Noordelike Sinode

28 Augustus 2026

August 28, 20266 min read

verskil

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.


Varsnuus

varsnuus

PredikanteSAAMkoms

Danksy Kerkbode kon lesers op hoogte bly van die verrigtinge en ervarings by Goudini, die afgelope week. Indien jy nog nie Kerkbode se blad besoek het nie, kry dit hier.

saam6

Sinodesitting: Geloofsbriewe

Ons het tot dusver 63 gemeentes se geloofsbriewe ontvang. 'n Addisionele 21 het aangedui dat hul dit volgende week vir ons stuur. Sodra ons ten minste 80 gemeentes se afgevaardigde besonderhede ontvang het, kan ons begin om die verblyfindelings te doen.

Gemeentes wat hul briewe nog moet voltooi, moet dit asseblief so gou moontlik doen en aan [email protected] stuur. Maak ook seker dat jul die regte weergawe van die geloofsbrief (vorm) gebruik om te voltooi. Dit is hier beskikbaar. Sou jou gemeente 'n Engelse weergawe van die geloofsbrief benodig, is dit hier beskikbaar.

NB


Sinodenuus

sinodenuus

Amper tyd vir skoolverwisselingskamp!

Die Ring van Piet Potgietersrus nooi almal uit na die jaarlikse skoolverwisselingskamp vir Graad 7's wat vanaf 28 September tot 2 Oktober by Badseloopkampterrein plaasvind.

Lees gerus die brief aan die gemeente vir besonderhede oor die korting op registrasies of inskrywings wat voor 31 Augustus betaal en ingestuur word.

Graad 11's (Belydenisklasleerders) is welkom om as personeel of groepleiers saam te kamp!

Laai die nodige kommunikasie en dokumentasie hier af.

Brief aan gemeente.

Inskrywingsvorm vir kamper.

Inskrywingsvorm vir kamppersoneel.

Badseloop


Sinodesitting 2026

Banner sinodesitting

Waarnemers en belangstellendes welkom

Waarnemers of belangstellendes is welkom om die geleentheid by te woon. Die bywoningsfooi van R2 000 sluit huisvesting en alle etes in, maar ‘n besoeker sal self moet sorg vir vervoer.

Gemeentes wat graag sulke besoekers wil stuur, moet hierdie vorm voltooi en aan Elmarie stuur by [email protected].

wees8


Kolleganuus

kolleganuus

Verjaarsdae

As jy of jou eggenoot gedurende die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.


Leraars

1 September Gerrie Bodenstein (Suidoos-Pretoria)

3 September Leonie Johnson (Waverley)

Emeriti

29 Augustus Hennie Gouws

29 Augustus Koos Serfontein

1 September Hennie Kotze

2 September Anton Pienaar

2 September Hennie Yzelle

3 September Kobus Small

Eggenotes

29 Augustus Magda Pretorius, eggenote van Jan (Louis Trichardt)

29 Augustus Natasha van Dyk, eggenote van Sebastiaan (SA Gemeente)

31 Augustus Jacqueline Odendaal, eggenote van Riaan (Warmbad-Wes)


Gemeentenuus

gemeentenuus

Stigtingsdatums

As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].

1 September 2011 Mootvallei Gemeente

Aktiwiteite

As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.

Projekte

Florauna

Erick van Breda skryf: "Wat 'n ongelooflike en suksesvolle gholfdag het ons nie Vrydag, 14 Augustus, beleef nie! Namens die kerkraad en die hele gemeente wil ek my opregte dank uitspreek teenoor elkeen wat 'n aandeel gehad het om hierdie dag so 'n onvergeetlike sukses te maak:

Ons borge: Baie dankie vir julle wonderlike ondersteuning, vrygewigheid en vennootskap. Sonder julle finansiële en praktiese bydraes sou 'n geleentheid van hierdie formaat eenvoudig nie moontlik wees het nie.

Die spelers: Dankie vir elke 4-bal wat die dag spesiaal gemaak het. Van voet-wedges tot mulligans het julle almal dit vir ons vet pret en 'n reuse sukses gemaak.

Die vrywilligers van die gemeente: 'n Baie spesiale woord van dank aan ons toegewyde vrywilligers. Julle harde werk agter die skerms, goeie gesindheid en onbaatsugtige diens het gesorg dat alles seepglad verloop. Julle is die hartklop van hierdie projek!

Sonder hierdie spanpoging kon ons dit glad nie gedoen het nie. Ons waardeer almal se hulp uit die diepte van ons harte en sien nou al uit na 'n selfs nog meer suksesvolle gholfdag in 2027!"

Golf1

Golf 2

Kameeldrif

Kameeldrif gemeente skryf: "Ons gemeentekamp is die naweek van 14 Augustus by die pragtige Bosveld Oase naby Brits gehou. Dit was 'n perfekte plek om saam te kuier en die natuur te geniet.

