
5 Junie 2026

5 Junie 2026
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
Varsnuus

DinkJeug help gemeentes Jeugmaand vier.
DinkJeug deel deur die maand verskeie hulpbronne om gemeentes te help dink oor kinders, jongmense en geloofsvorming. Dit sluit onder meer eredienswenke, kategete-podcasts, kategete-toerustingsvideo’s en ’n VBO-geleentheid oor Generasie Alpha en geloof in. Die temas beweeg van veiligheid, Jeugdag en mentorskap tot barmhartigheid en omgee. Gebruik gerus hierdie hulpbronne om jongmense met groter bedoeling raak te sien, kategete toe te rus en saam as gemeente geloof te vorm in elke seisoen van die jaar.

15 Mei tot 15 Junie, "Go turquoise for the elderly"-veldtog.
Gedurende hierdie periode vind 'n bewusmakingsinisiatief deur die Departement van Gesondheid plaas wat fokus op die waardigheid, welstand en ondersteuning van bejaardes in ons gemeenskappe. Dit skep ook bewusmaking rondom belangrike uitdagings wat ouer persone daagliks ervaar.
Vir meer inligting besoek gerus hierdie webwerf.

24 Junie om 09:00, SDR-vergadering
Afgevaardiges word daaraan herinner dat die volgende SDR-vergadering op Woensdag, 24 Junie om 09:00 by Lynnwood Gemeente gehou word.
Sinodenuus

Survivor kamp (Graad 8 tot 10), 29 Junie tot 3 Julie.
Hierdie jaarlikse kamp is gerig op alle jongmense van graad 8 tot 10 en word weer by Badseloopkampterrein gehou gedurende die winter skoolvakansie (29 Junie tot 3 Julie).
Die Ringsjeugkommissie van Pietpotgietersrus rig 'n uitnodiging aan alle gemeentes, lees dit hier.
Stel jy belang om as personeel aan die kamp deel te neem, lees dan hier.
Die inskrywingsvorm vir die kamp is hier beskikbaar.
Gemeentes word versoek om asseblief die verskillende korrespondensie en die vorms met jongmense te deel.

Abraham Kriel Kinderhuis te Nylstroom
Lesers word uitgenooi na die Kinderhuisfees op die 13de Junie.

Kolleganuus

Verjaarsdae
As jy of jou eggenoot die komende week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.
Leraars
7 Junie Louis Pretorius (Naboomspruit)
12 Junie Francois Esterhuizen (Raslouw)
Emeriti
8 Junie Rudolph du Plooy
11 Junie Hennie Pieterse
11 Junie Willie Botha
Eggenote
12 Junie Ilindi Rotteveel, eggenote van Dawie (Harare)
Wêreldgesondheidsmaand vir mans.
Die kruidenierswinkel of kombuis is nie juis die meerderheid mans se voorkeurkuierplekke nie, maar met Juniemaand wat fokus op mansgesondheid, is dit dalk tyd vir jou om winkel toe te gaan. Maroela media lys tien items wat mans se algehele gesondheid kan verbeter sou dit gereeld geeet word.
Lees die volledige artikel hier.

Gemeentenuus

As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].
7 Junie 1854 Pretoria Gemeente
11 Junie 1984 Waterkloofrif Gemeente
Projekte
Universiteitsoord
Maryna Enslin, die Bemarkingskoordineerder van die gemeente, gee soos volg terugvoer oor hul Winterprojek: "Baie dankie aan almal wat ‘n donasie gemaak het vir ons Houers Vol Hoop projek!
Ons het hierdie jaar om en by 210 bottels vol sopbestanddele gevul asook ekstra droë sop pakkies en heelwat komberse en klere ingesamel.
Dankie aan Medius (ons jongvolwassenes) wat gehelp het om hierdie bottels te verpak.
Hierdie skenkings gaan alles na CMR se sopkombuis en ons hoop dat dit sommer ‘n groot verskil sal maak!"

Aktiwiteite
As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.
Florandia

Raslouw

Omgeenuus

Meer as maatskaplike werk: Hoe CMR Noord veilige ruimtes vir hoop skep
Waar hoop begin
'n Kind stap skool toe met meer as net 'n skooltas. By die huis mag daar konflik, verwaarlosing, honger of omstandighede wees wat geen kind behoort te ervaar nie. 'n Ouer probeer dalk desperaat om 'n gesin bymekaar te hou. 'n Ouma of oupa sorg moontlik vir kleinkinders met beperkte hulpbronne en min ondersteuning.
Dit is die werklikhede waarmee CMR Noord elke dag te doen kry.

