
9 Oktober 2026

Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
Varsnuus

Nuusflits vir predikante by die sinodesitting
Predikante wat die sinodesitting gaan bywoon gaan op die laaste dag, Donderdag 22 Oktober, 'n preekskets ontvang met die oog op Sondag 25 Oktober, se oggenddiens. Die preek handel oor die sinodesitting se tema, DROOMDRAERS.

Verkiesingswaarnemers
Nadia Alers, Administratiewe Bestuurder van die Algemene Sinode, skryf: "Ons het verneem dat SARK registrasies oopgestel het vir persone wat as waarnemers op verkiesingsdag wil optree.
Hiermee die registrasievorm en verdere inligting.
Complete the Election Observer Expression of Interest Form:
https://forms.gle/jFkpEvUzbvnuEQXd8
Sluitingsdatum: 12 Oktober 2026
Indien enigiemand verdere navrae het, kan Zachie le Roux gekontak word by [email protected]. Hy is die NG Kerk se Election Observation Mission Coordinator."

Sinodenuus

Eerste gesamentlike diens van Villieria en Pierneefrant gemeentes
Die eerste gesamentlike diens van Villieria en Pierneefrant word op 18 Oktober 2026 om 09:00 by Villieria gemeente gehou.
Eenwording van Waterkloof en Groenkloof gemeentes
Waterkloofkerk skryf: Die tyd vir eenwording het uiteindelik aangebreek en ons is opgewonde oor die nuwe seisoen wat voorlê. NG Kerk Groenkloof ontbind en word by NG Kerk Waterkloof ingelyf. Waterkloofkerk sien daarna uit om die Groenklowers in ons midde te verwelkom! Almal word hartlik uitgenooi na die Eenwordingsfeesdiens op 25 Oktober te NG Kerk Waterkloof om 09:00.
Harm Kelderman (Groenkloof) skryf: "Groenkloof beplan om op 𝟭𝟴 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲 om 09:00 ‘n afsluitings- en dankdiens by die gemeente te hou. Ons nooi graag oud-predikante en -lidmate uit na hierdie geleentheid.

Eerstejaarskamp
Universiteitsoord skryf: "Ons deel graag ons opgewondenheid met gemeentes regoor die land oor die eerstejaarskamp, omdat ons glo elke eerstejaar wat Pretoria toe kom, hierdie kamp moet ervaar!
Die Eerstejaarskamp is nie net ’n plek waar nuwe vriendskappe gevorm word nie, maar waar jy ook onvergeetlike herinneringe gaan maak en mede-eerstejaars ontmoet wat saam met jou hierdie nuwe hoofstuk van jou lewe gaan aanpak.
As julle enige eerstejaar ken wat volgende jaar in Pretoria gaan studeer (dit sluit alle instansies in), dan wil ons julle vra om asseblief hierdie inligting met hulle te deel:
👉 Inskrywings en meer inligting: https://www.universiteitsoord.co.za/eerstejaarskamp
Dokumente
• 📱 Elektroniese plakkaat (A3) – vir die nuusbord en afkondigingsborde
• 📲 Skyfie vir afkondigings in die kerk
• 📲 Deel ook gerus op julle sosiale media: Hou gerus ons Instagram (@unioord) en Facebook (https://www.facebook.com/universiteitsoordEJK) dop en deel dit op julle “stories” en “timeline”."

