Sinodenuus - Godsdiensvryheid
Parlementêre oorsig bevestig godsdiensvryheid
Verset teen staatsbeheer oor godsdiens lewer vrug op
FORSA (For Faith and Freedom SA), 'n drukgroep wat hom vir godsdiensvryheid beywer, rapporteer in 'n onlangse memorandum dat pogings van die CRL-Kommissie (wat godsdiens en kultuurregte reguleer) om godsdiens aan staatsbeheer te onderwerp nou 'n positiewe wending geneem het:
Op 11 Februarie 2026 het ie debat oor die regulering van godsdiens in Suid-Afrika van die CRL-regtekommissie se eie proses verskuif na formele parlementêre toesig deur die Portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering.
Geen wetgewende mandaat vir staatsregulering van godsdiens is gegee nie. Inteendeel, godsdiensvryheid is weer bevestig as ’n grondwetlike reg, terwyl misbruik binne die bestaande regsraamwerk aangespreek moet word. Verskeie geloofstradisies het eensgesind teen ’n godsdiens-spesifieke reguleringsregime standpunt ingeneem.
Die debat speel nou openlik af in Parlement en howe – binne die beskerming van die Grondwet.
Lees die volledige memorandum hier.
Erkenning: Danie Mouton, Grenspos artikel gedateer 20 Februarie 2026.
Sinodenuus
