Noordelike Sinode

14 Augustus 2026

August 13, 20267 min read

verskil

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.


Varsnuus

varsnuus

Kleiner is nie (altyd) sterwend – NG Kerk in Zimbabwe

Lourens Bosman, brugleraar in Zimbabwe gedurende 2025, vertel aan Heléne Meissenheimer (Kerkbode) dat in 2026 die grootste groep gemeentes binne die NG Kerk van Suider-Afrika dié was met net 300 of minder lidmate, maar kleiner beteken nie noodwendig kwynend of sterwend nie.

Sommige gemeentes in Zimbabwe het skaars 50 of minder lidmate. So skryf hy daaroor in ’n onlangse verslag: “Die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) in Zimbabwe bevind hom in ’n kritiese oorgangsfase, gekenmerk deur die knellende realiteit van gemeentes wat “ouer, kleiner en armer” word. Hierdie demografiese en ekonomiese uitdagings is gewortel in Zimbabwe se onlangse geskiedenis van grondhervorming, ekonomiese inploffing en ’n kultuur van wanbetaling. Ten spyte hiervan toon kleiner, ‘familiegrootte’ gemeentes merkwaardige veerkragtigheid deur hoë eienaarskap en informele bediening.”

Lees die volledige artikel oor die gemeentes in Zimbabwe hier.

Kadoma
Foto: Kadoma-gemeente in Masjonaland in Zimbabwe.

Die rol van bedienaars in die NG Kerk

Jaco Botha (Hugenote Kollege) nooi gemeentes soos volg uit: "Dit is met dankbaarheid dat ons u uitnooi na die aanlyn inligtingsessies vir die opleiding van bedienaars in die NG Kerk.

Hugenote Kollege in samewerking met die Algemene Taakspan Kerklike Opleiding van Bedienaars het twee aanlynsessies gereël vir leraars en lidmate wat meer wil weet oor die kursus.

Daar is twee sessies geskeduleer wat dieselfde inhoud het so u is welkom om die een by te woon wat die gerieflikste is.

In die sessies gaan ons meer deel oor die inhoud van die kursus as akademiese aanbod, maar ook in diepte gesels oor die kerklike opleiding wat deel uitmaak van die formasie van studente. Ons gaan ook ruimte maak van huidige studente en alumni om hul ervarings te deel."

Belangstellendes kan hier registreer: https://forms.gle/G1bb1xJ8bQN3dnNB7

Skakels na die sessies

3 September 2026 om 18:00

https://us02web.zoom.us/launch/jc/85991844185 Meeting ID: 859 9184 4185

17 September 2026 om 18:00

https://us02web.zoom.us/launch/jc/86842592444 Meeting ID: 868 4259 2444

KAST


Sinodenuus

sinodenuus

Tree jy af binne die volgende ses jaar?

Op versoek van predikante wat nie die in-persoon inligtingsessies oor aftrede wat deur die pensioenfondsbestuurskomitee aangebied is kon bywoon nie, is 'n aanlyngeleentheid gereël vir Dinsdag, 18 Augustus om 09:00.

Indien jy die geleentheid wil bywoon, gebruik onderstaande skakel om toegang tot die sessie te verkry.

Aanlyninligtingsessie oor aftrede vir predikante | Meeting-Join | Microsoft Teams

Volledige besonderhede oor die geleentheid is uiteengesit in hierdie dokument.

Sou jy die sessie wou bywoon en sou baat by 'n opsomming van jou voordeleprofiel, stuur asseblief jou naam, van en ID aan [email protected].

logop

Amper tyd vir skoolverwisselingskamp!

Die Ring van Piet Potgietersrus nooi almal uit na die jaarlikse skoolverwisselingskamp vir Graad 7's wat vanaf 28 September tot 2 Oktober by Badseloopkampterrein plaasvind.

Lees gerus die brief aan die gemeente vir besonderhede oor die korting op registrasies of inskrywings wat voor 31 Augustus betaal en ingestuur word.

Graad 11's (Belydenisklasleerders) is welkom om as personeel of groepleiers saam te kamp!

Laai die nodige kommunikasie en dokumentasie hier af.

Brief aan gemeente.

Inskrywingsvorm vir kamper.

Inskrywingsvorm vir kamppersoneel.

Badseloop

Die koue het die Sinodehuis laat plan maak

koue


Sinodesitting 2026

Banner sinodesitting

Geloofsbriewe

Gemeentes kan die geloofsbriewe vir die sinodesitting hier aflaai om te voltooi. Voltooide briewe moet asseblief teen 14 Augustus teruggestuur word aan [email protected]. Navrae oor die voltooiing van die briewe kan aan dieselfde adres gestuur word of jul kan haar skakel by 082 496 6317.

Waarnemer en belangstellendes welkom

Bo en behalwe elke gemeente se afgevaardigdes na die Noordelike Sinode se familiefees is lidmate wat die hele tyd, van 18 tot 22 Oktober, saam wil kom dink oor die tema: Droomdraers, baie welkom. Die bywoningsfooi van R2 000 sluit huisvesting en alle etes in, maar ‘n besoeker sal self moet sorg vir vervoer.

So ‘n besoeker word dan saam met afgevaardigdes by ‘n tafel ingedeel en kan dus ten volle deel wees van die tafelgesprekke, kuier in die aande, netwerke bou en so meer. Sodoende kry sulke lidmate ‘n groter begrip van waarmee die kerk besig is en hoe die kerk dink oor die pad wat voorlê. Die bydrae wat sulke besoekers na die tyd kan lewer in hulle gemeentes, kan vir die gemeente baie groot waarde hê.

