
7 Augustus 2026

Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
Varsnuus

Vrouwees gevier
Talle gemeentes vier hierdie maand op een of ander manier Vrouemaand. So het die Gemeente Waverley die maand afgeskop deur hulle vroue te bederf met 'n spesiale ontbyt die afgelope Saterdag.

Sondag is dit opgevolg met die bevestiging van hulle derde vrouedominee, sonder dat daar 'n manlike kollega is. Leonie Johnson, 'n boorling van die omgewing, is as tentmaker bevestig.
Op die foto staan haar twee voltydse kollegas, Natalie-Ann van Blerk (links) en Bettie Wagner-Ferreira, weerskante van haar.

Waverley is tans die enigste gemeente in die Noordelike Sinode met drie vroue as predikante.
Sinodenuus

Pensioenfondsomsendskrywe 3 van 2026
Na aanleiding van 'n bespreking tydens die onlangse pensioenfondsbestuursvergadering is 'n omsendskrywe oor die ongeskikheidsinkomste-voordeel saamgestel. Gemeentes word versoek om hierdie inligting met alle werknemers te deel.

Ses tendense uit jongste kerklike opname
Die jongste Kerkspieëlopname van die NG Kerk, waaraan 67% van gemeentes in die NG Kerk deelgeneem het, teken 'n bemoedigende prentjie: Al hoe meer gemeentes beskryf hulself as groeiend, finansies is gesonder as in die vorige twee opnames, en erediensbywoning het verbeter.
Sou jy die jongste resultate (2026) vergelyk met dié van 2018 en 2022, is daar ’n paar tendense wat opval. Lees die volledige berig hier.

Amper tyd vir skoolverwisselingskamp!
Die Ring van Piet Potgietersrus nooi almal uit na die jaarlikse skoolverwisselingskamp vir Graad 7's wat vanaf 28 September tot 2 Oktober by Badseloopkampterrein plaasvind.
Laai die nodige kommunikasie en dokumentasie hier af.
Inskrywingsvorm vir kamppersoneel.

Sinodesitting 2026

Geloofsbriewe
Gemeentes kan die geloofsbriewe vir die sinodesitting hier aflaai om te voltooi. Voltooide briewe moet asseblief teen 14 Augustus teruggestuur word aan [email protected]. Navrae oor die voltooiing van die briewe kan aan dieselfde adres gestuur word of jul kan haar skakel by 082 496 6317.
Lidmate welkom by Familiefees
Bo en behalwe elke gemeente se afgevaardigdes na die Noordelike Sinode se familiefees is lidmate wat die hele tyd, van 18 tot 22 Oktober, saam wil kom dink oor die tema: Droomdraers, baie welkom. Die bywoningsfooi van R2 000 sluit huisvesting en alle etes in, maar ‘n besoeker sal self moet sorg vir vervoer.
So ‘n besoeker word dan saam met afgevaardigdes by ‘n tafel ingedeel en kan dus ten volle deel wees van die tafelgesprekke, kuier in die aande, netwerke bou en so meer. Sodoende kry sulke lidmate ‘n groter begrip van waarmee die kerk besig is en hoe die kerk dink oor die pad wat voorlê. Die bydrae wat sulke besoekers na die tyd kan lewer in hulle gemeentes, kan vir die gemeente baie groot waarde hê.
Gemeentes wat graag sulke besoekers wil stuur, moet hierdie vorm voltooi en aan Elmarie stuur by [email protected].
Kolleganuus

Verjaarsdae
As jy of jou eggenoot gedurende die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.
Leraars
10 Augustus Francois Smit (Groenkloof)
10 Augustus Lelanie Behr (proponent)
12 Augustus Simon van den Heever (Rooihuiskraal)
13 Augustus Willie Schoeman (Lusaka, Zambië)
Emeriti
9 Augustus Jan Botha
13 Augustus Pietie le Roux
14 Augustus Carl Louwrens
Eggenote
8 Augustus Tiaan Bronkhorst, eggenoot van Nadine (Rustenburg-Bergsig)
10 Augustus Harriet Avenant, eggenote van Johan (The Reeds)
14 Augustus Maggie Britz, eggenote van Driaan (Pretoria-Tuine)

