verskil

6 Maart 2026

March 05, 202611 min read
Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
Verskil Banner

Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud.

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.

Varsnuus

Varsnuus

Terugvoer van die ASM

Die Algemene Sinodale Moderamen (ASM) se vergadering het verlede week vanaf 24 tot 26 Februarie plaasgevind, en ons plaas graag enkele van die sake wat ter sprake was:

Verwondering as 'n aspek van spiritualiteit

Tydens die opening van die vergadering het Stephan Joubert verwondering as ’n aspek van spiritualiteit beklemtoon.

“Dit sal darem wonderlik wees as die verhaal waarvan ek en jy deel is, die verhaal van Jesus, die masjien waarop die wêreld hardloop, blokkeer,” het hy gesê.

Lees sy gesprek soos gelewer tydens die ASM getiteld - “Een van die grootste gevare is dat ons afgestomp raak …” – Stephan Joubert oor die teologie van verwondering - Kerkbode.

PredikanteSAAMkoms 2026

Die ontwerpspan wat hard aan’t beplan is vir die predikanteSAAMkoms wat in Augustus by Goudini in die Wes-Kaap sal plaasvind, het op hulle beurt die droom asook nadere besonderhede en spertye vir inskrywing tot hierdie grootskaalse projek met afgevaardigdes gedeel. Dié unieke saamkoms vir leraars, oud en jonk, vind op 24-28 Augustus plaas in die jaar voor die Algemene Sinode van die NG Kerk weer in 2027 sal vergader. Die sluitingsdatum vir registrasies is reeds die 10de April.

Kyk gerus na 'n opname wat al die reelings verduidelik.

saam

Verhouding met die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika

’n Skrywe deur die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika (GKSA) het vlugtig by die ASM-vergadering ter sprake gekom. Dit lui: “Dit is vir ons inderdaad hartseer dat die bande tussen ons drie kerkverbande oor tyd losser geword het. Ons deel die oortuiging dat ’n eerlike en openhartige gesprek die aangewese wyse is om saam aandag te gee aan die huidige stand van ons onderlinge verhoudinge”. Die GKSA se brief volg op die NG Kerk, tesame met die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA), se versoek om ’n ontmoeting. Dit nadat die GKSA in Januarie by ’n sinodesitting onder meer besluit het om bande met die NG Kerk af te skaal.

gsd


Sinodenuus

sinodenuus

SDR-vergadering, 4 Maart

Die opgawe van inligting wat bespreek was met die SDR vergadering van 4 Maart, sal in die toekomstige Verskille, deurgegee word.

SDR

Andries Smal lewer 'n getuienis aan die afgevaardigdes oor die hulp wat die
Limpopo streek ontvang het tydens die oorstromings.

Ekologie: Minder mikroplastiek

Fay van Eeden skryf in die Kerkbode van 24 Februarie dat sy één voorneme het vir 2026 en dit is om minder mikroplastiek te gebruik. Sy deel 10 wenke van hoe ons dit in ons eie lewens kan inkorporeer. Lees die volledige artikel en die wenke, hier.

Ekologie


Sinodesitting 2026

Sinodesitting 2026

Algemeen

Vanjaar se Sinodesitting vind vanaf 18 tot 22 Oktober by Weesgerus plaas. Koste beloop R2000 per afgevaardigde.

Vervoer (selfs vir diegene van Midde-Afrika) en alle ander koste van die sitting sal deur die sinode gedra word.

Weesgerus

Taakspanverslae

Talle taakspanne het reeds hulle werk voltooi en die verslae is beskikbaar vir lesers. Gebruik hierdie skakels om dit te lees. Elke week sal twee tot drie verskillende taakspanverslae beskikbaar gestel word.

Taakspan: Kommunikasie

Taakspan: Ekologie

Taakspan: Vroeë Kinderontwikkeling


Kolleganuus

kolleganuus

Verjaarsdae

In hierdie uitgawe verskyn die verjaarsdae sedert die begin van Maart.

As jy of jou eggenoot die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.

