Noordelike Sinode

11 September 2026

September 11, 20265 min read

verskil

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.


Varsnuus

varsnuus

Bekendstelling van die 50 Dae Gebedsreis: Verkiesing 2026

Die Algemene Sinode skryf: "Die NG Kerk is genooi om deel te wees van 'n interkerklike gebedsaksie. City Connect: 50 Gebedsdae nooi gemeentes, lidmate, gebedsgroepe, families en elke gelowige om saam op ’n 50 dae-gebedsreis te gaan ter voorbereiding op die 2026-plaaslike verkiesings. Die gebedsreis strek van 14 September tot 3 November 2026."

Vir meer besonderhede, lees hier. Gebruik ook die publikasies in jou gemeente se kommunikasiestrategie.

Bekendstelling van die veldtog

Gebedsgids

Gebedsgids vir WhatsApp

Sien ook die Algemene Sinode se webblad plasing: https://ngkerk.org.za/article/kom-ons-bid-vir-suid-afrika-50-dae-van-gesamentlike-voorbidding/"

gebeds


Sinodenuus

sinodenuus

'n Eerste, maar verseker nie die laaste nie!

CMR Noord het die 5de September hul eerste damestee aangebied by Stellastraat Gemeente. Die pragtige fotos getuig van 'n feestelike geleentheid. Kyk na die pragtige fotos en lees Nici Harmse se vertelling hier.

CMR N

Kan jy Oom Gert se prestasie ewenaar of verbeter?

Gert


Koos Poolman van Booysen Gemeente skryf: "Die foto is van ouderling Gert Knoetze en sy eggenote, Sophie.

Die skerpsinnige oom Gert soos hy allerweë bekend staan, is op 30 Desember 1937 in Messina as Gert Mathys Knoetze gebore. Hy tree op 21 Junie 1984 met Sophia Smit in die huwelik.

Op 25 Augustus 1985 word hy deur wyle ds Pieter Brand as ouderling bevestig, 'n amp wat hy sedertdien ononderbroke in die NG Gemeente Booysen vir 41 jaar beklee het.

Oom Gert verneem of daar ander ouderling(e) in die Noordelike Sinode is wat die prestasie kan ewenaar of verbeter."

Die sinode sal self ook wil weet. Indien jy kennis dra van iemand, stuur gerus 'n kort biografie en 'n duidelike onlangse foto aan ons by [email protected].

Amper tyd vir skoolverwisselingskamp!

Die Ring van Piet Potgietersrus nooi almal uit na die jaarlikse skoolverwisselingskamp vir Graad 7's wat vanaf 28 September tot 2 Oktober by Badseloopkampterrein plaasvind.

Skool

Brief aan gemeente.

Inskrywingsvorm vir kamper.

Inskrywingsvorm vir kamppersoneel.


Sinodesitting 2026

Banner sinodesittinglog

Help ons om ons Sinodefamilie sigbaar te maak

Ter voorbereiding van die Noordelike Sinode se Sinodesitting, 18–22 Oktober 2026, wil ons graag ’n visuele beeld saamstel van die gemeentes en mense wat deel vorm van ons Sinodefamilie.

Ons vra daarom elke gemeente om ’n paar eenvoudige items deur ons aanlynstelsel aan ons te stuur.

Ons benodig asseblief:

1. Foto’s van julle afgevaardigdes (primarius afgevaardigdes)

Laai ’n (aparte) foto van elke afgevaardigde wat die Sinodesitting gaan bywoon, op. Ons wil graag elke persoon se naam en van saam met sy/haar foto ontvang.

2. ’n Foto van julle kerkgebou

Laai een goeie, duidelike foto van die gemeente se kerkgebou op. Indien die gemeente meer as een bedieningspunt of kerkgebou het, gebruik asseblief die gebou wat julle as die gemeente se hoofkerkgebou beskou.

3. Die GPS-koördinate van julle kerkgebou

Ons wil ook graag die ligging van elke gemeente op ’n kaart kan aandui. Voorsien daarom asseblief die GPS-koördinate van die kerkgebou waarvan julle die foto oplaai, op die stelsel.

Elke gemeente se omgewing, storie en mense vorm deel van die groter verhaal van die Noordelike Sinode.

Saam is ons droomdraers.

[LAAI JULLE INLIGTING EN FOTO’S HIER OP]



Kolleganuus

kolleganuus

Verjaarsdae

As jy of jou eggenoot gedurende die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.


Leraars

15 September Wicus van der Merwe (UP)

15 September Otto Clasen (Warmbad)

Emeriti

14 September Nic Ackermann

Eggenote

15 September Hannelie Clasen, eggenote van Otto (Warmbad)

15 September Martie Pelser, eggenote van Willem (Koedoeskop)

jak

Hartseer

Johann Symington, emeritus en vroeër predikant van Gemeente Lynnwood, is oorlede. Hy en sy vrou, Hennie, wat ook vroeër vanjaar oorlede is, het die laaste paar jaar in Kokanje te Modimolle gewoon.

Beroep

Ronel Coertzen (vorige gemeente Fouriesburg) is beroep na Rustenburg-Suid Gemeente.

Ronel

Danie Langner is beroep na Môregloed Gemeente vir 'n drie jaar termynpos.

Langner


Gemeentenuus

gemeentenuus

Stigtingsdatums

As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].

16 September 1914 Krokodilrivier Gemeente

Spesiale bydrae

Erick van Breda (Florauna) het tydens die afgelope predikanteSAAMkoms elke dag 'n plasing met die gemeente gedeel oor sy belewenisse tydens die geleentheid. Lees gerus 'n uittreksel uit sy dagjoernaal hier.

Erick

Aktiwiteite

As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.

Warmbad-Wes

Wwes

Riviera-Jakaranda

Jaka

Kameeldrif

Drif

Universiteitsoord

Univ

Riviera-Jakaranda

Musiek

Brits

26 Sep

Florandia

Florandia


Omgeenuus

omgeenuus

Warmbad Rusoord

Warmbad

toerusting

17 September, Ons en die ander: waarom ons gelowe verskil.

17 Sep


Registreer hier.

19 September, Jeuggroep Fasiliteerder Opleiding

Bronze Baobab bied 'n opleidingsgeleentheid vir jeuggroep fasiliteerders aan op die 19de September by Lynnwood Gemeente. Daar word 6 VBO punte aan Predikante wat die sessie bywoon, toegeken.

Jeug

Skryf hier in - https://share.google/kErbrWHoIqpwWfaUx

8 Oktober, Toekoms en Teologie

Oktober


Registreer hier.

9 - 11 November, Dissipelskap

11 Nov

Registreer hier.

16 - 19 November, Brugbediening

Brug


Lees en registreer hier.

16 - 18 November, Gemeentediagnose (Pretoria)

10 No

Registreer hier.

Ander

Besoek gerus Excelsus se webwerf vir besonderhede oor toerustingsgeleenthede.

vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].

Kerk-in-Suid Gemeente

Ellisras-Wes Gemeente

Die gemeente het 'n vakature vir 'n voltydse Leraar. Vir volledige besonderhede, lees hier.

Sluitingsdatum: 15 September 2026

Vorentoe Gemeente (12km buite Brits in die Bosveld)

Die Bosveld gemeente het 'n vakature vir 'n voltydse Leraar. Volledige besonderhede is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 10 Oktober 2026

Ander

Besoek die Kerkbode vir inligting oor vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures


Ander Nuus

ander nuus

Preekgeleenthede

Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Laai die opdateerde lys hier af.

Dateer jou inligting op

Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.

Dateer jou besonderhede hier op.

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.


Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
Hou mekaar vas

Back to Blog