Kinderbeskermingsweek Deel 1

May 21, 20261 min read

Logo

VARS NUUS

22 Mei 2026

Kinderbeskermingsweek
Deel 1

Nasionale Kinderbeskermingsweek vind hierdie jaar vanaf 25 Mei tot 1 Junie plaas. Tydens hierdie week word bewustheid rondom kinders se veiligheid op verskeie maniere geskep. Vir meer agtergrond oor die doelstellings van die kinderbeskermingsweek as regeringsveldtog, besoek hierdie webwerf.


Wanneer ons van beskerming van kinders praat is daar ‘n hele klomp onderwerpe wat ter sprake kom, en sluit skakels na inligting oor slegs enkele relevante onderwerpe hierby in wat lesers toegang tot meer volledige inligting sal bied:
Kuberboelies
Kinderselfdood

Kind2

Bewusmakingmetodes

Kortfilms

Die skrywer en kortfilm vervaardiger Pieter Bonrhuyzen het sy twee Afrikaanse bewusmakingfilms vir jongmense, se skakels met Algoa Gemeenskapskerk gedeel. Besonderhede oor en die skakels na die films word hierna deurgegee.

Film: Agter toe deure

Hierdie kortfilm was in 2019 vervaardig en handel oor boelies in skole. Kyk na die film hieronder.

Film: Weg

Gedurende 2020 het Pieter Bonrhuyzen sy tweede kortfilm vervaardig en vrygestel. Weg handel oor mensehandel en ontvoering. Hiermee wil hy graag ‘n boodskap uitstuur dat ontvoerings ‘n werklikheid in gemeenskappe is. Hy wil tieners bewus maak van die gevare van nagklubs, partytjies en algemene byeenkomste waar daar altyd ‘n moontlikheid skuil vir gevaar. Kyk na die film hieronder.

Back to Blog