Noordelike Sinode

2 Oktober 2026

October 01, 2026•8 min read

verskil

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.


Varsnuus

varsnuus


Sinodenuus

sinodenuus

Eerste gesamentlike diens van Villieria en Pierneefrant gemeentes

Die eerste gesamentlike diens van Villieria en Pierneefrant word op 18 Oktober 2026 om 09:00 by Villieria gemeente gehou.

Eenwording van Waterkloof en Groenkloof gemeentes

Harm Kelderman skryf: "Groenkloof en Waterkloof gemeentes gaan een word. Dit sal finaal gebeur op 25 Oktober 2026 met ‘n gesamentlike erediens om 09:00 by Waterkloof.

Groenkloof beplan om op 𝟭𝟴 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲 om 09:00 ‘n afsluitings- en dankdiens by die gemeente te hou. Ons nooi graag oud-predikante en -lidmate uit na hierdie geleentheid. Belangstellendes kan RSVP (teen 09 Oktober 2026) aan die gemeente se eposadres - [email protected]."

Groenkloof


Sinodesitting 2026

Banner sinodesittinglog

Belangrik om te weet

Algemene besonderhede

Vir meer inligting oor -

  • wooneenhede by Weesgerus;

  • aanvaarbare kleredrag tydens die sitting;

  • hoe om reiseise in te dien of

enige ander inligting waarvan jy moet kennis neem ten opsigte van die sinodesitting, lees hier.

Verblyfreëlings

Ons is tans besig met 'n proses om gemeentes te skakel sodat jul verblyfkeuses kan maak. Terwyl jy wag dat ons met jou skakel daaroor, lees solank hierdie en besluit watter tipe verblyf jy sou verkies. Dit sal die proses bespoedig as jy reeds weet wat die verskil tussen die verskillende verblyftipes behels.

Indien Elmarie nog nie na jou of jou gemeentekantoor uitgereik het teen die 9de Oktober nie, skakel haar asseblief by 0824966317 of stuur haar 'n whatsapp boodskap.

Belangrik om te doen

Baie dankie aan die 34 gemeentes wat reeds aan ons versoek om foto's van kerkgeboue en afgevaardigdes na die sinodesitting, met ons gedeel het. Vir diegene wat dit nog nie gedoen het nie, sluit ons weer die besonderhede in:

Help ons om ons Sinodefamilie sigbaar te maak

Ter voorbereiding van die Noordelike Sinode se Sinodesitting, 18–22 Oktober 2026, wil ons graag ’n visuele beeld saamstel van die gemeentes en mense wat deel vorm van ons Sinodefamilie.

Ons vra daarom elke gemeente om ’n paar eenvoudige items deur ons aanlynstelsel aan ons te stuur.

Ons benodig asseblief:

1. Foto’s van julle afgevaardigdes (primarius afgevaardigdes)

Laai ’n (aparte) foto van elke afgevaardigde wat die Sinodesitting gaan bywoon, op. Ons wil graag elke persoon se naam en van saam met sy/haar foto ontvang.

2. ’n Foto van julle kerkgebou

Laai een goeie, duidelike foto van die gemeente se kerkgebou op. Indien die gemeente meer as een bedieningspunt of kerkgebou het, gebruik asseblief die gebou wat julle as die gemeente se hoofkerkgebou beskou.

3. Die GPS-koördinate van julle kerkgebou

Ons wil ook graag die ligging van elke gemeente op ’n kaart kan aandui. Voorsien daarom asseblief die GPS-koördinate van die kerkgebou waarvan julle die foto oplaai, op die stelsel.

Elke gemeente se omgewing, storie en mense vorm deel van die groter verhaal van die Noordelike Sinode.

Saam is ons droomdraers.

[LAAI JULLE INLIGTING EN FOTO’S HIER OP]



Kolleganuus

kolleganuus

Verjaarsdae

As jy of jou eggenoot gedurende die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.


