Noordelike Sinode

18 September 2026

September 17, 20268 min read

verskil

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.

Belangrik

Die volgende uitgawe van Verskil is op Vrydag, 2 Oktober.


Varsnuus

varsnuus

'n Veiliger samelewing vir vroue

Die moorde van agt vroue in Gauteng het onlangs aan die lig gekom. “Hierdie gebeure mag nie bloot as nog ’n reeks misdaad afgemaak word nie. Dit is ’n ernstige aanklag teen ’n samelewing waarin vroue steeds nie veilig kan leef, kan beweeg of kan werk nie. Dit vra nie net om woorde van ontsteltenis nie, maar om dringende, sigbare en volgehoue optrede van die staat, die polisie, die regstelsel, kerke én die breër gemeenskap,” skryf dr Nioma Venter, algemene sekretaris van die NG Kerk.

Lees die Algemene Sinode se mediaverklaring en dié van ander kerke, hier.

Ondersteuning

Die Wêreld Raad van Kerk het 'n veldtog geloods waarin hul versoek dat elkeen Donderdae swart klere aantrek ter ondersteuning van die stryd teen geweld teen vroue in Suid-Afrika. Sien die kennisgewing hierna vir besonderhede van die projek.

Donderd

Erfenismaand

Die Algemene Sinode skryf: "Taakspan Miga 6:8 se huisgeloofreeks vir Erfenismaand nooi gesinne om saam te ontdek hoe geloof, herinneringe en erfenis ons identiteit vorm. Ons versoek graag dat julle dit aan ringe en gemeentes stuur.

Sien hier die plasing op ons webblad: https://ngkerk.org.za/article/erfenisdag-huisgeloof-hulpbronne/ "

erfenis

21 September, Internasionale dag van vrede

Met erkenning aan Raslouw Gemeente.

Vrede

Vrede2


Sinodenuus

sinodenuus

'n Terugkyk op vyf jaar se doen

CMR Noord het onlangs hul 5-jaarverslag by die sinode ingedien. Lees die indrukwekkende oorsig oor hul aktiwiteite, projekte en veldtogte hier.

CMRN


Diakonale beraad skep gesprek oor diensbaarheid

Op 16 en 17 September is ’n diakonale beraad by eMseni aangebied waar afgevaardigdes uit die vier historiese Transvaal-sinodes, die Noord-Kaapland Sinode en verskeie organisasies wat by diakonale werk betrokke is, saamgekom het. Die beraad het ruimte geskep vir luister, gesprek en saam dink oor die kerk se roeping om hoop, sorg en geregtigheid in gemeenskappe sigbaar te maak.

Die gesprekke het plaasgevind teen die agtergrond van groeiende armoede, ongelykheid en ander sosiale uitdagings in Suid-Afrika. Daarom was daar ’n besondere klem op nuwe denke, sterker vennootskappe en vars geloofsverbeelding vir die diakonale bediening van die kerk.

Tydens die beraad is onder meer gekyk na die geskiedenis, strukture en huidige bedieningsmodelle van die sinodes, asook na die breër welsyns- en maatskaplike ontwikkelingslandskap. Daar was ook gesprekke met ekumeniese vennote en besinning oor die uitdagings wat gemeenskappe tans die dringendste raak.

Hoewel die beraad nie daarop gerig was om finale besluite te neem nie, het dit ’n belangrike proses van onderskeiding aan die gang gesit. Deelnemers het begin dink oor beginsels vir ’n toekomstige diakonale model, asook oor prosesse en taakspanne wat later aanbevelings aan die onderskeie sinodes kan voorlê.

Een belangrike tema wat deurlopend herhaal is, is dat “kerk en organisasie” ’n eenheid vorm en dat samewerking belangrik is. Gemeentes, ringe, sinodes, maatskaplike organisasies, kinderhuise, tehuise, rehabilitasiesentrums, ensovoorts, is almal verskillende gestaltes van dieselfde kerk. Daar is nie ’n ons-en-julle nie. Ons almal is besig met die werksaamhede van die kerk.