Leraars

2 Maart Carli Fourie (Montana)

3 Maart Marinda van Niekerk (Pretoria-Oos)

4 Maart Hannes Peens (Marken)

4 Maart Joekie Laas (Waverley-Oos)

7 Maart Dewald Roux (Waterkloof)

7 Maart Sias Meyer (Stellastraat)

9 Maart Jacques Myburgh (Noordoos-Pretoria)

13 Maart Ashton van Niekerk (Wonderboom)

Emeriti

1 Maart Abraham Theron

3 Maart Hannes Nieman

7 Maart Deon Haumann

Eggenote

1 Maart, Sonja Bezuidenhout, eggenote van Hannes (Pietersburg-Noord)

2 Maart, Lizette Coetzee, eggenote van Theunis (Wesmoot)

Hartseer

Ons is bewus van die volgende eggenotes van emeriti wat in die afgelope tyd oorlede is:

Sandra Lötter, eggenoot van Chris, vroeër predikant van Villieria-Oos asook Waverley.

Yvonne Smuts, eggenoot van Mike, vroeër predikant van Lynnwood en ook moderator van die Noordelike Sinode.

Bewegings

Bevestigings

André Agenbag en Wouter van Wyk het op 1 Maart diens aanvaar in die Gemeente Suidoos-Pretoria (Stellastraat). Albei word op 8 Maart bevestig.

Wouter

André Agenbag

Andre

Wouter van Wyk

Willie Korb het die beroep na Messina Gemeente aanvaar en word op 7 Maart bevestig. Sy intreepreek vind op 8 Maart plaas.

Korb

Preekgeleenthede

Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Laai die opdateerde lys hier af.

Leer ken ...... Malan Nel

Professor Malan Nel is gebore op ’n plaas in die Calvinia-distrik. In daardie jare kon hy matriek reeds op 16 voltooi en op die kampus van UP word hy 17 tydens sy eerste jaar as Siviele ingenieurstudent. Teen die einde van daardie jaar kry hy duidelik die roeping tot leraar en nie lank daarna nie volg ’n loopbaan van 60 jaar in die bediening. Op 87 is hy steeds in diens van UP, ’n gerespekteerde baanbreker en visionêre teoloog – plaaslik en internasionaal. Lees die volledige artikel oor Malan Nel soos in die Kerkbode van 11 Februarie verskyn het of luister na die gesprek tussen hom en Annabelle Lombard wat handel oor die "Dissipels maak dissipels" kursus wat hy later vanjaar aanbied.

Malan

Welstand

Bestmed Mediese Skema se leefstylprogram, Tempo, het onlangs 'n opname bekendgestel wat die wetenskap van gedragsverandering in diepte verduidelik. Kyk na die opname hier.

Tempo3


Gemeentenuus

Gemeentenuus

Stigtingsdatums

As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].

1 Maart 1977 Limpopo Gemeente

Gebeure

Universiteitsoord

Universiteitsoord skryf: "Ons het saam met Kerk-in-Suid by Jakaranda Kinderhuis (Huis 9) opgedaag met verfkwaste en groot harte. Klomp studente wat inspring en help waar dit saak maak. Mag ons elkeen hierdie jaar so wees - om Jesus se hande en voete te wees!"

verf

Universiteitsoord skryf: "Ons aksie vir dagstudente (Amicus) het vir 3 weke lank fondse ingesamel…een pannekoek op ’n slag. Hulle het werklik bewys dat alles is beter met pannekoek. Hierdie fondse gaan aangewend word om 'n kamp te kan hou en ander studente aktiwiteite te kan aanbied."

pannekoek

Aktiwiteite

As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.

Florandia

Rolbal

Riviera-Jakaranda

Jakaranda

Queenswood

Queen

Vir meer inligting oor die besonderse geleentheid op die 14de en 15de Maart, lees gerus hier.