Bewegings

Aanvaar

Danie Langner het die beroep na Moregloed Gemeente aanvaar. Hy word op 4 Oktober bevestig.

Lang

Emeriteer

Nelius Steyn van Wonderboom gemeente emeriteer die einde Oktober. Hy lewer sy uittreepreek op 11 Oktober tydens die oggenddiens.

Bestmed Mediese Skema Nuus

Die skema het hul 2027-voordeelwysigings en -ledegeld bekend gemaak.

'n Opsomming van die voordeelwysings vir 2027 is hier beskikbaar.

Betaalbare 2027-ledegeld is hier beskikbaar.

Inligtingsessies

Dit word beplan om aanlyninligtingsessies met Alex Forbes, die sinode se aangestelde tussengangers, te reël wat hierdie wysigings in meer besonderhede aan lede sal verduidelik.

Besonderhede van die tussengangers met wie jul kan skakel sou jul dit oorweeg om van opsie te verander, sal ook binnekort gedeel word.

Bmed


Gemeentenuus

gemeentenuus

Stigtingsdatums

As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].

7 Oktober 1942 Riviera-Jakaranda

9 Oktober 1943 Thabazimbi

Projekte

Magalieskruin Gemeente

Louis Lemmer skryf: "September was dit Skepping Seisoen. Die gemeente het God die Vader as die Skepper Heer gedenk met die tema vir die maand "Lewende Water".

Die gemeente se jeug het ingespring en saam met die ekologie bediening ses lemoenbome geplant. Ons glo die bome gaan mooi vrug dra en ons omgewing voed. Dit is deel van die gemeente se visie om 'n fontein van hulp en hoop, noord van die Magaliesberg, te wees."

Kruin2

Aktiwiteite

As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.

Kremetart

Kremetart

Stellastraat

Stellastraat

Monumentpark

Mon

Magalieskruin

Florauna

29 Okt

Noordoos-Pretoria

31 Okt

Universiteitsoord

Univ

Florandia

Florandia

Universiteitsoord

Universiteitsoord skryf: "Ons deel graag ons opgewondenheid met gemeentes regoor die land oor die eerstejaarskamp, omdat ons glo elke eerstejaar wat Pretoria toe kom, hierdie kamp moet ervaar!

Die Eerstejaarskamp is nie net ’n plek waar nuwe vriendskappe gevorm word nie, maar waar jy ook onvergeetlike herinneringe gaan maak en mede-eerstejaars ontmoet wat saam met jou hierdie nuwe hoofstuk van jou lewe gaan aanpak.

As julle enige eerstejaar ken wat volgende jaar in Pretoria gaan studeer (dit sluit alle instansies in), dan wil ons julle vra om asseblief hierdie inligting met hulle te deel:

👉 Inskrywings en meer inligting: https://www.universiteitsoord.co.za/eerstejaarskamp

Dokumente

• 📱 Elektroniese plakkaat (A3) – vir die nuusbord en afkondigingsborde

• 📲 Skyfie vir afkondigings in die kerk

• 📲 Deel ook gerus op julle sosiale media: Hou gerus ons Instagram (@unioord) en Facebook (https://www.facebook.com/universiteitsoordEJK) dop en deel dit op julle “stories” en “timeline”."

Univ


Omgeenuus

omgeenuus

Stabilis Behandelingsentrum

Henry van Dyk, Hoof Uitvoerende Beampte van Stabilis, skryf: " Stabilis Behandelingsentrum is ’n inisiatief van die NG Kerk Noordelike Sinode en bied professionele, mensgerigte behandeling en ondersteuning aan persone wat met alkohol- en substansafhanklikheid worstel.

Ons wil graag gemeentes opnuut herinner aan hierdie besondere diens wat binne die kerkverband beskikbaar is – nie alleen vir lidmate nie, maar vir enige persoon of gesin wat ondersteuning en ’n veilige, professionele behandelingsopsie nodig het.

