Noordelike Sinode

21 Augustus 2026

August 20, 20265 min read

verskil

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.


Varsnuus

varsnuus

PredikanteSAAMkoms

Leraars wat die saamkoms by Goudini volgende week gaan bywoon word 'n spoedige reis toegewens. Ons plaas graag 'n skakel na die program vir die spesiale geleentheid hier asook na die digitale gids.

Die Algemene Sinode het Dinsdag 'n media boodskap uitgereik wat handel oor die SAAMkoms. Lees dit hier.

saam

Sinodesitting: Geloofsbriewe

Ons het sowat 60 gemeentes se geloofsbriewe ontvang. Gemeentes wat hul briewe nog moet voltooi, moet dit asseblief so gou moontlik doen en aan [email protected] stuur. Maak ook seker dat jul die regte weergawe van die geloofsbrief (vorm) gebruik om te voltooi. Dit is hier beskikbaar.

NB


Sinodenuus

sinodenuus

Die rol van bedienaars in die NG Kerk

Jaco Botha (Hugenote Kollege) nooi gemeentes soos volg uit: "Dit is met dankbaarheid dat ons u uitnooi na die aanlyn inligtingsessies vir die opleiding van bedienaars in die NG Kerk.

Hugenote Kollege in samewerking met die Algemene Taakspan Kerklike Opleiding van Bedienaars het twee aanlynsessies gereël vir leraars en lidmate wat meer wil weet oor die kursus.

Daar is twee sessies geskeduleer wat dieselfde inhoud het so u is welkom om die een by te woon wat die gerieflikste is.

In die sessies gaan ons meer deel oor die inhoud van die kursus as akademiese aanbod, maar ook in diepte gesels oor die kerklike opleiding wat deel uitmaak van die formasie van studente. Ons gaan ook ruimte maak van huidige studente en alumni om hul ervarings te deel."

Belangstellendes kan hier registreer: https://forms.gle/G1bb1xJ8bQN3dnNB7

Skakels na die sessies

3 September 2026 om 18:00

https://us02web.zoom.us/launch/jc/85991844185 Meeting ID: 859 9184 4185

17 September 2026 om 18:00

https://us02web.zoom.us/launch/jc/86842592444 Meeting ID: 868 4259 2444

KAST

Amper tyd vir skoolverwisselingskamp!

Die Ring van Piet Potgietersrus nooi almal uit na die jaarlikse skoolverwisselingskamp vir Graad 7's wat vanaf 28 September tot 2 Oktober by Badseloopkampterrein plaasvind.

Lees gerus die brief aan die gemeente vir besonderhede oor die korting op registrasies of inskrywings wat voor 31 Augustus betaal en ingestuur word.

Graad 11's (Belydenisklasleerders) is welkom om as personeel of groepleiers saam te kamp!

Laai die nodige kommunikasie en dokumentasie hier af.

Brief aan gemeente.

Inskrywingsvorm vir kamper.

Inskrywingsvorm vir kamppersoneel.

Badseloop


Sinodesitting 2026

Banner sinodesitting

Waarnemers en belangstellendes welkom

Waarnemers of belangstellendes is welkom om die geleentheid by te woon. Die bywoningsfooi van R2 000 sluit huisvesting en alle etes in, maar ‘n besoeker sal self moet sorg vir vervoer.

Gemeentes wat graag sulke besoekers wil stuur, moet hierdie vorm voltooi en aan Elmarie stuur by [email protected].

wees


Kolleganuus

kolleganuus

Verjaarsdae

As jy of jou eggenoot gedurende die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.


Leraars

22 Augustus Hennie van Schalkwyk (Môregloed)

26 Augustus Wouter de Vos (Wonderboompoort)

26 Augustus Erika van Tonder (Wonderboom)

27 Augustus Petrus Kriel (Levubu)

Emeriti

23 Augustus Louis Swart

Eggenotes

25 Augustus Danita Ferreira, eggenote van Danie (emeritus)

Hospitaal

Jacques Myburgh (Noordoos-Pretoria) se vrou Adriana, was onlangs in die hospitaal.

Bewegings

Beroep

Lisa Holtzhauzen, tans verbonde as interim predikant aan die gemeente Ellisras-Wes, is deur Kammieskroon Gemeente beroep as deeltydse vastetermyn predikant vir ’n tydperk van twee jaar.

