Noordelike Sinode

12 Junie 2026

June 12, 20269 min read

verskil

12 Junie 2026

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.


Varsnuus

varsnuus

’n Oproep tot herstel en hoop vir ons gemeenskappe

Mariëtte Odendaal van Vrypos (nuusbrief van Vrystaat Sinode) skryf: "Elke jaar, op 16 Junie vier Suid-Afrikaners Jeugdag – ’n dag wat diep gewortel is in die geskiedenis van ons land se stryd vir geregtigheid en gelykheid. Vir ons as Christene bied hierdie dag nie net ’n geleentheid om ons jeug te vier nie, maar ook om ons roeping as vredemakers, diensbare burgers en draers van die lig van Christus te hernu."

Lees die volledige artikel vir meer inligting oor hoe ons weer opnuut kan fokus op die wyse waarop ons die jeug kan toerus, begelei en bemagtig om positiewe Verskilmakers te wees.

Jeug2
Erkenning: Vrypos, Vrystaat Sinode.


Sinodenuus

sinodenuus

24 Junie om 09:00, SDR-vergadering

Afgevaardiges word daaraan herinner dat die volgende SDR-vergadering op Woensdag, 24 Junie om 09:00 by Lynnwood Gemeente gehou word.

PredikanteSAAMkoms

Diegene wat vir die PredikanteSAAMkoms geregistreer het kan nou hul sessies kies en hul eie program vir die week saamstel. Gebruik hierdie skakel om jou sessies te kies - https://ngkerk.org.za/programme/

Survivor kamp (Graad 8 tot 10), 29 Junie tot 3 Julie.

Hierdie jaarlikse kamp is gerig op alle jongmense van graad 8 tot 10 en word weer by Badseloopkampterrein gehou gedurende die winter skoolvakansie (29 Junie tot 3 Julie).

Die Ringsjeugkommissie van Pietpotgietersrus rig 'n uitnodiging aan alle gemeentes, lees dit hier.

Stel jy belang om as personeel aan die kamp deel te neem, lees dan hier.

Die inskrywingsvorm vir die kamp is hier beskikbaar.

Gemeentes word versoek om asseblief die verskillende korrespondensie en die vorms met jongmense te deel.

Badse

Verfyn jou vaardighede

Predikante word uitgenooi na vanjaar se Slypskool by die Andrew Murray Sentrum in Wellington van 28-30 Julie 2026. Die fokus val op die jongste Kerkspieël-navorsing en wat dit oor gemeentes, groei, demografiese skuiwe, finansies en gemeenskapsbetrokkenheid verklap. Saam met die navorsingspan kry deelnemers kans om die data te verstaan, vrae te vra en stories daaroor vir lidmate en Kerkbode-lesers te skryf. RSVP voor 17 Julie by Riata Nel: [email protected].

Slyp


Kolleganuus

kolleganuus

Verjaarsdae

As jy of jou eggenoot die komende week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.

Leraars

16 Junie Erick Mulder (Blouberg)

18 Junie Arno Meiring (Universiteitsoord)

Emeriti

13 Junie Gerrit Cloete

13 Junie Johan Jooste

13 Junie Dirk van der Merwe

14 Junie Pieter de Wet

15 Junie Bertus Badenhorst

17 Junie Johan Olivier

18 Junie Jan van Zyl

18 Junie Willem Kritzinger

Eggenote

15 Junie Edith Myburgh, eggenote van Kobus (Emeritus)

17 Junie Lieze Ackerman, eggenote van Christiaan (Eldoraigne)

Birth

Hospitaal

Frikkie du Plooy van Florauna, was onlangs in die hospitaal, asook Paul van Jaarsveld van Magalieskruin.

Gesondheidsnuus

14 Junie, Wêreldbloedskenkingsdag

David Brand van Maroela Media, skryf: "Bloedskenkingsmaand word in Junie in Suid-Afrika gevier, terwyl Wêreldbloedskenkingsdag wêreldwyd op 14 Junie gedenk word. Dié dag het ten doel om 'n bewustheid van die behoefte aan bloed te verhoog, om skenkers te bedank en om gereelde bloedskenking deur geskikte skenkers aan te moedig. Slegs 1% van Suid-Afrikaners is gereelde skenkers, terwyl 'n mens elke 56 dae mag skenk en die land minstens 3 000 eenhede bloed per dag benodig.

