verskil

27 Februarie 2026

February 26, 20268 min read
Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
Verskil Banner

Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud.

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.

Varsnuus

Varsnuus

Lydenstyd

Lydenstyd

Die Sinodehuis steek gedurende die Lydenstyd elke dag 'n kers aan.

Terugvoer oor die ASM vergadering

Tydens die eerste dag van die ASM vergadering het sinodale leiers elkeen die geleentheid gekry om kortliks iets met die vergadering te deel vanuit die streke en gemeentes wat hul verteenwoordig. Lees die volledige artikel soos in die Kerkbode verskyn het op 25 Februarie.

ASM


Sinodenuus

sinodenuus

SDR vergadering

Neem kennis dat die SDR vergadering op 4 Maart om 09:00 by Universiteitsoord Gemeente gehou word.

SDR

’n Roeping tot getroue rentmeesterskap

Op 3 Maart herdenk die wêreld Wêrelddag vir Wildlewe - ’n dag wat ons herinner aan die rykdom en broosheid van God se skepping. Van die kleinste insek tot die magtigste dier, elke lewende wese getuig van God se wysheid en kreatiwiteit. Die Bybel leer ons dat die aarde en alles daarop aan die Here behoort (Psalm 24:1), en dat die mens geroep is om die skepping te bewerk en te bewaak (Genesis 2:15). Wêrelddag vir Wildlewe nooi ons as gelowiges uit om weer stil te staan by hierdie heilige roeping. Lees meer oor die doel van Wêrelddag vir Wildlewe soos Mariëtte Odendaal van die Vrypos (Vrystaat Sinode se nuusblad) dit uiteensit in die uitgawe van 20 Februarie.

wild

Wêreldbiddag vir vroue en mans

Besoek gerus die Algemene Sinode se webwerf vir meer inligting en riglyne vir gemeentes en gebedsgroepe wat aan die vroue inisiatief op 6 Maart, en en die mans inisiatief op 7 Maart, wil deelneem.

gender

Wegbreekgeleentheid

Die eerste Predikantewegbreek vir 2026 vind vanaf 21 tot 23 April by Tsekama, plaas. Die sinode dra die volle koste. Elkeen moet net vir sy eie vervoer sorg. Daar is net vir 15 persone plek. Kontak Paul Grobler by 082 653 of Elmarie Jooste by 082 496 6317 vir navrae en inskrywings.

Web

PredikanteSAAMkoms

Die Algemene Sinode het onlangs die koste van die PredikanteSAAMkoms wat vanaf 24 tot 28 Augustus vanjaar by Goudini gehou sal word, bekend gemaak. Lees hierdie amptelike skrywe om meer besonderhede.
Leraars het op 23 Februarie 'n skrywe van die Algemene Sinode ontvang wat die registrasieproses om die byeenkoms by te woon, verduidelik. Indien jy nie hierdie korrespondensie ontvang het nie, rig 'n navraag aan die sinode by [email protected].

Saam

Sinodesitting

Die sinodesitting vind vanjaar vanaf 18 tot 22 Oktober by Weesgerus plaas. Die beraamde koste per afgevaardigde beloop R2000 wat alle etes insluit. Die sinode dra die volle koste van die verblyf en staan ook in vir die reiskoste en ander uitgawes. Die gemeentes betaal slegs die koste vir hul afgevaardigdes se etes.

wees

Fasiliteerders vir In Pas

Lourens Bosman, vroeër die Algemene Bestuurder van die Algemene Sinode skryf: “Tydens die Algemene Sinode van 2023 is die ontwikkeling van ’n missionale kultuur deur die gebruik van die publikasie In Pas, geïdentifiseer as een van die hoogste prioriteite. Om dit te doen, het die taakspan ‘n kursus vir fasiliteerders onwikkel. Dit is in 2025 vir die eerste keer aangebied. ’n Volgende opleidingsgeleentheid vind van 24 tot 26 Maart te eMseni aan die Oos-Rand plaas.”

Predikante, en lidmate wat graag as fasiliteerders opgelei wil word, moet asb. so gou moontlik vir Elmarie Jooste 082 496 6317 / [email protected] of vir Paul Grobler 082 653 5734 / [email protected] kontak. Navrae kan ook aan hulle gerig word. Die koste van die opleiding word deur die Sinode betaal.

pas

Parlementêre oorsig bevestig godsdiensvryheid

Danie Mouton, skryf in 'n artikel in die Grenspos, nuusbrief van die Oos-Kaap Sinode, dat die onlangse verset teen staatsbeheer oor godsdiens vrugte op lewer. Lees die volledige artikel hier.

CRL


Kolleganuus

kolleganuus

Bewegings

Bevestigings

Karla Grahan het die beroep na Montana Gemeente aanvaar. Haar ordening vind op
1 Maart tydens die erediens plaas, waartydens sy ook haar intreepreek lewer.

Montana3

Leer ken ...... Sané en EJ Leach

Jaco Strydom, van die Kerkbode, het met Sané Leach (eggenote van EJ, van Rustenburg Gemeente) gesels oor haar passie vir lig in donker plekke. Luister na die interessante gesprek of lees die volledige artikel soos in die Kerkbode van 17 Februarie, verskyn het.

Leach

Selfsorg

Shalom, Shalom

Tydens 'n Vocatio-konferensie het Jana van den Munckhof ’n vraag gevra wat die kamer stil gemaak het. Sy het begin met ’n vermoede: “I suspect that most of you know how to show up.” En die vertrek vol dominees het geweet sy is reg. Toe kom die tweede vraag: “But could it be that many of us have learned how to do all of that while slowly disappearing from ourselves in the process?”. En skielik het byna elke kop in die vertrek met ‘n knik stilweg “ja” gesê.

