
16 Oktober 2026

Hierdie uitgawe -
Hierdie Verskil is 'n spesiale sinodesittinguitgawe.
Die volgende uitgawe sal Vrydag, die 30ste Oktober versprei word.
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
Sinodesitting 2026


Tot op hede ....
... is ons 270 persone wat die geleentheid gaan bywoon.
Die sinodesitting word vanjaar deur 234 afgevaardigdes en 25 gaste, sprekers en waarnemers bygewoon. Personeel en studente maak die res van die sinodegangers uit.
... het 82% van die afgevaardigdes reeds geregistreer.
Diegene wat nog nie registreer het nie - ons help jul graag Sondagmiddag tussen 14:00 en 16:00, by Weesgerus, in die ruimte by die winkeltjie om te registreer.
Diegene wat tot en met 15:00 op Vrydag, 16 Oktober geregistreer het, sal hul naamkaartjie by die Oord ontvang. Diegene wat daarna geregistreer het, ons druk jou kaartjie by Weesgerus.
... het elke sinodeganger slaapplek.
Net om almal te herinner aan die fasiliteite en toerusting wat in die chalets beskikbaar is, kyk weer na die verblyftipes en waarmee elkeen toegerus is.
Die chalets word daagliks skoongemaak (beddens opmaak, uitvee en skottelgoed was). Daar is ‘n kluis waarin waardevolle items gebêre kan word.
Indien julle laataand / vroegoggend koffie wil drink by die chalet, moet julle self daarvoor sorg. Daar is wel ‘n yskas, ketel, mikrogolf en die nodige breekgoed.
Elkeen kry ‘n badhanddoek, maar afgevaardigdes moet asb. eie swemhanddoeke bring. Onthou ook dat jy nie alleen in die chalet bly nie, maar dit met ander afgevaardigdes deel.
... neem ons kennis van die weertoestande wat vir volgende week voorspel word.
Volgens nuusberigte kan gedeeltes in Limpopo en Gauteng 'n hittegolf ervaar. Maak dus voorsiening dat jy koel, somersklere saam bring.
Daar is nie soos in die ou dae enige voorskrifte tydens die sitting nie. Die uitgangspunt is dat ons gemaklik, maar tog netjies aantrek.
Ons herinner jul ook daaraan om jou eie waterbottel saam te bring. Daar sal vier waterstasies in die saal wees waar elkeen sy eie bottel of beker kan vul.
Ander belangrike inligting
Gebruik van die Delegate NeoModus stelsel
Sou jy sukkel om op die stelsel te registreer, of jy sukkel om weer toegang tot die stelsel te kry nadat jy afgeteken het, lees gerus hierdie uiteensetting van NeoModus.
Uitleg van die oord
Sou jy wou weet waar jy tuis sal gaan - afgevaardigdes kan op die NeoModusstelsel kyk onder "My Profiel" om te sien by watter Tafel en Chalet jy ingedeel is. Gebruik ook hierdie kaart van die oord om jou te oriënteer.
Noodnommers
Die noodtelefoonnommers vir Weesgerus is hier beskikbaar.
Parkering
Elke chalet maak voorsiening vir ten minste een parkering. Almal is nie onderdak nie. Jy kan egter van die "openbare parkeerarea" gebruik maak.
Vryetyd
Buiten die swembaddens (buite en onderdak) is daar ‘n lekker staproete en tennisbane.
Allergieë
Afgevaardigdes wat spesiale kosbehoeftes (mediese gronde) het, moes dit voor Vrydag, 16 Oktober om 13:00 op die stelsel (DeleGate-stelsel) aangebring het. As jy het, sal ons vir jou voorsiening maak. Waarnemers en gaste is welkom om hul dieetvoorkeure (medies) so gou moontlik aan Sandra deur te gee by [email protected].
Sakelys
Die Sakelys Afdeling A vir die sinodesitting is hier beskikbaar:
Die Sakelys Afdeling B (Werksagenda) is hier beskikbaar.
Jy word herinner daaraan dat jy hierdie gedeelte in gedrukte vorm ontvang met die aanvang van die sinodesitting.
Die enkele ontbrekende gedeelte van die Engelse werksagenda sal versprei word sodra dit beskikbaar is.
Mooi ry!
Ons bid elke afgevaardigde en gas van die sinodesitting 'n veilige reis toe. Ons sien daarna uit om jul Sondagmiddag te verwelkom!
Kolleganuus

Verjaarsdae
As jy of jou eggenoot gedurende die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.
Leraars
Geen
Emeriti
17 Oktober Francois Malan
21 Oktober Jan Barnard
Eggenote
17 Oktober, Karin Crous, eggenote van Peet (Emeritus)
21 Oktober, Johan Marx, eggenoot van Joleen (Pietersburg-Noord)
22 Oktober, Rosa van As, eggenote van Johan (Wonderboom-Suid)
23 Oktober, Pieter Schoeman, eggenoot van Lizl-Louise (Monumentpark)

Bewegings
Beroep
Izanne Ellis (Vaalwater) is beroep na Warden Gemeente.

Gemeentenuus
Ander Nuus