Hoewel die voordele van bloedskenk vir die ontvangers van bloedprodukte goed bekend is, besef ons dikwels nie watter belangrike gesondheidsvoordele dit vir die skenker inhou nie."

Lees hier oor die vyf belangrikste voordele wat bloedskenk vir die skenker in hou.

Blood


Gemeentenuus

gemeentenuus

As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].

14 Junie 1860 Waterberg

16 Junie 1919 DRC of Zambia

16 Junie 1941 Capital Park-Concordia

17 Junie 1939 Naboomspruit

19 Junie 1953 Groenkloof

Birth2

Projekte

Florauna

Vakans

Aktiwiteite

As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.

Overkruin

Overk


Raslouw

winter

Pretoria-Tuine

Tuine

Hartbeespoort

Harties


Omgeenuus

omgeenuus

Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom

2026-Hoopdraer

Die kinderhuis skryf: "Gerda van der Merwe, die uitvoerende hoof van ons kinderhuis, is ʼn besondere voorbeeld van hoe één mens se omgee ʼn blywende verskil kan maak. Met ʼn hart vir kinders en ʼn passie om hoop te bring, maak sy ʼn blywende verskil in kinderlewens.

Dit is daarom besonder gepas dat sy vanjaar op Internasionale Maatskaplikewerkersdag vereer is as een van 2026 se Hoopdraers, ʼn inisiatief van Solidariteit se Maatskaplikewerkersnetwerk en Solidariteit Helpende Hand.

Hoopdraers soos Gerda herinner ons daaraan dat liefde in aksie werklik die wêreld verander. Dankie, Gerda, dat jy ʼn lig in ons kinders se lewens is."

Lees hier meer oor die toekenning: https://akknyl.co.za/.../gerda-van-der-merwe-a-bearer-of.../

gerda

Kinderhuisfees

Lesers word uitgenooi na die Kinderhuisfees op die 13de Junie.

AKKN

Bejaarde-omgee projek

Gerda van der Merwe, Uitvoerende Hoof van die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom vertel: "Ek lees Maandag die Verskil en sien toe van die week van bejaardes. Ons het 'n bakprojek en 'n groentetuinprojek met ons kinders en onmiddelik vra ek toe die betrokke maatskaplike werker of ons iets vir die plaaslike dienssentrum kan doen.

Maandagaand bak ons toe kolwyntjies en ons oes bietjie spinasie wat die kinders toe Dinsdag gaan uitdeel het. Die kinders sowel as die bejaardes het dit baie geniet."

AKKN

AKKN1

AKKN2

Harmoniehuisnuus

Harmoniehuis het tans twee enkelkamers vir dames beskikbaar. Indien jy weet van iemand wat opsoek is na 'n tuiste, skakel hul gerus.

Harmon

Deo Gloria

Daar is tans 1½ slaapkamer woonstelle beskikbaar by Deo Gloria. Dit is lekker groot woonstelle met onderdakparkering. Die is woonstelle is in 9de Laan, Wonderboom-Suid, Pretoria. Deel gerus hul kontakbesonderhede met belangstellendes.

Deo


Toerusting

toerusting

Leergeleenthede in Junie

Excelsus skryf: "Dit is vir ons ’n voorreg om leergeleenthede te fasiliteer wat gemeentes help om as getroue volgelinge van Jesus te leef en te bedien. Daarom bou ons graag brûe tussen die akademie en die kerk, en skep ons ruimtes waar die werk van die Algemene Sinode se taakspanne in leergemeenskappe verder gevoer kan word.

Die Miga6:8 Taakspan help ons weer om rondom Jeugdag te luister na die stories en stemme wat ons geskiedenis gevorm het. Wanneer ons die oorsprong en betekenis van 16 Junie beter verstaan, word ons ook uitgenooi om die pad van geregtigheid, versoening en dissipelskap met groter wysheid te stap.