Hierby stuur ons ‘n pakket van bemarkingsmateriaal en vra vriendelik dat u ons sal help om Stabilis binne u gemeente sigbaar te maak:

Ons doen ’n besondere beroep op gemeentes om ons hiermee te ondersteun. Deur Stabilis se dienste bekend te maak, help u nie net om die voortbestaan van hierdie kerklike inisiatief te verseker nie – u help ook dat iemand wat stilweg met afhanklikheid worstel, of ’n bekommerde familielid van so 'n persoon, weet waarheen om te gaan vir hulp.

Soms is dit juis ’n plakkaat op ’n kennisgewingbord, ’n pamflet by ’n deur of ’n enkele skyfie tydens afkondigings wat iemand die moed gee om die eerste tree te neem.

Ons sal dit opreg waardeer indien u die materiaal binne u gemeente kan gebruik en help om Stabilis se boodskap verder te dra:

Jou lewensvreugde is ons doel.
Waar genesing nuwe hoop bring.

Baie dankie vir u gemeente se ondersteuning en betrokkenheid."

Henry van Dyk
Hoof Uitvoerende Beampte
012 333 7702 | 076 186 4119
[email protected]
www.stabilistc.co.za

stab

toerusting

6 Oktober, Inligtingsessie oor die BTh-kwalifikasie

Gemeentes word aangemoedig om persone wat belangstel in teologiese studie aan te moedig om een van die inligtingsessies van Hugenote Kollege by te woon. 'n Engelse sessie word op 6 Oktober aangebied.

BTH


8 Oktober, Toekoms en Teologie

Oktober


Registreer hier.

28-29 Oktober, Die ver-beelding en ver-woording van geloof

WHT

2-3 November, Kreatiewe Fasilitering

KFas


Laai die pamflet hier af.

9 - 11 November, Dissipelskap

11 Nov

Registreer hier.

16 - 19 November, Brugbediening

Brug


Lees en registreer hier.

16 - 18 November, Gemeentediagnose (Pretoria)

10 No

Registreer hier.

Ander

Besoek gerus Excelsus se webwerf vir besonderhede oor toerustingsgeleenthede.

vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].

Hartbeespoort Gemeente

hARTIES

Vorentoe Gemeente (12km buite Brits in die Bosveld)

Die Bosveld gemeente het 'n vakature vir 'n voltydse Leraar. Volledige besonderhede is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 10 Oktober 2026

Harmonie Oord (Pretoria)

Die tehuis vir bejaardes in Pretoria het 'n vakature vir 'n aflosbestuurder (drywer). Volledige besonderhede is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 15 Oktober 2026.

Ander

Besoek die Kerkbode vir inligting oor vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures


Ander Nuus

ander nuus

50 Dae Gebedsreis: Verkiesing 2026

Die Algemene Sinode skryf: "Die NG Kerk is genooi om deel te wees van 'n interkerklike gebedsaksie. City Connect: 50 Gebedsdae nooi gemeentes, lidmate, gebedsgroepe, families en elke gelowige om saam op ’n 50 dae-gebedsreis te gaan ter voorbereiding op die 2026-plaaslike verkiesings. Die gebedsreis strek van 14 September tot 3 November 2026."

Vir meer besonderhede, lees hier. Gebruik ook die publikasies in jou gemeente se kommunikasiestrategie.

Bekendstelling van die veldtog

Gebedsgids

Gebedsgids vir WhatsApp

Sien ook die Algemene Sinode se webblad plasing: https://ngkerk.org.za/article/kom-ons-bid-vir-suid-afrika-50-dae-van-gesamentlike-voorbidding/"

gebeds


Preekgeleenthede

Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Laai die opdateerde lys hier af.

Dateer jou inligting op

Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.

Dateer jou besonderhede hier op.

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.


Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
Hou mekaar vas

Back to Blog