Altesaam 42 afgevaardigdes het die beraad bygewoon. Die geleentheid het bevestig dat diakonale bediening nie net oor programme en strukture gaan nie, maar oor die kerk se roeping om saam met gemeenskappe teenwoordig, luisterend en diensbaar te wees.

Die beraad was ’n waardevolle eerste tree in ’n groter pad van samewerking, vernuwing en hoopvolle diensbaarheid.

DB

Amper tyd vir skoolverwisselingskamp!

Die Ring van Piet Potgietersrus nooi almal uit na die jaarlikse skoolverwisselingskamp vir Graad 7's wat vanaf 28 September tot 2 Oktober by Badseloopkampterrein plaasvind.

Skool

Brief aan gemeente.

Inskrywingsvorm vir kamper.

Inskrywingsvorm vir kamppersoneel.


Sinodesitting 2026

Banner sinodesittinglog

Help ons om ons Sinodefamilie sigbaar te maak

Ter voorbereiding van die Noordelike Sinode se Sinodesitting, 18–22 Oktober 2026, wil ons graag ’n visuele beeld saamstel van die gemeentes en mense wat deel vorm van ons Sinodefamilie.

Ons vra daarom elke gemeente om ’n paar eenvoudige items deur ons aanlynstelsel aan ons te stuur.

Ons benodig asseblief:

1. Foto’s van julle afgevaardigdes (primarius afgevaardigdes)

Laai ’n (aparte) foto van elke afgevaardigde wat die Sinodesitting gaan bywoon, op. Ons wil graag elke persoon se naam en van saam met sy/haar foto ontvang.

2. ’n Foto van julle kerkgebou

Laai een goeie, duidelike foto van die gemeente se kerkgebou op. Indien die gemeente meer as een bedieningspunt of kerkgebou het, gebruik asseblief die gebou wat julle as die gemeente se hoofkerkgebou beskou.

3. Die GPS-koördinate van julle kerkgebou

Ons wil ook graag die ligging van elke gemeente op ’n kaart kan aandui. Voorsien daarom asseblief die GPS-koördinate van die kerkgebou waarvan julle die foto oplaai, op die stelsel.

Elke gemeente se omgewing, storie en mense vorm deel van die groter verhaal van die Noordelike Sinode.

Saam is ons droomdraers.

[LAAI JULLE INLIGTING EN FOTO’S HIER OP]


Sakelys

Die sakelys vir die sinodesitting van 18 tot 22 Oktober word Maandag aan kerkkantore en afgevaardigdes gestuur.


Kolleganuus

kolleganuus

Verjaarsdae

As jy of jou eggenoot gedurende die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.


Leraars

21 September Willem Rothman (Overkruin)

28 September Stian Bloem (Louis Trichardt)

1 Oktober Karel Albrecht (Queenswood)

Emeriti

22 September Paul Lübbe

25 September Frik Grobler

26 September Johan de Witt

28 September Bertus Janse van Rensburg

29 September Kobus Myburgh

29 September André van Rooyen

Eggenote

21 September Jeané Visser, eggenote van Pieter (Wierdapark)

26 September Willani Stapelberg, eggenote van Heinrich (Overkruin)

28 September Elmien van Niekerk, eggenote van Wynand (SKDBM)

29 September Hester Groenewald, eggenote van Deon (Emeritus)

2 Oktober Hanna Pienaar, eggenote van Anton (Emeritus)

2 Oktober Marius Dippenaar, eggenoot van Sonet (Raslouw)

2 Oktober Marie-Helene Botha, eggenote van Nelis (Wespoort)

Beroep

Edwin van Wyk van Randpoort is beroep na die Gemeente Louis Trichardt.

LT

Ronel Coertzen het die beroep na Rustenburg-Suid Gemeente aanvaar. Sy word op 1 November bevestig.


Gemeentenuus

gemeentenuus

Stigtingsdatums

As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].

