Header sinodesitting

Na afloop van die sinodesitting

October 30, 2026•3 min read
Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT

Dankie

Die sinode bedank ieder en elk wat gehelp het om die afgelope sinodesitting 'n sukses te maak.

Dankie vir elke kerk- en gemeentekantoor - jul ondersteuning, hulp en gesindheid gedurende die tyd voór maar ook tydens die sinodesitting, het ons taak soveel makliker gemaak.

Dankie aan al die afgevaardigdes vir jul geduld en vriendelikheid tydens die sinodesitting.

Dankie aan al die borge vir items wat jul geskenk of aan ons geleen het.

Ons waardeer elkeen se bydrae.

Familie-album

Jul sal onthou dat ons ter voorbereiding vir die sinodesitting gevra het vir fotos van afgevaardigdes en kerkgeboue asook die GPS-koördinate van die kerke. Die doel was om 'n interaktiewe kaart van al die gemeentes in die sinode te skep en dan 'n druk hiervan te maak. Ons kon nie daarin slaag om hierdie projek betyds te voltooi vir die sinodesitting nie, maar ons gaan met dit voort. Ons beplan om steeds 'n interaktiewe kaart te skep waarop hierdie inligting dan aangebring sal word. Dit sal as die basis dien vir die sinode webwerf en databasis. Ons beoog om die fotos vir dieselfde doel te gebruik - vir die ontwerp van 'n webwerf wat meer inligting oor al die gemeentes en leraars dra.

Ons onderneem om jul deurlopend op hoogte te hou met die vordering wat ons met hierdie projek maak.

Beplanning vir die 2030-sinodesitting

Gegewe dat almal se ervarings van die afgelope sinodesitting nog vars in ons geheue is, wil ons vra dat jul die negatiewe ervarings wat jul beleef het, in aanloop van of tydens die sinodesitting, met ons sal deel. Watter prosesse, aspekte of dinge moet ons anders doen met die volgende sinodesitting? Wat was dit wat jou voorbereiding vir en ervaring van die sinodesitting negatief gestem het? Wat moet ons verander? Ons benodig jul terugvoer sodat ons weet waaraan ons moet werk om die 2030-sinodesitting 'n groter sukses te maak.

Jul is welkom om ook dit wat jul positief ervaar het met ons te deel sodat ons ook bewus is van dit waarmee ons moet voortgaan in die toekoms.

Stuur asseblief jul terugvoer aan [email protected] met die opskrif - voorstelle vir 2030-sinodesitting - en deel jul opinies en voorstelle met ons. Ons kan net verbeter as ons weet hoe jul dit ervaar het.

Voorleggings, aanbiedings en inligtingstukke

Die voorleggings, aanbiedings en notas wat deur die onderskeie sprekers beskikbaar gestel is, na die sinodesitting, is hier beskikbaar. Ons onderneem om dit deurlopend op te dateer en die skakel tot en met die laaste 2026-uitgawe van die Verskil in te sluit. Daarna sal dit op die sinode se webwerf beskikbaar wees.

'n Afgevaardigde se terugvoer ....

Jimmy Marx, kerkraad-afgevaardigde van Warmbad-Wes Gemeente, beskryf sy ervaring van die sinodesitting hier.

Bly op hoogte, lees die Verskil

Hierdie inligting is oorspronklik as deel van die sinode se nuusbrief, Verskil, gedeel. Voor en gedurende die sinodesitting het ons egter belangrike inligting waarvan kerkkantore en afgevaardigdes moes kennis neem via epos en WhatsApp met jou gedeel sowel as via die Verskil. Nou dat die sinodesitting verstryk het, gaan toekomstige inligting weer slegs via die Verskil met jou gedeel word. Om te verseker dat jy deurlopend inligting ontvang en op hoogte bly met sinode korrespondensie, skryf in vir die Verskil deur van die skakel gebruik te maak - Skakel na sinode se databasis.

Back to Blog