afspraak maak. Om 'n afspraak te maak, gebruik hierdie skakel:

Click Here to book a virtual one-on-one help desk session with Elrene Marais

Jy kan ook aan haar 'n epos stuur by [email protected]


Gemeentenuus

gemeentenuus

Stigtingsdatums

As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].

1 November 1951 Marondera-Rusape

4 November 1957 Koedoeskop

4 November 1960 Tuinrand

6 November 1954 Wesmoot

6 November 1974 Montana

7 November 1972 Levubu

Aktiwiteite

As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.

Eldoraigne

Miernes

Noordoos-Pretoria

31 Okt

Universiteitsoord

Univ

Florandia

Florandia

Universiteitsoord

HERINWYDINGSKONSERT III - Orreliste rondom Universiteitsoord

Universiteitsoord skryf: "Die feesvieringe rondom NG Universiteitsoord se gerestoureerde pyporrel duur voort!

U word vriendelik uitgenooi na die derde herinwydingskonsert, waartydens ses kerkorreliste op die orrel gaan speel. Hierdie orreliste is almal aktief betrokke by kerkmusiek en beklee orrelposte in die gemeentes van NG Pretoria-Oos en Suidoos-Pretoria, die Ou Apostoliese Kerk, Gereformeerde Kerke Meyerspark en Wapadrant, asook Nederduits Hervormde Kerk Pretoria-Oos en Wapadrant.

Die program bied iets vir almal en sluit in musiek van Bach en die Frans-Romantiese orreltradisie - wat só goed op ons orrel klink. U sal ook verwerkings van geliefde kerkliedere, komposisies wat deur die orreliste self gekomponeer is en Liszt se beroemde Hongaarse Rapsodie nr. 2 op ons orrel kan beleef.

Kom vier saam met ons die laaste herinwydingskonsert van ons orrel en die voortbestaan van hierdie kosbare instrument en sy musiek."

8 November, 11:00, NG Universiteitsoord

Toegang: donasie

Met: Jaco Prinsloo, Pieter van den Berg, Pierre Cronjé, Maricus le Grange, Stephan Geyer, Leon Greyling

Orrel

Raslouw

Raslouw

Montana

Mont


Omgeenuus

omgeenuus

Van ’n wens op ’n lysie tot ’n geskenk onder die boom

Nici Harmse, skakelbeampte by CMR-Noord, skryf: "Dit begin met ’n eenvoudige vraag: “Wat wil jy graag vir Kersfees hê?”

Vir meer as tien jaar vra CMR Noord se Sentrums van Hoop dié vraag aan kinders by wie hul maatskaplike werkers betrokke is. Die antwoorde verskil – ’n pop, ’n trok, ’n bal of iets anders waarna ’n kind al lank uitsien. Elke wens word saam met ’n skuilnaam, ouderdom en geslag op ’n lys geplaas.

Dan neem iemand anders die storie verder.

Kerke, besighede en individuele donateurs vra die wenslyste aan, kies ’n kind en koop die geskenk waarvoor hy of sy gevra het. Oor die afgelope dekade is meer as 14 000 wense ontvang – en elke kind het ’n geskenk gekry.

Vir baie van hierdie kinders is ’n Kersgeskenk nie vanselfsprekend nie. In huishoudings waar geld vir basiese behoeftes reeds min is, is daar dikwels nie ruimte vir presente, ’n Kersboom of ’n Kerspartytjie nie.

Daarom is die oomblik wanneer die geskenke uitgedeel word so besonders. Die Sentrums van Hoop hou Kerspartytjies, met kos, koeldrank, lekkers, versierings en ander benodigdhede wat dikwels deur die gemeenskap geborg word. En tussen al die feestelikheid wag daar ’n pakkie wat spesifiek vir elke kind gekies is.

Die geskenk agter die geskenk

Die tradisie om met Kersfees geskenke te gee, het oor eeue uit verskillende gebruike ontwikkel. Vir Christene het dit ook ’n besondere betekenis: die wyse manne het geskenke na die Jesuskind gebring, maar die hart van Kersfees lê in ’n veel groter geskenk – die geboorte van Jesus Christus.

Dit gee ook betekenis aan ’n projek soos Laat Daar Lig Wees. Die waarde lê nie net in wat binne-in die geskenkpapier is nie. Dit lê ook daarin dat iemand ’n kind se naam gekies, sy of haar wens gelees en moeite gedoen het om dit waar te maak.

Vir ’n kind kan daardie pakkie ’n eenvoudige boodskap dra: Iemand het my raakgesien. My wens het saak gemaak.

Hierdie Kersfees begin dit weer met ’n lysie – en ’n kind se wens wat wag om gekies te word.

Aan elke donateur wat reeds ’n kind se wens gekies en ’n geskenk gekoop het – baie dankie. En aan elkeen wat nog ’n naam gaan kies: dankie dat julle help om nóg ’n Kerswens van ’n lysie af tot in ’n kind se hande te bring." ❤️🎁

CMRN

toerusting

2-3 November, Kreatiewe Fasilitering

KFas


Laai die pamflet hier af.