22 September 1978 Overkruin

30 September 1944 Onderstepoort

30 September 1951 Pierneef

30 September 1967 Monumentpark

Projekte

Raslouw

Die gemeente het op Sondag, 13 September hul diens gewy aan die Internasionale dag van vrede wat vir 21 September deur die VN afgekondig is. Die dag beklemtoon dat vrede nie bloot die afwesigheid van oorlog is nie, maar die grondslag vir veiligheid, waardigheid en samewerking in ons daaglikse lewe.

Vanjaar was die elfde keer dat die diens in die gemeente gehou word onder die vaandel, "Veterane vir Vrede". Die diens is deur Kapelaan Nicolene Herbst waargeneem.

Die geleentheid word jaarliks in samewerking met die Raad van Millitêre Veterane Organisasies SA en die Suid-Afrikaanse Legioen, aangebied.

Ras2

Ras3

Aktiwiteite

As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.

Universiteitsoord

Maryna Enslin skryf: "Die orrel klink weer!

Na maande van stilte en ’n omvangryke restourasie is Universiteitsoord se pyporrel gereed om weer sy stem in volle glorie te laat hoor. Ons nooi jou hartlik uit na die herinwydingserediens op Sondag 20 September om 09:30, wanneer ons hierdie besondere mylpaal saam vier. Die musiek begin reeds om 09:15 met die volledige Sesde Orrelsonate van Mendelssohn.

Die diens word as ’n feestelike sangdiens aangebied, met die Palissander Kamerkoor, gemeentesang en orrelmusiek wat saam die herinwyding van die instrument vier.

Die diens sal feestelik afsluit met Theo van Wyk se Tokkate op Nun danket alle Gott."

Univ

Riviera-Jakaranda

Musiek

Brits

26 Sep

Florauna

27 Okt

Kremetart

28 Okt

Florandia

Florandia


Omgeenuus

omgeenuus

Warmbad Rusoord

Warmbad

toerusting

8 Oktober, Toekoms en Teologie

Oktober


Registreer hier.

28-29 Oktober, Die ver-beelding en ver-woording van geloof

WHT

9 - 11 November, Dissipelskap

11 Nov

Registreer hier.

16 - 19 November, Brugbediening

Brug


Lees en registreer hier.

16 - 18 November, Gemeentediagnose (Pretoria)

10 No

Registreer hier.

Ander

Besoek gerus Excelsus se webwerf vir besonderhede oor toerustingsgeleenthede.

vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].

Hartbeespoort Gemeente

hARTIES

Vorentoe Gemeente (12km buite Brits in die Bosveld)

Die Bosveld gemeente het 'n vakature vir 'n voltydse Leraar. Volledige besonderhede is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 10 Oktober 2026

Ander

Besoek die Kerkbode vir inligting oor vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures


Ander Nuus

ander nuus

50 Dae Gebedsreis: Verkiesing 2026

Die Algemene Sinode skryf: "Die NG Kerk is genooi om deel te wees van 'n interkerklike gebedsaksie. City Connect: 50 Gebedsdae nooi gemeentes, lidmate, gebedsgroepe, families en elke gelowige om saam op ’n 50 dae-gebedsreis te gaan ter voorbereiding op die 2026-plaaslike verkiesings. Die gebedsreis strek van 14 September tot 3 November 2026."

Vir meer besonderhede, lees hier. Gebruik ook die publikasies in jou gemeente se kommunikasiestrategie.

Bekendstelling van die veldtog

Gebedsgids

Gebedsgids vir WhatsApp

Sien ook die Algemene Sinode se webblad plasing: https://ngkerk.org.za/article/kom-ons-bid-vir-suid-afrika-50-dae-van-gesamentlike-voorbidding/"

gebeds


Preekgeleenthede

Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Laai die opdateerde lys hier af.

Dateer jou inligting op

Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.

Dateer jou besonderhede hier op.

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.


Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
Hou mekaar vas

Back to Blog