Montana

Montana2

Universiteitsoord

univ

Universiteitsoord skryf: "Jy word uitgenooi na ’n aand waar ou en nuwe stemme mekaar ontmoet en waar Matteus se vertelling vandag steeds met ons praat. In hierdie jaar waarin die wêreld 299 jaar sedert die eerste uitvoerings van Johann Sebastian Bach se Matteus-Passie herdenk, sluit ons aan by ’n lang tradisie van geloof, musiek en vertelling — maar met ’n vars, hedendaagse aanslag.

Deur Skriflesings uit die Evangelie van Matteus, Passiemusiek uit die tradisie, en kontemporêre klanke word die pad van Getsemane tot by Golgota stap vir stap ontvou. Tjello en hobo tree saam met die orrel in gesprek, en studente help om die verhaal sigbaar en hoorbaar te maak, sodat ons nie net luister nie, maar saam op hierdie weg beweeg. ’n Aand van refleksie, eenvoud en diep betekenis."


Omgeenuus

Omgee sonder kremetart

Wie en wat is die SKDBM?

Die SKDB Maatskappy (SKDBM) is die koördineringsambreel en funksioneer as die hoofkantoor van die Nederduitse Gereformeerde (NG) Kerk se diensorganisasies vir professionele diakonale dienste in die gebied van die Noordelike Sinode. Die Maatskappy is geregistreer as ʼn Maatskappy sonder Winsoogmerk (NPC) in terme van die Maatskappyewet (Wet 71/2008) en as ʼn Nie-Winsgewende Organisasie (NPO) by Departement Maatskaplike Ontwikkeling in terme van die Wet op Organisasies Sonder Winsoogmerk (Wet 71/1997). Die SKDBM verteenwoordig die geformaliseerde maatskaplike dienste wat histories uit die NG Kerk se diakonale bediening ontwikkel het.

Primêre doel van die SKDBM

In sy Memorandum van Inkorporasie word die hoofdoelstelling van die Maatskappy soos volg beskryf:

Die versorging en berading, sowel as die voorsiening van opleidingsprogramme en gesondheidsorgdienste aan: weerlose, verwaarloosde, arm, behoeftige, fisies en psigies mishandelde en substans-afhanklike persone.

Die voorsiening van residensiële versorging en ander dienste aan afgetrede persone waarvan meer as 90% bo die ouderdom van 60 jaar is en waarby arm en behoeftige persone wat nie die volle koste kan dra nie, ingesluit is.

Doelwitte

Die bogenoemde doelstelling word bereik by wyse van die volgende take of doelwitte wat die SKDBM aan homself gestel het:

Eienaar van eiendomme

As die eienaar van eiendomme is die SKDBM verantwoordelik vir die bestuur van die eiendomme wat deur diensorganisasies gebruik word; (hierdie bestuur behels toesig oor die gebruik, instandhouding, versekering, en opgradering van eiendomme), en hou die SKDBM toesig oor die maatskaplike dienste wat vanuit die fasiliteite gelewer word. (Toesig behels die ondersteuning, begeleiding en advisering van besture en beheerrade).

Agent vir Diakonaat

Diakonaat word verstaan as die omvattende term van die Kerk se bediening van God se barmhartigheid aan mense in nood. Dit sluit die diakonale bediening van gemeentes en die professionele diakonale dienste van geregistreerde diensorganisasies in as een geïntegreerde en holistiese bediening van die Kerk. Die SKDBM is die Noordelike Sinode se bedieningsagent vir professionele diakonale dienste. Die Maatskappy bevorder die funksionele en effektiewe diakonaat van gemeentes en diensorganisasies.

Ontwikkel en Bestuur van Hulpbronne

Om die bogenoemde doelstellings te bereik, moet die SKDBM diensorganisasies en gemeentes ondersteun in die ontwikkeling en bestuur van hulpbronne vir diakonale dienste. Die SKDBM bestuur en ontwikkel ook self hulpbronne om dienslewering op alle vlakke te ondersteun.