9 - 11 November, Dissipelskap

11 Nov

Registreer hier.

16 - 19 November, Brugbediening

Brug


Lees en registreer hier.

16 - 18 November, Gemeentediagnose (Pretoria)

10 No

Registreer hier.

Ander

Besoek gerus Excelsus se webwerf vir besonderhede oor toerustingsgeleenthede.

vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].

Montana Gemeente

Die gemeente het 'n vakature vir 'n orrelis beskikbaar. Volledige besonderhede is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 30 Oktober 2026

Kremetart Gemeente (Polokwane)

Die gemeente het 'n vakature vir 'n voltydse leraar beskikbaar. Volledige besonderhede is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 31 Januarie 2027

Ander

Besoek die Kerkbode vir inligting oor vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures


Ander Nuus

ander nuus

2027-Kalender

6 Maart 2027, Wêreldbiddag vir mans

Ben Ferreira, Organiseerder van Wêreldbiddag vir mans, skryf as volg: "Ek rig graag hierdie skrywe aan u met die versoek om u ondersteuning vir die Wêreldbiddag vir mans, wat op Saterdag 6 Maart 2027 plaasvind.

Ek is bewus daarvan dat Wêreldbiddag vir Mans reeds op die NG Kerk se kerkkalender verskyn. My versoek is egter dat u dit sal oorweeg om die gemeentes binne u sinodale gebied aktief aan te moedig om op hierdie dag ’n gebedsbyeenkoms te reël en daaraan deel te neem.

Die tema vir 2027 is: “MANS VAN DIE WOORD”

Die kernteks is Kolossense 4:12 , waar Paulus verwys na Epafras se volgehoue gebed dat gelowiges staande sal bly, geestelik volwasse sal wees en in alles gehoorsaam aan God sal leef.

Dit is belangrik om te beklemtoon dat hierdie dag nie bloot 'n biddag deur mans is nie, maar in die besonder 'n biddag VIR mans .

Ons wil gemeentes en gelowiges mobiliseer om spesifiek vir mans te bid:

  • Dat hulle staande sal bly – standvastig in hul geloof, te midde van die uitdagings en versoekings van die lewe.

  • Dat hulle geestelik volwasse sal word – sal groei in hul verhouding met Christus en hul verantwoordelikheid as geestelike leiers sal aanvaar.

  • Dat hulle in alles gehoorsaam aan God sal leef – sodat hul geloof sigbaar sal word in hul gesinne, gemeentes, werksplekke en gemeenskappe.

Die doel is nie om 'n voorgeskrewe program aan gemeentes voor te hou nie. Elke gemeente kan die dag op 'n wyse organiseer en aanbied wat by sy eie tradisies, omstandighede en gebruike pas. Dit kan wissel van 'n kort gebedsgeleentheid tot 'n meer uitgebreide gemeentelike byeenkoms.

Ons gemeenskaplike doel is eenvoudig: Om gelowiges saam te bring in voorbidding vir die mans van ons land, ons gemeentes en ons gemeenskappe.

Ek glo dat die NG Kerk, deur sy sinodale strukture en plaaslike gemeentes, 'n besondere bydrae kan lewer om hierdie gebedsinisiatief te ondersteun en uit te bou.

Ek sal dit daarom opreg waardeer indien u hierdie uitnodiging deur u bestaande kommunikasiekanale onder die aandag van gemeentes kan bring en hulle sal aanmoedig om 6 Maart 2027 as 'n besondere geleentheid vir voorbidding vir mans te benut.

Baie dankie vir u oorweging, ondersteuning en die belangrike rol wat u in die geestelike opbou van gemeentes speel.

Mag hierdie dag 'n geleentheid word waar ons as gelowiges saam voor God kniel en bid vir mans wat standvastig in die geloof is, geestelik groei en gehoorsaam aan God leef."

Registrasievorm

Inligtingstuk

Klipstapels op my pad: Nuwe Bybelstudie vir volwasse gelowiges

Adele Lombard van Bybel-Media skryf: "Wanneer die lewe onverwags draai, skep dit dikwels ervarings wat jou verander, maar uiteindelik ook jou geloof in God verdiep. En wanneer jy klipstapels as herinneringstekens by hierdie draaie in die pad oprig, kan jy later terugkyk en sien: God was die heeltyd daar. Hierdie Bybelstudie nooi jou om by hierdie ervarings stil te staan en te ontdek hoe God elke lewensoorgang gebruik om jou geloof te verdiep. Jy sal met nuwe oë na jou verhaal kyk, God se getrouheid in die verlede raaksien en met hoop en vertroue die pad vorentoe aanpak."

Klip

Bestel die boek hier https://www.bybelmedia.org.za/product/klipstapels-op-my-pad/

Preekgeleenthede

Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Laai die opdateerde lys hier af.

Dateer jou inligting op

Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.

Dateer jou besonderhede hier op.

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.


Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
Hou mekaar vas

Back to Blog