Noordelike Sinode

4 September 2026

September 04, 20265 min read

verskil

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.


Varsnuus

varsnuus

Wees gereed vir September

Seisoen van die skepping

Seisoen van die skepping vanaf 1 September tot 4 Oktober, word reeds wyd in ekumeniese kringe gevier. Hierdie beweging groei internasionaal in die lig van klimaatsverandering en ‘n duidelike oproep tot getuienis en rentmeesterskap.

Biddag vir dowes

Die geleentheid vind op 6 September plaas.

Biddag vir landbou en die boerderygemeenskap

Landbou is die ruggraat van Suid-Afrika se ekonomie en voedselsekerheid. Boere, hul werknemers en landelike gemeenskappe staan onder groot druk vanweë verskeie eksterne faktore, insluitend natuurlike realiteite soos droogtes en klimaatsverandering. Hierdie biddag op 13 September sou ‘n geleentheid wees om te bid vir reën, goeie oeste, vrede en veiligheid op plase, en wysheid vir beleidmakers wat landbou raak.

Erfenismaand

Die Algemene Sinode skryf: "Die Taakspan Miga 6:8 het ‘n gids vir Erfenismaand ontwikkel. Volg die skakel na die 30 dae PDF-handleiding vir gemeentes.

https://ngkerk.org.za/article/erfenismaand-2026-n-persoonlike-reis-deur-september/

Navrae oor die handleiding kan aan ds Anje Zeeman by [email protected] of aan Nioma Venter gerig word."

Op 24 September word Erfenisdag gevier.

erfenis


Sinodenuus

sinodenuus

Pensioenfondsomsendskrywe 4 van 2026

Die begrafnisskema vir die NG Kerk van Transvaal se predikante en amptenare pensioenfonds is hersien. Belangrike wysigings is aangebring wat reeds op 1 Oktober 2026 implementeer word.

Lees die volledige kommunikasie (Afrikaans en Engels) hier.

Werkgewers word versoek om die inligting met alle lede van die fonds te deel.

4 van 2026

Amper tyd vir skoolverwisselingskamp!

Die Ring van Piet Potgietersrus nooi almal uit na die jaarlikse skoolverwisselingskamp vir Graad 7's wat vanaf 28 September tot 2 Oktober by Badseloopkampterrein plaasvind.

Skool

Brief aan gemeente.

Inskrywingsvorm vir kamper.

Inskrywingsvorm vir kamppersoneel.


Sinodesitting 2026

Banner sinodesitting

Dankie

Baie dankie aan al die gemeentes wat tot dusver hul geloofsbriewe ingestuur het. Tans is slegs 14 gemeentes se inligting nog uitstaande.

Kry reg

Ons sal binnekort 'n versoek aan elke gemeente stuur waarin ons vra vir sekere items of gegewens wat ons nodig het ter voorbereiding vir die sinodesitting. Van die items wat gemeentes so lank vir ons kan bymekaar maak, is die volgende:

  • 'n Onlangse foto van elke afgevaardigde (kop-en-skouer foto).

  • 'n Duidelike kleur foto van jul kerkgebou.

  • Die GPS-koördinate vir die ligging van jul kerkgebou.

Ons gaan dié lysie nog uitbrei so moenie die stukke nou reeds instuur nie. Ons laat weet jul binnekort wanneer en hoe jul dit moet deurgee.

Search

Sien uit

Sondag 18 Oktober begin die Sinodesitting op ‘n hoogtepunt wanneer ons God se genade vier tydens die nagmaal in die historiese kerkgebou van Waterberg. Tydens die openingseremonie tree die uitmuntende vioolspeler, Johanna Roos, ‘n oud-lidmaat van Universiteitsoord, saam met die befaamde orrelis en oud-Tukkie, Diederick Basson, op.

Donderdag 22 Oktober wag daar ‘n spesiale afsluiting, wat geen predikant of kerkraadslid kan misloop nie. Dit sluit o.a. gereedskap in om die tema, DROOMDRAERS, behoorlik tuis te laat grondvat.

Witkerk

Meer oor .. dié Witkerk

Die historiese kerkgebou van Waterberg Gemeente staan ook informeel bekend as die Witkerk.

Lees gerus meer oor hierdie merkwaardige geskiedkundige gebou op enige van die volgende webwerwe:

Gemeentegeskiedenis - die Argief

Waterberg Gemeente se Facebookblad

Witk2


Kolleganuus

kolleganuus

Verjaarsdae

As jy of jou eggenoot gedurende die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.


Leraars

5 September Ernst van Wyk (Lynnwood)

5 September Bianca Steyn (Magaliesberg Gesinskerk)

9 September Anru Liebenberg (Villieria)

Emeriti

8 September Michiel Botha

11 September Gawie Coetzee

Eggenote

10 September Barbara-Mari Du Toit, eggenote van Izak (Naboomspruit)

Verj


Gemeentenuus

gemeentenuus

Stigtingsdatums

As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].

6 September 1987 The Reeds

11 September 1954 Soutpansberg

Aktiwiteite

As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.

Projekte

Universiteitsoord

Die gemeente het die afgelope tyd 'n aantal uitreikgeleenthede gehad en gee graag hier daaroor terugvoer.

Univ

Beplande aktiwiteite

Monumentpark

Monu

Ring van Polokwane

12 Sep

Kameeldrif

Drif

Universiteitsoord

Univ

Riviera-Jakaranda

Musiek

Brits

14 Sep

26 Sep

Florandia

Florandia


Omgeenuus

omgeenuus

Deo Gloria

deo gloria

Rustenburg Rusoord

RTB

Warmbad Rusoord

Warmbad

toerusting

10 September, Van liefdadigheid na geregtigheid

10 Sep


Registreer hier.



17 September, Ons en die ander: waarom ons gelowe verskil.

17 Sep


Registreer hier.

19 September, Jeuggroep Fasiliteerder Opleiding

Bronze Baobab bied 'n opleidingsgeleentheid vir jeuggroep fasiliteerders aan op die 19de September by Lynnwood Gemeente. Daar word 6 VBO punte aan Predikante wat die sessie bywoon, toegeken.

Jeug

Skryf hier in - https://share.google/kErbrWHoIqpwWfaUx

8 Oktober, Toekoms en Teologie

Oktober


Registreer hier.

9 - 11 November, Dissipelskap

11 Nov

Registreer hier.

16 - 19 November, Brugbediening

Brug


Lees en registreer hier.

16 - 18 November, Gemeentediagnose (Pretoria)

10 No

Registreer hier.

Ander

Besoek gerus Excelsus se webwerf vir besonderhede oor toerustingsgeleenthede.

vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].

Ellisras-Wes Gemeente

Die gemeente het 'n vakature vir 'n voltydse Leraar. Vir volledige besonderhede, lees hier.

Sluitingsdatum: 15 September 2026

Vorentoe Gemeente (12km buite Brits in die Bosveld)

Die Bosveld gemeente het 'n vakature vir 'n voltydse Leraar. Volledige besonderhede is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 10 Oktober 2026

Ander

Besoek die Kerkbode vir inligting oor vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures


Ander Nuus

ander nuus

Preekgeleenthede

Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Laai die opdateerde lys hier af.

Dateer jou inligting op

Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.

Dateer jou besonderhede hier op.

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.


Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
Hou mekaar vas

Back to Blog