CMR Noord Bestuurders van links: Petro Fourie, Lizette van Niekerk, dr Ronel Aylward, Rudolf van Jaarsveld en Neo Mashao by die viering van die CMR Noord se 90ste bestaansjaar.
Toerusting

Leergeleenthede in Junie
10 Junie, Pastorale beradingskursus.

Lees hier vir meer besonderhede.
11 Junie, Evangelisasie opleiding.

15 Junie, Vanuit Miga6:8 Taakspan vir versoening en geregtigheid

Rig navrae aan Anje Zeeman by [email protected] of Rika van Rensburg by [email protected].
18 Junie, Vanuit Ou Testament: Die Pentateug in die skadu van Empire.

Bespreek hier: Vanuit Ou Testament: Die Pentateug in die skadu van Empire
24 Junie, Leef om te inspireer.
Gratis digitale geleentheid aangebied deur e-kerk

Vir meer besonderhede lees hier.
Ander
Besoek gerus Excelsus se webwerf vir meer besonderhede oor ander toerustingsgeleenthede.

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].
Soutpansberg Gemeente (Louis Trichardt)
'n Vakature vir voltydse Leraar is in die gemeente beskikbaar. Vir meer besonderhede lees hier.
Sluitingsdatum: 12 Junie om 12:00
Rustenburg-Suid Gemeente
'n Vakature vir voltydse Leraar is in die gemeente beskikbaar. Vir meer besonderhede lees hier.
Sluitingsdatum: 12 Julie 2026
Môregloed Gemeente (Pretoria)
'n Vakature vir 'n vastetermyn Leraar is in die gemeente beskikbaar. Volledige inligting is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 17 Julie 2026
Ander
Die sinode is versoek om die volgende twee kennisgewings van vakatures in ander sinodes te plaas:
Vrystaat Sinode: Predikant in sinodale diens (Bloemfontein)
Lees hier vir volledige besonderhede.
Sluitingsdatum: 12 Junie 2026
Noordkaap Sinode: Predikant in sinodale diens (Kimberley)
Lees hier vir volledige besonderhede.
Sluitingsdatum: 15 Junie 2026
Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor ander vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures
Ander Nuus

Minder administrasie, meer ruimte vir bediening? Oorweeg KerkApp.
Pieter Visser (Wierdapark Gemeente) skryf: "Gemeentebediening draai uiteindelik nie om papierwerk, sigblaaie of WhatsApp-boodskappe nie, maar om mense. Tog neem lidmaatregisters, besprekings, lokaalverhurings, pastorale opvolg, betalings, RSVP’s en kommunikasie dikwels baie van die kerkkantoor en predikante se tyd op. KerkApp is ontwikkel om hierdie administrasie en logistiek eenvoudiger te maak, sodat gemeentes meer gefokus kan bly op hulle kernroeping: Om mense te help om ’n ontmoeting met God te beleef.
KerkApp bring die belangrikste kerkkantoorfunksies saam in een webapp. Lidmaat- en gesinsinligting, kontakbesonderhede, pastorale notas, besprekings, diensbeurte, kommunikasie en verslae kan op een plek bestuur word. Omdat dit aanlyn werk, is veranderinge onmiddellik sigbaar in die kantoor én op die predikant se selfoon.
Die praktiese waarde lê veral in bediening. Vanuit ’n lidmaatprofiel kan ’n predikant of kantoor maklik iemand WhatsApp, skakel, e-pos of op die adres klik om met Waze of Google Maps aanwysings na die huis te kry. Dit vergemaklik huisbesoeke, siekebesoeke, hospitaalbesoeke en pastorale opvolg. Minder gesukkel met inligting beteken meer tyd vir gesprek, gebed, sorg en teenwoordigheid.
KerkApp help ook met die gemeente se groter logistiek. Lokaalbesprekings kan botsings voorkom, lidmate of buitegebruikers kan aanlyn ’n gesprek of lokaal bespreek, kontrakte kan digitaal hanteer word, en betalings kan op een plek plaasvind. Vir kermisse en fondsinsamelings kan bestellings, betalings, RSVP’s, kaartjies, QR-kodes en toegangsbeheer makliker bestuur word.
Gemeentes hoef ook nie noodwendig van voor af te begin nie. KerkApp kan bestaande data uit ander stelsels ontvang en integreer, sodat lidmaatdata bruikbaar gemaak word binne ’n moderne webomgewing.
KerkApp kos normaalweg R199 per maand, maar ek wil graag vyf gemeentes die geleentheid gee om dit vir ten minste drie maande gratis te toets. Gemeentes kan ook na ’n kort oudio- of videoverduideliking kyk by kerkapp.co.za.
Belangstellendes kan my kontak by [email protected] of 082 565 9435."

Preekgeleenthede
Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Laai die opdateerde lys hier af.
Dateer jou inligting op
Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.
Dateer jou besonderhede hier op.
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