Lees die volledige gesprek deur Jana soos verskyn het in 'n artikel in die Kaapkerk, nuusbrief van die Wes-Kaap, hier.

Kaap

Spreker: Jana van den Munckhof (erkenning aan Kaapkerk)

Preekgeleenthede

Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Laai die opdateerde lys hier af.

preek

Gemeentenuus

Gemeentenuus

Stigtingsdatums

As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].

Geen.

Gebeure

Groenkloof Gemeente

Die Gemeente Groenkloof het tans uitdagings met hulle kerk se dak wat van houtteëls gemaak is. Indien iemand hulle kan help met raad of verwysings kontak asseblief vir Harm Kelderman, een van die predikante, by [email protected] of 084 584 5298.

dak

Aktiwiteite

As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.

Florandia

Rolbal

Queenswood

Queen

Vir meer inligting oor die besonderse geleentheid op die
14de en 15de Maart, lees gerus hier.

Montana

Montana

Toerusting

Toerusting

Excelsus

n Terugblik, ’n gesprek en ’n soeke na ’n profetiese publieke getuienis

Van 17 tot 19 Maart 2026 word predikante, gemeenteleiers en navorsers genooi na ’n besondere Kerk en Samelewing-konferensie by NG Kerk Stellastraat Gemeente in Pretoria. Hierdie byeenkoms bied ruimte om saam terug te kyk op die NG Kerk se pad oor die afgelope 40 jaar, en om nuut te besin oor die kerk se roeping tot ’n geloofwaardige, profetiese en publieke getuienis in ons tyd.

Oor dekades heen het Kerk en Samelewing diep spore in die lewe van die kerk gelaat. Besluite en prosesse wat in die 1970’s en 1980’s geneem is, word vandag steeds in ons land uitgeleef - soms met vrug, ander kere met spanning.

Hierdie konferensie skep ’n ruimte om eerlik te luister, saam te onthou, en nuut te onderskei: Hoe het ons hier gekom, en hoe gee ons vandag gestalte aan ’n geloofwaardige publieke getuienis?

Vir volledige besonderhede oor die konferensie, besoek hierdie webwerf.

Vir ander ontwikkelingsgeleenthede wat deur Excelsus geskeduleer is, besoek hul webwerf by Leergeleenthede - Excelsus.

Brugbedieningopleiding

Malan Nel, emeritus professor in Praktiese Teologie en vader van brugbediening in ons land, skryf: "Die weggaan van 'n predikant in 'n gemeente laat so 'n gemeente in 'n tyd van bepaalde onsekerheid. Die pad vorentoe is onseker totdat 'n nuwe permanente bediening weer in plek is. Hierdie kursus poog om reeds goed opgeleide predikante verder op te lei vir wat brug of interim bediening genoem word. Dit is doelgerigte en spesialis opleiding om gemeentes tydens hierdie oorgangsperiode, soms deur korporatiewe trauma heen, tot voordeel van die gemeente se nuwe toekoms te begelei en waar nodig te fasiliteer."

Brug

Week 1: 27 – 30 Julie 2026 | Week 2: 16 – 19 November 2026
Kursusleier: Malan Nel
Dosente: Malan Nel, Roelf Opperman, Hannes J van Rensburg, Stephan de Beer en ander.
Koste: R4 850
Plek: NG Kerk, Stellastraat, Pretoria
70 VBO Krediete
KONTAK - Irene Thomas 012 420 4952 Of per epos aan [email protected]

Vakatures

vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].

Môregloed Gemeente

'n Leraarspos is beskikbaar in die gemeente. Besonderhede oor die posisie en vergoeding is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 28 Februarie 2026

Ander

Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

Ander

Ander Nuus

ander

Nuut

In die volgende Verskil uitgawe (vanaf 6 Maart) word twee nuwe rubrieke as standaard onderwerpe in die inhoud ingesluit. Een rubriek getiteld, Ons gee om, sal inligting oor instansies binne die sinode of gemeente projekte wat daarop gerig is om barmhartigheid uit te leef, aan lesers bekend gestel word. Instansies met hierdie oogmerk of gemeentes wat projekte loods of beplan rondom barmhartigheid, is welkom om inligting en fotos met ons te deel. (As jy dalk aan 'n meer geskikte titel vir hierdie rubriek kan dink, deel dit asseblief met [email protected]).

Dle tweede nuwe rubriek handel oor die Sinodesitting van Oktober 2026. Soos nuwe inligting wat verband hou met die sinodesitting beskikbaar is, sal dit op die sinode webtuiste aangebring word en skakels daarheen sal dan in die Verskil, gedeel word.

Die laaste nuwe inisiatief is die vervanging van die kommunikasie-funksie wat Verskillesers uitnooi om op 'n skakel wat lees "dankie", te kliek nadat jy dit ontvang het. Voortaan sal die skakel vervang word met 'n evalueringopsie waar lesers dan hul ervaring van die inhoud van die Verskil, met die samestellers kan deel deur aan te dui of jy dit as goed, so-so of teleurstellend ervaar het. Deur hierdie funksie voortaan in te sluit sal ons bewus wees van hoe jy die Verskil ervaar en kan ons daadwerklik streef om lesers se ervaring te verbeter.

Rat

Dateer jou inligting op

Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.

Dateer jou besonderhede hier op.

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.

Hou mekaar vas
Back to Blog