Wat 'n wonderlike naweek van saamkuier, lekker gesels, braai, lag en sommer net tyd saam as gemeente spandeer. Ons harte is vol dankbaarheid vir elkeen wat deel was daarvan."

Kamp 1

kamp3

Magalieskruin

Louis Lemmer skryf: "Die gemeente se Ekologiebediening het onlangs ons eerste oes vir die nuwe seisoen by Harmonie Oord gaan aflewer. Ons kon 12 kratte spinasie en 'n krat met blaarslaai skenk."

Tuin1

Monumentpark

Die gemeente skryf: "Ons Bottel en Bord-geleentheid op 20 Augustus was 'n reuse sukses. Cilliers Brink was ons gasspreker en het die gehoor toegespreek oor die konteks waarbinne ons vandag leef. Baie dankie aan almal wat deel was van hierdie spesiale geleentheid!"

MPark

Riviera-Jakaranda

Die gemeente skryf: "Ons het Donderdag, 20 Augustus, 'n geleentheid getiteld "Dapper gesprekke: My nalatenskap", aangebied.

Dit was 'n waardevolle geleentheid om saam te gesels oor persoonlike beplanning, nalatenskap en die belangrikheid daarvan om vandag reeds na môre om te sien.

Dankie aan Sonja Smith-Janse van Rensburg vir die waardevolle gesprekke, praktiese raad en wysheid wat sy met ons gedeel het.

Saam sien ons. Saam gee ons om. Saam dien ons."

Sonja

Die gemeente skryf verder: "'n Groot dankie aan elkeen wat saam met ons gestap, gekuier, ontbyt geniet en die Bybelstap die 22ste Augustus, ondersteun het!

Dankie ook aan almal wat gehelp het agter die skerms, ons marshalls, diegene wat ontbyt voorberei het en elke persoon wat op enige manier bygedra het.

Julle ondersteuning maak dit moontlik om saam as gemeente geloof te leef, gemeenskap te bou en 'n verskil te maak.

Stap vir stap - saam maak ons 'n verskil!"

Stap

Stellastraat

Die gemeente skryf: "Ons Stellastraat Stoepmark was 'n reuse sukses! Daar was gesmul, gesels, gelag en gekuier. Dankie vir almal se bydraes en ondersteuning, volgende jaar maak ons weer so!"

Stoep

Die gemeente het op Saterdag, 15 Augustus hul VATSO ouerskaptoerustingsgeleentheid gehad en dit was 'n groot sukses. 'n Klomp Stellastraat mammas en hul kleinspan het saam met Robyn van Robyn's Nest Bakery geleer koekies versier.

vatso1

Beplande aktiwiteite

Wonderpark

Wonder

Wonder

Montana

Montana

Rietfontein-Suid

Riet

Warmbad-Wes

Warm

Warm2

Waterkloof-Rif

Rif

Vaalwater

Koop jou kaartjie en staan 'n kans om R50 000 kontant of 'n wapen ter waarde van R50 000; asook 'n luukse naweekwegbreek vir vier persone, te wen. Die trekking vind plaas op 31 Augustus 2026. Meer besonderhede is vervat in die opname en die pamflet.

Kyk die opname hier.

Vaalwater

Pierneef

Pierneef

Hartbeespoort

hatklop2

Lynnwood

4 Sep

Nylstroom-Oos

Nylstroom oos

Nylstroom

Monumentpark

Monument

Mootvallei

Moot

Raslouw

Raslouw

Ring van Polokwane

12 Sep

Kameeldrif

Drif

Universiteitsoord

Univ

Riviera-Jakaranda

Musiek

Brits

14 Sep

26 Sep

Florandia

Florandia


Omgeenuus

omgeenuus

Deo Gloria

deo gloria

CMR-Noord kuiergeleentheid

Lesers word uitgenooi na 'n spesiale geleentheid op die 5de September.

Bespreek jou kaartjie hier - https://qkt.io/CMRNDamestee

CMRN

Rustenburg Rusoord

RTB

Warmbad Rusoord

Warmbad

toerusting

1 September, Sewe beginsels wat 'n huwelik laat werk.

1 Sept


Registreer hier.

10 September, Van liefdadigheid na geregtigheid

10 Sep


Registreer hier.



17 September, Ons en die ander: waarom ons gelowe verskil.

17 Sep


Registreer hier.

8 Oktober, Toekoms en Teologie

Oktober


Registreer hier.

9 - 11 November, Dissipelskap

11 Nov

Registreer hier.

16 - 19 November, Brugbediening

Brug


Lees en registreer hier.

16 - 18 November, Gemeentediagnose (Pretoria)

10 No

Registreer hier.

Ander

Besoek gerus Excelsus se webwerf vir besonderhede oor toerustingsgeleenthede.

vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].

Besoek die Kerkbode vir inligting oor vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures


Ander Nuus

ander nuus

Preekgeleenthede

Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Laai die opdateerde lys hier af.

Dateer jou inligting op

Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.

Dateer jou besonderhede hier op.

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.


Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
Hou mekaar vas

Back to Blog