Lisa

Afskeid

Nadine Bronkhorst lewer op Sondag, 23 Augustus, haar afskeidspreek by die gemeente Rustenburg-Bergsig. Sy het 'n beroep na George Moedergemeente aanvaar.

Nadine


Gemeentenuus

gemeentenuus

Stigtingsdatums

As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].

25 Augustus 1974 Florandia

27 Augustus 1947 Suidoos-Pretoria

Aktiwiteite

As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.

Ervarings

Universiteitsoord

Die afgelope naweek het die gemeente hul jaarlikse Kaskarfees gehou. Maryna Enslin, skakel- en kommunikasiebeampte, skryf soos volg:

"Wat ’n wonderlike dag!

’n GROOT dankie aan elkeen wat ’n bydrae gemaak het, pannekoek gebak het, iets lekkers voorberei het of op enige manier gehelp het om Kaskar 2026 ’n sukses te maak!

Dankie aan almal wat aan ons resies deelgeneem het, ons DRIVE TO SURVIVE-fondsinsameling ondersteun het, of sommer net kom saamkuier, eet en die dag geniet het.

En dan ’n PODIUM-GROOT DANKIE aan al ons ongelooflike borge!"

Die geleentheid het publisiteit in plaaslike nuusblaaie ontvang, lees gerus die artikels hier.

Kyk na meer fotos hier.

Kaskar

Beplande aktiwiteite

Overkruin

28 Aug


Wonderpark

Wonder

Wonder

Montana

Montana

Rietfontein-Suid

Riet

Vaalwater

Koop jou kaartjie en staan 'n kans om R50 000 kontant of 'n wapen ter waarde van R50 000; asook 'n luukse naweekwegbreek vir vier persone, te wen. Die trekking vind plaas op 31 Augustus 2026. Meer besonderhede is vervat in die opname en die pamflet.

Kyk die opname hier.

Vaalwater

Pierneef

Pierneef

Hartbeespoort

hatklop2

Lynnwood

4 Sep

Nylstroom-Oos

Nylstroom

Monumentpark

Monument

Mootvallei

Moot

Raslouw

Raslouw

Brits

14 Sep

26 Sep

Florandia

Florandia


Omgeenuus

omgeenuus

Deo Gloria

deo gloria

CMR-Noord kuiergeleentheid

Lesers word uitgenooi na 'n spesiale geleentheid op die 5de September.

Bespreek jou kaartjie hier - https://qkt.io/CMRNDamestee

CMRN

Rustenburg Rusoord

RTB

toerusting

1 September, Sewe beginsels wat 'n huwelik laat werk.

1 Sept


Registreer hier.

10 September, Van liefdadigheid na geregtigheid

10 Sep


Registreer hier.



17 September, Ons en die ander: waarom ons gelowe verskil.

17 Sep


Registreer hier.

8 Oktober, Toekoms en Teologie

Oktober


Registreer hier.

9 - 11 November, Dissipelskap

11 Nov

Registreer hier.

16 - 19 November, Brugbediening

Brug


Lees en registreer hier.

16 - 18 November, Gemeentediagnose (Pretoria)

10 No

Registreer hier.

Ander

Besoek gerus Excelsus se webwerf vir besonderhede oor toerustingsgeleenthede.

vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].


Rietfontein-Noord

Aanbiddingsleier ("worship leader")

Sluitingsdatum: So gou doenlik moontlik

Riet

Ander

Besoek die Kerkbode vir inligting oor ander vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures


Ander Nuus

ander nuus

Jongste werkloosheidsyfer is nasionale noodgeval

Die amptelike werkloosheidskoers het in die tweede kwartaal van 32,7% tot 33,6% gestyg. Meer as 12 miljoen Suid-Afrikaners is nou óf werkloos óf so ontmoedig dat hul opgehou het om werk te soek.

Lees die volledige berig soos verskyn het in Maroela Media, hier.

werkloosheid

Preekgeleenthede

Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Laai die opdateerde lys hier af.

Dateer jou inligting op

Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.

Dateer jou besonderhede hier op.

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.


Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
Hou mekaar vas

Back to Blog