Daarna beweeg ons na die Ou Testament, waar ons saam met prof. Sias Meyer nadink oor die Pentateug en die vraag hoe God se mense hulle geloof leef in die skadu van mag en empire.

Dit is ook vir ons ’n voorreg om hande te vat met eKerk vir die digitale leergeleentheid "Leef om te inspireer" op 24 Junie. Die gesprekke daardie oggend fokus op die soort leierskap wat mense help om hoop, verbeelding en nuwe moontlikhede raak te sien.

Omdat predikante en kerkleiers wyd oor Suid-Afrika versprei is, word al hierdie leergeleenthede aanlyn aangebied. Jy kan regstreeks deelneem of dit later op jou eie tyd deurwerk – dalk selfs saam met ander leiers in jou gemeente.

Mag hierdie seisoen van Koninkrykstyd vir ons almal ’n geleentheid wees om dieper wortels te skiet in die verhaal van God, met groter aandag na die Gees te luister en met nuwe vreugde in die voetspore van Jesus te volg."

15 Junie, Vanuit Miga6:8 Taakspan vir versoening en geregtigheid

15 Junie

Registreer hier.

Rig navrae aan Anje Zeeman by [email protected] of Rika van Rensburg by [email protected].

18 Junie, Vanuit Ou Testament: Die Pentateug in die skadu van Empire.

OuT

Bespreek hier: Vanuit Ou Testament: Die Pentateug in die skadu van Empire

24 Junie, Leef om te inspireer.

Gratis digitale geleentheid aangebied deur e-kerk

e-kerk

Vir meer besonderhede lees hier.

Registreer hier.

Ander

Besoek gerus Excelsus se webwerf vir meer besonderhede oor ander toerustingsgeleenthede.

vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].

Rustenburg-Suid Gemeente

'n Vakature vir voltydse Leraar is in die gemeente beskikbaar. Vir meer besonderhede lees hier.

Sluitingsdatum: 12 Julie 2026

Môregloed Gemeente (Pretoria)

'n Vakature vir 'n vastetermyn Leraar is in die gemeente beskikbaar. Volledige inligting is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 17 Julie 2026

Ander

Die sinode is versoek om die volgende kennisgewing te plaas:

Noordkaap Sinode: Predikant in sinodale diens (Kimberley)

Lees hier vir volledige besonderhede.

Sluitingsdatum: 15 Junie 2026

Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor ander vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures


Ander Nuus

ander nuus

Storiekaart: Waar stories leef.

Kerkbode skryf: "’n Intensiewe leergeleentheid vir verteenwoordigers van bykans al die NG Kerk se samestellende sinodes het van 1-2 Junie in die Wes-Kaap sowat 11 deelnemers uitgedaag om op nuwe wyses en onder tydsdruk saam te werk aan die verpakking van kerknuus.

Die formaat was prakties en uitkomsgerig. Die tema was: ‘Storiekaart: Waar stories leef’. Deelnemers moes in spanverband binne enkele ure inhoud uit hulle kontrei “plant” op ’n interaktiewe “storiekaart”, wat spesiaal vir die geleentheid ontwerp is en weldra uitgebou sou kon word. Kliek hier om te verken: https://kerkbode.christians.co.za/storiekaart/ "

Storie


Juan du Toit, Kommunikasie en Bemarking van die Vrystaat Sinode, skryf: "Daar is ’n spesifieke soort stilte wat jy net kry wanneer mense wat dieselfde roeping deel, saam begin werk. Nie ’n ongemaklike stilte nie — eerder een van herkenning. So asof jy in ’n vertrek instap en besef: hierdie mense verstaan hoekom jy hier is. Die E-Kom byeenkoms van 2026 in Wellington het vir mý so begin. En teen die einde daarvan het dit iets baie groter geword as ’n vergadering: dit het ’n herinnering geword dat die NG Kerk se stories nie apart leef nie, maar mekaar dra."

Lees die volledige artikel in die Vrypos hier.

Preekgeleenthede

Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Laai die opdateerde lys hier af.

Dateer jou inligting op

Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.

Dateer jou besonderhede hier op.

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.


Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT

Back to Blog