Sinodesitting 2026


Wat is nuut?
Uitstallers
Tydens die sinodesitting sal beide Bestmed Mediese Skema en Alex Forbes verteenwoordigers beskikbaar wees, sou afgevaardigdes hul wou ontmoet of oor navrae beskik.
Registrasie
Ons gaan vanjaar probeer om ons "registrasie" vir die sinodesitting vooraf af te handel. Afgevaardigers gaan volgende week 'n epos ontvang waarin ons jou vra om jou besonderhede na te gaan. Die epos word vanuit 'n stelsel gestuur waarop jou persoonlike besonderhede, verblyfbesonderhede en tafelnommer aangedui word. Jy gaan dan versoek word om die inligting se korrektheid te bevestig. Wanneer dit afgehandel is, het jy toegang tot die stelsel wat gebruik sal word tydens die sinodesitting. Hierop sal dokumentasie, programwysigings en ander relevante inligting tydens die sitting met afgevaardigdes gedeel word.
Algemene besonderhede
Vir meer inligting oor -
wooneenhede by Weesgerus;
aanvaarbare kleredrag tydens die sitting;
hoe om reiseise in te dien of
enige ander inligting waarvan jy moet kennis neem ten opsigte van die sinodesitting, lees hier.
Verblyfreëlings
Ons is tans besig met 'n proses om gemeentes te skakel sodat jul verblyfkeuses kan maak. Terwyl jy wag dat ons met jou skakel daaroor, lees solank hierdie en besluit watter tipe verblyf jy sou verkies. Dit sal die proses bespoedig as jy reeds weet wat die verskil tussen die verskillende verblyftipes behels.
Sakelys
Die sakelys vir die sinodesitting is hier beskikbaar:
Gemeentes word versoek om die Engelse weergawe asseblief aan Engelsprekende afgevaardigdes te versprei.
Familie-album
Baie dankie aan die 44 gemeentes en 137 afgevaardigdes wat reeds aan ons versoek om foto's van kerkgeboue en afgevaardigdes na die sinodesitting, met ons gedeel het. Vir diegene wat dit nog nie gedoen het nie, sluit ons weer die besonderhede in:
Help ons om ons Sinodefamilie sigbaar te maak
Ter voorbereiding van die Noordelike Sinode se Sinodesitting, 18–22 Oktober 2026, wil ons graag ’n visuele beeld saamstel van die gemeentes en mense wat deel vorm van ons Sinodefamilie.
Ons vra daarom elke gemeente om ’n paar eenvoudige items deur ons aanlynstelsel aan ons te stuur.
Ons benodig asseblief:
1. Foto’s van julle afgevaardigdes (primarius afgevaardigdes)
Laai ’n (aparte) foto van elke afgevaardigde wat die Sinodesitting gaan bywoon, op. Ons wil graag elke persoon se naam en van saam met sy/haar foto ontvang.
2. ’n Foto van julle kerkgebou
Laai een goeie, duidelike foto van die gemeente se kerkgebou op. Indien die gemeente meer as een bedieningspunt of kerkgebou het, gebruik asseblief die gebou wat julle as die gemeente se hoofkerkgebou beskou.
3. Die GPS-koördinate van julle kerkgebou
Ons wil ook graag die ligging van elke gemeente op ’n kaart kan aandui. Voorsien daarom asseblief die GPS-koördinate van die kerkgebou waarvan julle die foto oplaai, op die stelsel.
Elke gemeente se omgewing, storie en mense vorm deel van die groter verhaal van die Noordelike Sinode.
Saam is ons droomdraers.
[LAAI JULLE INLIGTING EN FOTO’S HIER OP]
Navrae
Rig enige navrae oor die sinodesitting aan Elmarie of Sandra by
[email protected] of [email protected].
Kolleganuus

Verjaarsdae
As jy of jou eggenoot gedurende die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.
Leraars
10 Oktober Moses Zulu (DRC of Zambia)
Emeriti
12 Oktober Herklaas Viljoen
Eggenote
12 Oktober Engela Cronjé, eggenote van Fanie (Lynnwood)
16 Oktober Chrisna du Plooy, eggenote van Frikkie (Florauna)
17 Oktober Karin Crous, eggenote van Peet (Emeritus)

Bewegings
Aanvaar
Ronel Coertzen het die beroep na Rustenburg-Suid aanvaar en lewer op 1 November haar intreepreek.

Emeriteer
Nelius Steyn van Wonderboom Gemeente emeriteer die einde Oktober. Hy lewer sy uittreepreek op 11 Oktober waartydens die gemeente na 35 jaar van hom en Elize afskeid neem.

2027-Mediese fonds veranderinge
Bestmed Mediese Skema
Die skema het hul 2027-voordeelwysigings en -ledegeld bekend gemaak.
'n Opsomming van die voordeelwysings vir 2027 is hier beskikbaar.
Betaalbare 2027-ledegeld is hier beskikbaar.
Alex Forbes mediese fonds adviseurs
Alex Forbes, die tussengangers vir die NG Kerk, het ook die voordeelwysigings van Bestmed opgesom. Lees dit hier.
Die wysigings aan die voordele vir die Gap Cover produk, Admed Gap, is ook hier beskikbaar.
Inligtingsessies
Dit word beplan om aanlyninligtingsessies met Alex Forbes en Bestmed, te reël wat hierdie wysigings in meer besonderhede aan lede sal verduidelik. Hierdie sessies sal vroeg November geskeduleer word.
Sou jy dit oorweeg om van opsie te verander, kan jy met Elrene Marais 'n afspraak maak. Om 'n afspraak te maak, gebruik hierdie skakel:
Click Here to book a virtual one-on-one help desk session with Elrene Marais
Jy kan ook aan haar 'n epos stuur by [email protected]
Gemeentenuus

