verskil

22 Mei 2026

May 21, 20267 min read
Verskil Banner

Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud.

Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.

Varsnuus

Varsnuus


25 Mei - 1 Junie, Kinderbeskermingsweek

Nasionale Kinderbeskermingsweek vind hierdie jaar vanaf 25 Mei tot 1 Junie plaas. Tydens hierdie week word bewustheid rondom kinders se veiligheid op verskeie maniere geskep. Vir meer agtergrond oor die bewusmakingveldtog, verskillende temas wat relevant is asook verskillende bewusmakingmetodes, lees die insetsel hier.

Kind3

Sinodenuus

sinodenuus

Binnelandse Sake: Belofte om dienservaring te verbeter

Grenspos, die nuusbrief van die Oos-Kaapland Sinode berig dat ses kerke gesprek gehad het met die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, oor knelpunte rondom die registrasie van huweliksbevestigers en huwelike.

Na aanleiding van hierdie gesprek het die minister skriftelik gereageer. Lees die skrywe hier.

In die voortgaande gesprek wil kerke graag verseker word dat 'n spesifieke, toegewysde e-posadres vir kommunikasie beskikbaar gestel word, en vir spoedige implementering van die gesamentlike taakspan vir hoofstroomkerke wat Schreiber voorsien. Die lys gestandaardiseerde vereistes van die Departement sal ook spoedig beskikbaar gestel word.

wed1

CMRN se 90 jaar van uithou, aanhou, genade en hoop.

'n Tyd gelede het ons 'n berig geplaas oor die Christelike Maatskaplike Raad Noord (CMRN) se glans geleentheid om hul 90ste bestaansjaar te vier. In 'n artikel wat op 20 Mei in Kerkbode verskyn het, skryf Hendrien van Vliet meer oor die geleentheid maar brei ook uit oor hoogte- en laagtepunte gedurende hierdie era. Lees hul stories van hoop, vertellings oor die begindae, hoe hul gegroei het en waar hul hulself tans bevind, hier.

Kennisgewing insake reiskoste

'n Besluit is deur die Moderatuur in opdrag van die SDR geneem oor die tarief wat geld vir die befondsing van reiskostes vir amptelike verpligtinge.

Lees die kennisgewing hier.

reis

Skryf nou in teen 'n verlaagde kampprys!

Vroeë inskrywings vir die Survivor kamp (inskrywings wat voor 31 Mei ontvang word), betaal 'n laer kampfooi as diegene wat na die 31ste Mei inskryf. Maak gebruik van hierdie spesiale aanbieding en skryf nou in.

Hierdie jaarlikse kamp is gerig op alle jongmense van graad 8 tot 10 en word weer by Badseloopkampterrein gehou gedurende die winter skoolvakansie (29 Junie tot 3 Julie).

Die Ringsjeugkommissie van Pietpotgietersrus rig 'n uitnodiging aan alle gemeentes, lees dit hier.

Stel jy belang om as personeel aan die kamp deel te neem, lees dan hier.

Die inskrywingsvorm vir die kamp is hier beskikbaar.

Gemeentes word versoek om asseblief die verskillende korrespondensie en die vorms met jongmense te deel.

Badse

Op soek na helderheid.

Die laaste van die reeks predikantwegbreke met Hermeneutiek as fokus, vind van 9 tot 11 Junie by Tsekama plaas. Die tema is: "Op soek na helderheid".

Daar is vir 15 mense plek. Die sinode dra al die koste buiten die reiskoste. Elkeen kry 30 VBO-punte.

Belangstellendes moet so gou moontlik vir Elmarie Jooste ([email protected] / 0824966317) of vir Paul Grobler ([email protected] / 0826535734) skakel.

web

PredikanteSAAMkoms 2026

Leraars wat die byeenkoms in Augustus gaan bywoon kan dié skakel gebruik -SaamKoms – NG Kerk om op hoogte te bly oor verwikkelinge of reëlings oor die geleentheid.

Saamkoms


Kolleganuus

kolleganuus

Verjaarsdae

As jy of jou eggenoot die komende week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.

Leraars

26 Mei Hendrik Barnard (Valhalla)

27 Mei Dewyk Ungerer (Gekoppel aan Kerk-in-Suid)

28 Mei Hardus Prinsloo (Daspoort)

28 Mei Paul van Jaarsveld (Magalieskruin)

Emeriti

24 Mei Christiaan Gericke

25 Mei Conrad Wethmar

27 Mei Pieter Oberholzer

28 Mei Martiens Swart

Eggenote

23 Mei Marlene du Toit, weduwee van Derick (Villieria)

25 Mei Charné Hattingh, eggenote van Nicky (Krokodilrivier)

27 Mei Lourens Strauss, eggenoot van Alwine (Kameeldrif)

verja

Gemeentenuus

Gemeentenuus


Stigtingsdatums

As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].

