
Mediese skema en gapingsdekking
PERSONEELSAKE – MEDIESE SKEMA EN GAPINGSDEKKING

Die sinode het Alex Forbes finansiële adviseurs aangestel as tussengangers vir beide die skema, Bestmed, asook die gapingsprodukverskaffer, Admed.
Om meer te lees oor die rol van Alex Forbes en hoe hul jou kan help in jou opsiekeuse, kliek hier.
1 NG Kerk sinodes - mediese skema veranderinge en diens deur Alex Forbes
2 Hersien jou mediese skema opsie vir 2026
Vir meer Inligting oor Bestmed Mediese Skema se produkte en die ledegeld vir 2026, kliek hier.
3 Bestmed Ledegeldvergelyking 2026
4 Bestmed Vergelykende gids 2026
Sou jy van Bestmed opsie wou verander, voltooi die opsiewysigingsvorm en volg die proses soos deur Alex Forbes uiteengesit is, en nadat jy advies van die Alex Forbes konsultant ontvang het.
5 Opsiewysigingvorm vir 2026 Korporatiewe Lid
Gapingsdekking
Alex Forbes het spesiale tariewe vir die sinode met Admed beding ten opsigte van die gapingsdekkingproduk. Die spesifieke ooreenkoms soos geld vir 2026, is hier beskikbaar.
6 Admed Gap Lede Brief 2026 - NG Kerk Sinodes
Vir meer Inligting oor die gapingsdekkingproduk van Admed, lees hier.
7 Admed Gap Brosjure Supreme 2026
Woon die inligtingsessie wat Alex Forbes geskeduleer het vir 13 November, sou jy meer besonderhede wil bekom of bespreek dit met die Alex Forbes konsultante.
Jaareinde inligtingsessies
Elrene Marais nooi alle Bestmed en Admed gapingsdekking lede uit na ’n aanlyninligtingsessie oor die belangrike wysigings aan voordele vir 2026 asook die opsie-spesifieke ledegeldverhogings.
Jy is welkom om enige van die volgende twee sessies by te woon.
Bestmed wysigings
17 November om 09:00
19 November om 17:00
Uitnodigings word aan alle Bestmed lede gestuur.
Die opnames van die sessies sal na afloop daarvan op die webwerf beskikbaar wees.
Admed wysigings
13 November om 14:00
Sien hierdie inligtingstuk vir meer besonderhede oor die inligtingsessies en om vir die Admed produksessies te registreer.
1 NG Kerk sinodes - mediese skema veranderinge en diens deur Alex Forbes