Toerusting

Toerusting

Excelsus

Ons bevind ons reeds in die tweede week van Lydenstyd — ’n seisoen wat ons stadiger laat loop, dieper laat kyk en eerlik laat onderskei. Dit is ’n tyd waarin ons as predikante weer vra:
Hoe volg ons Christus met integriteit in ’n komplekse wêreld? Hoe laat ons toe dat God ons denke, ons bediening en ons gemeenskappe hervorm?

Hierdie maand se leergeleenthede sluit juis daarby aan. Vanuit Sistematiese Teologie word ons geloofstaal geslyp in ’n tyd van spanning en onsekerheid. By Kerk en Samelewing luister ons saam na die stories van vier dekades - die pyn én die groei, en onderskei ons verantwoordelik hoe ons vandag getuig in die publieke ruimte. Verder is daar leergemeenskappe rondom mentorskap, aftrede-gesprekke en missionale verdieping as deel van ’n doelbewuste leer-ritme deur die jaar.
Mag hierdie geleenthede jou help om jou roeping met vars moed en wysheid te leef. Ons reis saam - geroep, gevorm, gestuur en gedra deur genade

Vanuit die Fakulteit Teologie en Religie (UP) & Hugenote Kollege

Vanuit Sistematies| aanlyn | 12 Maart | aanbieder: Prof. Tanya van Wyk

Vanuit Missionale Teologie| aanlyn | 23 April | aanbieder: Prof. Hannes Knoetze

Leergeleenthede vanuit Excelsus

Intreeleraars 2| in persoon | 9–11 Maart | aanbieder: Dr. Tom Smith

Kerk en samelewing konferensie| in persoon | 17–19 Maart | aanbieders: verskeie aanbieders

Aftrede kursus| aanlyn | 25–26 Maart | aanbieders: verskeie

Mentorskapopleiding| in persoon | afskop: 8 April - afsluiting November 2026 | Prof. Barry Tolmay en Ds. Lerisa Meyer

Leergeleenthede vanuit ons vennote

Friends in Formation| in persoon | 16 - 20 Maart & 1 - 4 September | aanbieders: Mosaiek.

Lees die prospektus hier. En kyk gerus na die video met 'n uitnodiging.

Ander

Vir ander ontwikkelingsgeleenthede wat deur Excelsus geskeduleer is, besoek hul webwerf by Leergeleenthede - Excelsus.


Vakatures

vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].

Doornpoort Gemeente

Die gemeente het 'n vakature vir 'n Musiekleierpos (kontrakpos). Lees die volledige besonderhede hier.

Sluitingsdatum: 16 Maart 2026

Ander

Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures


Ander Nuus

ander

Pinksterreeks 2026

Ontwrig die verdeeldheid: ’n Pinksterreis na Eenheid, Heiligheid en ’n Nuwe Mensheid in Christus is ’n kragtige seweledige preekreeks deur Phumlani Ngwenya en Mikal Barnes, gebaseer op hul komende boek wat deur CLF uitgegee word. Die reeks put diep uit die Suid-Afrikaanse verhaal en die Bybelse Pinkstergebeure om die Kerk uit te daag om weer die eenheid te leef waarvoor Jesus in Johannes 17 gebid het. Dit hou die Kerk ’n spieël voor - om haar eie verdeeldheid, trots en kulturele gevangenskap te erken - en bied terselfdertyd ’n padkaart vir ’n Gees-geleide reis na genesing en versoening.

Met temas soos liefde as dryfkrag, heiligheid en nederigheid, waaksaamheid teen geestelike Trojanse perde, en Christus bo kultuur, roep hierdie reeks gelowiges en gemeentes op tot ’n “heilige ontwrigting” wat ware gemeenskap en transformasie bring.

Die uiteindelike doel? Die vorming van ’n nuwe mensheid in Christus - ’n versoende volk wie se lewe die geloofwaardigheid van die evangelie aan ’n verdeelde wêreld toon.

Laai dit hier van CLF se Hulpbronsentrum af - https://clf.co.za/resource-toolkit/

CLS

Dateer jou inligting op

Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.

Dateer jou besonderhede hier op.

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.

Hou mekaar vas
Back to Blog