28 Mei 1901 Harare Gemeente

Projekte

Universiteitsoord

Die gemeente doen 'n beroep op lesers om hul te ondersteun in die Winterprojek.

Univ

Maryna Enslin, die Bemarkingsbeampte van die gemeente verduidelik die metode soos volg:

" Gebruik ‘n skoon leë koffiebottel (Nescafé werk goed).
Vul die bottel met die volgende bestanddele:

1/2 Koppie rys
1/2 Koppie sopmengsel
1/2 Koppie lensies
1 Blokkie beesvleisaftreksel
1 Pakkie soppoeier

Herhaal tot die bottel vol is.
Lewer gevulde bottels teen 25 Mei by Universiteitsoord af."

Aktiwiteite

As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.

Brits

brits

Haakdoorn

Haak2

Kameeldrif

KDrif

Montana

Montana

Nylstroom-Oos

Susan

Rietfontein-Suid

RietSuid

Rivieria-Jakaranda

30Mei

Villieria

Vill

Waverley

Wave

Wierdapark

Wierda1Wierda2


Queenswood

Queens

Florandia

6 June

Raslouw

Ras

Omgeenuus

Omgee sonder kremetart

Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom

Díe kinderhuis vier vanjaar hul 66ste bestaansjaar. Hul tema vir die jaar is "Jaar van hoop, omgee en herstel. 'n Tuiste waar kinders weer kan droom".

Gerda van der Merwe, Hoof van die kinderhuis, skryf: "Vir die afgelope 66 jaar bied Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom 'n veilige tuiste van liefde, genesing en hoop aan kinders wat traumatiese omstandighede beleef het. Ons missie is om elke kind te help om die pyn van die verlede te oorkom, hul potensiaal te ontdek en met selfvertroue na die toekoms uit te reik."

Vir meer besonderhede oor die kinderhuis, hul missie, fokus en kultuur, lees hier.

AKK

Toerusting

Toerusting

Excelsus ontwikkelingsgeleenthede

11 Junie, Evangelisasie opleiding.

Jun

Bespreek hier.

18 Junie, Vanuit Ou Testament: Die Pentateug in die skadu van Empire.

OuT

Bespreek hier: Vanuit Ou Testament: Die Pentateug in die skadu van Empire

Ander

Besoek gerus Excelsus se webwerf vir meer besonderhede oor ander toerustingsgeleenthede.


Vakatures

vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].

Stabilis Behandelingsentrum (Pretoria)

'n Vakature vir Algemene Bestuurder is by die sentrum beskikbaar. Volledige besonderhede is in Afrikaans en Engels beskikbaar.

Sluitingsdatum: 22 Mei 2026

Algemene Sinode (Hatfield, Pretoria)

Die Algemene Sinode kantoor het ’n vakature vir 'n Administratiewe Assistent beskikbaar. Besonderhede is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 29 Mei 2026 om 13:00

Soutpansberg Gemeente (Louis Trichardt)

'n Vakature vir voltydse Leraar is in die gemeente beskikbaar. Vir meer besonderhede lees hier.

Sluitingsdatum: 12 Junie om 12:00

Môregloed Gemeente (Pretoria)

'n Vakature vir 'n vastetermyn Leraar is in die gemeente beskikbaar. Volledige inligting is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 17 Julie 2026

Ander

Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor ander vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

job


Ander Nuus

ander

Die werkloosheidskrisis in ons land, ons gee om.

Die Suid-Afrikaanse werkloosheidsyfer staan op 32,7%, volgens die kwartaalsyfer wat in Mei vanjaar bekendgemaak is. Die uitgebreide definisie van werkloosheid stoot dié syfer verder op, tot 43,7%.

Hoe gemaak as jou geliefde of vriend se maatskappy herstruktureer en jy meteens moet probeer raadgewer speel vir iemand wat werkverlies in die gesig staar of reeds sy / haar werk verloor het? Hoe ondersteun ek 'n gemeentelid in so situasie?

Le Roux Schoeman van Kerkbode het drie kundiges geraadpleeg en 'n artikel hieroor, gedateer 20 Mei, geplaas. Lees die volledige artikel met praktiese wenke van wat om te sê en wat om nie te sê nie, hier.

Werk

Getuienis: 'n Predikantma vertel.

Lizl-Louise Schoeman, voorsitter van die moderatuur en predikant by Monumentpark Gemeente, vertel in moedersdagmaand aan Heléne Meissenheimer, van Kerkbode, dat haar dogter met Downsindroom haar hele verstaan van ma-wees, verander het. Lees die volledige artikel hier.

Ma

Preekgeleenthede

Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Laai die opdateerde lys hier af.

Dateer jou inligting op

Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.

Dateer jou besonderhede hier op.

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.

Hou mekaar vas
Back to Blog