Stigtingsdatums
As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].
12 Oktober 1895 Chipinge
14 Oktober 1944 Albertyn
Aktiwiteite
As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.
Monumentpark

Derdepoort

Rivieria-Jakaranda

Magalieskruin

Kremetart

Florauna

Eldoraigne

Noordoos-Pretoria

Universiteitsoord

Florandia

Raslouw

Omgeenuus

Van ’n wens op ’n lysie tot ’n geskenk onder die boom
Nici Harmse, skakelbeampte by CMR-Noord, skryf: "Dit begin met ’n eenvoudige vraag: “Wat wil jy graag vir Kersfees hê?”
Vir meer as tien jaar vra CMR Noord se Sentrums van Hoop dié vraag aan kinders by wie hul maatskaplike werkers betrokke is. Die antwoorde verskil – ’n pop, ’n trok, ’n bal of iets anders waarna ’n kind al lank uitsien. Elke wens word saam met ’n skuilnaam, ouderdom en geslag op ’n lys geplaas.
Dan neem iemand anders die storie verder.
Kerke, besighede en individuele donateurs vra die wenslyste aan, kies ’n kind en koop die geskenk waarvoor hy of sy gevra het. Oor die afgelope dekade is meer as 14 000 wense ontvang – en elke kind het ’n geskenk gekry.
Vir baie van hierdie kinders is ’n Kersgeskenk nie vanselfsprekend nie. In huishoudings waar geld vir basiese behoeftes reeds min is, is daar dikwels nie ruimte vir presente, ’n Kersboom of ’n Kerspartytjie nie.
Daarom is die oomblik wanneer die geskenke uitgedeel word so besonders. Die Sentrums van Hoop hou Kerspartytjies, met kos, koeldrank, lekkers, versierings en ander benodigdhede wat dikwels deur die gemeenskap geborg word. En tussen al die feestelikheid wag daar ’n pakkie wat spesifiek vir elke kind gekies is.
Die geskenk agter die geskenk
Die tradisie om met Kersfees geskenke te gee, het oor eeue uit verskillende gebruike ontwikkel. Vir Christene het dit ook ’n besondere betekenis: die wyse manne het geskenke na die Jesuskind gebring, maar die hart van Kersfees lê in ’n veel groter geskenk – die geboorte van Jesus Christus.
Dit gee ook betekenis aan ’n projek soos Laat Daar Lig Wees. Die waarde lê nie net in wat binne-in die geskenkpapier is nie. Dit lê ook daarin dat iemand ’n kind se naam gekies, sy of haar wens gelees en moeite gedoen het om dit waar te maak.
Vir ’n kind kan daardie pakkie ’n eenvoudige boodskap dra: Iemand het my raakgesien. My wens het saak gemaak.
Hierdie Kersfees begin dit weer met ’n lysie – en ’n kind se wens wat wag om gekies te word.
Aan elke donateur wat reeds ’n kind se wens gekies en ’n geskenk gekoop het – baie dankie. En aan elkeen wat nog ’n naam gaan kies: dankie dat julle help om nóg ’n Kerswens van ’n lysie af tot in ’n kind se hande te bring." ❤️🎁


28-29 Oktober, Die ver-beelding en ver-woording van geloof

Lees die program vir die konferensie hier.
2-3 November, Kreatiewe Fasilitering

9 - 11 November, Dissipelskap

16 - 19 November, Brugbediening

16 - 18 November, Gemeentediagnose (Pretoria)

Ander
Besoek gerus Excelsus se webwerf vir besonderhede oor toerustingsgeleenthede.

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].
Vorentoe Gemeente (12km buite Brits in die Bosveld)
Die Bosveld gemeente het 'n vakature vir 'n voltydse Leraar. Volledige besonderhede is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 10 Oktober 2026
Harmonie Oord (Pretoria)
Die tehuis vir bejaardes in Pretoria het 'n vakature vir 'n aflosbestuurder (drywer). Volledige besonderhede is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 15 Oktober 2026.
Abraham Kriel Kinderhuis (Nylstroom)
Die kinderhuis het 'n vakature vir 'n Kinderversorger beskikbaar.
Sluitingsdatum: 16 Oktober 2026

Ander
Besoek die Kerkbode vir inligting oor vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures
Ander Nuus

Preekgeleenthede
Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Laai die opdateerde lys hier af.
Dateer jou inligting op
Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.
Dateer jou besonderhede hier op.
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