Gemeentes wat graag sulke besoekers wil stuur, moet hierdie vorm voltooi en aan Elmarie stuur by [email protected], teen 14 Augustus.

wees


Kolleganuus

kolleganuus

Verjaarsdae

As jy of jou eggenoot gedurende die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.


Leraars

16 Augustus Lizl-Louise Schoeman (Monumentpark)

17 Augustus Dini Smit (Mootvallei)

17 Augustus Bernice Serfontein (Waterkloof)

20 Augustus Corné Bootha (Magalieskruin-Pretoria)

21 Augustus Yvette Bosman (Derdepoort)

Emeriti

16 Augustus Gerhard Mahne

18 Augustus Johan van Zittert

21 Augustus Martin Lazenby

vd

Hospitaal

Johan Scholtz van die gemeente Montana was onlangs in die hospitaal.

Bewegings

Bevestig

Drian Britz word Sondag, 16 Augustus by die gemeente Pretoria-Tuine bevestig.

Britz

Surina van den Berg word Sondag, 16 Augustus as deeltydse Leraar in Villieria Gemeente bevestig.

Surina


Gemeentenuus

gemeentenuus

Stigtingsdatums

As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].

Geen

Aktiwiteite

As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.

Florandia

15 Augus

Riviera-Jakaranda

20 Aug

Overkruin

28 Aug


Wonderpark

wonderpark

Montana

Montana

Rietfontein-Suid

Riet

Vaalwater

Koop jou kaartjie en staan 'n kans om R50 000 kontant of 'n wapen ter waarde van R50 000; asook 'n luukse naweekwegbreek vir vier persone, te wen. Die trekking vind plaas op 31 Augustus 2026. Meer besonderhede is vervat in die opname en die pamflet.

Kyk die opname hier.

Vaalwater

Pierneef

Pierneef

Hartbeespoort

hatklop2

Lynnwood

4 Sep

Nylstroom-Oos

Nylstroom

Monumentpark

Monument

Mootvallei

Moot

Raslouw

Raslouw

Brits

14 Sep

26 Sep

Florandia

Florandia


Omgeenuus

omgeenuus

Deo Gloria

deo gloria

Talentaand: Abraham Kriel Kinderhuis

Lesers word hartlik uitgenooi na die spesiale geleentheid op 15 Augustus te Weesgerus.

15 Aug

CMR-Noord geleenthede

Kursus

'n Egskeiding bring groot veranderinge vir die hele gesin.

Nici Harmse (CMRN) skryf: "Die Gedeelde Ouerskap-kursus van CMR Noord bied ouers praktiese leiding en professionele ondersteuning om hierdie verandering op 'n gesonde manier te hanteer en die beste besluite vir hul kinders te neem.

Die kursus help ouers om die emosionele impak van 'n egskeiding te verwerk, effektief met 'n eksmaat te kommunikeer en konflik op 'n gesonde manier te hanteer.

Ouers leer hoe konflik hul kinders beïnvloed en hoe werkbare ouerskapreëlings en tydskedules groter stabiliteit vir hul kunders skep. Hulle leer hoe om gedeelde ouerskap in die beste belang van hul kinders te beoefen.

Die kursus word aangebied deur Wilna Stander, 'n ervare maatskaplike werker wat al vir baie jare ouers met opleiding en begeleiding ondersteun."

Besprekings en navrae: Wilna Stander: 077 471 8174 • [email protected]

CMR

Kuier

Lesers word uitgenooi na 'n spesiale geleentheid op die 5de September.

Bespreek jou kaartjie hier - https://qkt.io/CMRNDamestee

CMRN

Rustenburg Rusoord

RTB

toerusting

1 September, Sewe beginsels wat 'n huwelik laat werk.

1 Sept


Registreer hier.

10 September, Van liefdadigheid na geregtigheid

10 Sep


Registreer hier.



17 September, Ons en die ander: waarom ons gelowe verskil.

17 Sep


Registreer hier.

8 Oktober, Toekoms en Teologie

Oktober


Registreer hier.

9 - 11 November, Dissipelskap

11 Nov

Registreer hier.

16 - 19 November, Brugbediening

Brug


Lees en registreer hier.

16 - 18 November, Gemeentediagnose (Pretoria)

10 No

Registreer hier.

Ander

Besoek gerus Excelsus se webwerf vir besonderhede oor toerustingsgeleenthede.

vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].


Rietfontein-Noord

Aanbiddingsleier ("worship leader")

Sluitingsdatum: So gou doenlik moontlik

Riet

Ander

Besoek die Kerkbode vir inligting oor ander vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures


Ander Nuus

ander nuus

Soos sagte reën

CLF Uitgewers skryf: "Ons jongste publikasie, Soos sagte reëns - Luisterend nagedink oor die werk van die Heilige Gees, deur Coenie Burger, is binnekort op ons rakke beskikbaar!

Soos sagte reëns is presies dit: ’n welkome, verkwikkende gawe aan die kerk ná ietwat van ’n droogte in ons nadenke en gesprek oor die Heilige Gees. Met die wysheid van ’n ervare teoloog en deurleefde kerkmens, help Coenie Burger ons om die Gees opnuut raak te sien as die Een wat lewe gee, geloof wek, gemeenskap skep en die kerk die wêreld instuur. Hierdie boek val soos sagte reën op grond – stil en sonder vertoon, maar met die belofte van nuwe lewe.
Besoek CLF uitgewers se webwerf sou jy die boek wou bestel."

reen

Preekgeleenthede

Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Laai die opdateerde lys hier af.

Dateer jou inligting op

Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.

Dateer jou besonderhede hier op.

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.


Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
Hou mekaar vas

Back to Blog