
31 Oktober 2025

Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud
Varsnuus

Die eerste 1000 dae in ’n kind se lewe
Die Taakspan oor Vroeë Kinderontwikkeling het ’n reeks van video opnames saamgestel wat die belangrikheid van ’n kind se eerste duisend dae asook die rol wat speel in ’n kind se ontwikkeling, uitbeeld. Kyk na die opnames en lees die taakspan se handleiding hier.

Reserveer die datums
Die Sinodesitting vind vanaf 18 tot 22 Oktober 2026 by Weesgerusoord, plaas.
Sinodenuus

Hervormingsdag: Ken jy die inhoud van Luther se 95 stellings?
Die feit dat Martin Luther 500 jaar gelede, op 31 Oktober 1517, sy 95 stellings teen die kerkdeur in Wittenberg vasgespyker het, is oor die algemeen goed bekend. Die inhoud van die stelling is egter minder bekend. Lees’n opsomming deur Petrus Kriel, verwoord in ’n artikel van Maroela Media, hier.

Wees gesond, wees dankbaar.
Dankbaarheid is ‘n geskenk wat diep gewortel is in ons geloof. Wanneer ons ten volle besef wat God uit genade vir ons gedoen het, verander dit ons perspektief en dryf ons om elke dag vanuit dankbaarheid te leef. Hierdie lewenswyse het nie net ‘n geestelike impak nie, maar dit beïnvloed ook ons verhoudings en ons algehele gesondheid positief. Lees die artikel, soos in Kaapkerk verskyn het, hier.

Is jul gereed vir ’n onvoorsiene gebeurlikheid?
Dit is noodsaaklik dat elke gemeente oor ’n gebeurlikheidsplan beskik. Vir toegang tot ’n voorbeeld van so ’n plan, kliek op hierdie skakel.

Gee ’n geskenk en vervul ’n kind se wens.
Sal jy help om hierdie Kersfees ‘n kind se wens te vervul? Baie kinders het maar min om na uit te sien gedurende die feestyd en jy kan hulle dag opvrolik. Ons nooi jou uit om ’n kind (of soveel as jy wil) van ‘n lys met name en hulle kerswense te kies, en ’n geskenk in die prysskategorie van R200–R350 te skenk. Maak jou hart vir ‘n kind oop.

Kolleganuus

Verjaarsdae
As jy of jou eggenoot die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.
Leraars
3 November - Eric Scholtz (Emeritus)
4 November - Arnold Smith (Emeritus)
5 November - Johan Scholtz (Montana)
6 November - Paullet Grobler (Pierneef)
7 November - Ernst Muller (Emeritus)
Eggenotes
3 November - Lizanne Roux, eggenoot van Dewald (Waterkloof)
5 November - Disiree Oosthuyzen, eggenoot van Theo (Krokodilriver)
6 November - Diana Snyman, eggenoot van Fritz (Lynnwood)
7 November - Ilse Meyer, eggenoot van Tjaart (Kremetart)
8 November - Erika Lemmer, eggenoot van Louis (Magalieskruin)

Bewegings
Dylan Allan van die Moedergemeente Bothaville, is beroep na Dalunie gemeente.

Mediese skema inligting
Gebruik hierdie skakel vir die nuutste inligting oor jou mediese skema lidmaatskap; die tussengangerdienste wat deur Alex Forbes gelewer word; die gapingsdekkingproduk, Admed en ander hulpbronne waartoe jy toegang het, met die oog op jou opsiekeuse vir 2026.

Gemeentenuus

Stigtingsdatums
As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].
1 November 1951 Marondera-Rusape
4 November 1957 Koedoeskop
4 November 1960 Tuinrand
6 November 1954 Wesmoot
6 November 1974 Montana
7 November 1972 Levubu
7 November 1973 Francistown

Aktiwiteite
Die Verskil word deur sowat 700 lesers per week gelees. As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met hierdie lesertal wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.
Die volgende aktiwiteite word beplan in gemeentes van die sinode.
Wonderboom

Waverley-Oos
Juanita du Plessis vertoning op 31 Oktober om 19:00
Florandia

Eldoraigne

Raslouw

Universiteitsoord


Montana

Toerusting


Besoek gerus Excelsus se webwerf vir inligting oor kursusse Leergeleenthede - Excelsus.

Vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].
Riveria-Jakaranda
’n Leraarspos is beskikbaar in die gemeente. Vir meer inligting oor die posisie, kliek op hierdie skakel.
Sluitingsdatum: 1 Desember 2025
Ander
Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

Ander Nuus

Preekgeleenthede
Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesigheid is. Die opdateerde lys is by [email protected] beskikbaar.
Uitnodiging
Inligting van gemeentegebeure, projekte, stories van hoop en getuienisse van God se liefde, word steeds verwelkom. Stuur dit aan [email protected].
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