Hartseer
Sandra Grobler (Sinodehuis) se man, Johan, is aan kanker oorlede.
Gemeentenuus

Stigtingsdatums
As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].
8 Augustus 1936 Masvingo
10 Augustus 1946 Derdepoort
11 Augustus 1977 Rustenburg-Proteapark
Aktiwiteite
As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.
Florauna

Universiteitsoord

Universiteitsoord skryf: "Kaskar 2026 is om die draai. 14 Augustus trek verskillende spanne, jonk en oud, weer weg om te sien wie die meeste en die vinnigste rondom die kerk kan hardloop.
Dit is NG Universiteitsoord se grootste fondsinsamelingsprojek vir die jaar. Die fondse word gebruik om ons gemeente te onderhou, uitreike van studente te ondersteun en ons preekreekse aan die gang te hou!
Ons skop hierdie jaar 'n nuwe projek af "DRIVE TO SURVIVE”.
Vind meer uit oor hoe jy kan deelneem HIER"
Lees hier vir volledige besonderhede.
Florandia

Riviera-Jakaranda

Overkruin

Wonderpark

Rietfontein-Suid

Hartbeespoort

Lynnwood

Monumentpark

Mootvallei

Brits


Florandia

Omgeenuus

Talentaand: Abraham Kriel Kinderhuis
Lesers word hartlik uitgenooi na die spesiale geleentheid op 15 Augustus te Weesgerus.

CMR-Noord geleenthede
Kursus
'n Egskeiding bring groot veranderinge vir die hele gesin.
Nici Harmse (CMRN) skryf: "Die Gedeelde Ouerskap-kursus van CMR Noord bied ouers praktiese leiding en professionele ondersteuning om hierdie verandering op 'n gesonde manier te hanteer en die beste besluite vir hul kinders te neem.
Die kursus help ouers om die emosionele impak van 'n egskeiding te verwerk, effektief met 'n eksmaat te kommunikeer en konflik op 'n gesonde manier te hanteer.
Ouers leer hoe konflik hul kinders beïnvloed en hoe werkbare ouerskapreëlings en tydskedules groter stabiliteit vir hul kunders skep. Hulle leer hoe om gedeelde ouerskap in die beste belang van hul kinders te beoefen.
Die kursus word aangebied deur Wilna Stander, 'n ervare maatskaplike werker wat al vir baie jare ouers met opleiding en begeleiding ondersteun."
Besprekings en navrae: Wilna Stander: 077 471 8174 • [email protected]

Kuier
Lesers word uitgenooi na 'n spesiale geleentheid op die 5de September.
Bespreek jou kaartjie hier - https://qkt.io/CMRNDamestee

Rustenburg Rusoord


Excelsus terugvoer
Kerkreg: Vergaderings wat lewe gee
Excelsus deel op hul webwerf ’n kort terugblik op hul onlangse Kerkreg-VBO oor "Vergaderings wat Lewe Gee". Prof. Johan van der Merwe herinner ons daaraan dat die kerk anders werk omdat die kerk anders ís. Wanneer ons vergaderings, ruimtes word waar ons saam luister, onderskei en God se teenwoordigheid soek, ontdek ons opnuut dat goeie vergaderings deel van goeie bediening is. Gaan lees gerus die artikel en deel dit met jou kerkraad of leierspan.
VBO-geleenthede aangebied deur Algemene Sinode taakspanlede
Dit bly vir Excelsus ’n groot voorreg om hande te vat met die Algemene Sinode se taakspanne. Hierdie vennootskappe help hul om belangrike gesprekke vanuit die hart van ons kerk vir predikante en gemeenteleiers toeganklik te maak. Daarom word al die VBO-geleenthede wat deur die Algemene Sinode se taakspanne aangebied word, gratis beskikbaar gestel. Indien jy die Evangelisasie-Taakspan se webinaar in Junie misgeloop het, is die volledige opname nou ook op die Excelsus YouTube-kanaal beskikbaar, waar jy dit enige tyd kan inhaal.
Beplande toerustinggeleenthede
13 Augustus, Die pastor in ‘n eeu van egtheid.
Excelsus skryf: "Ons vestig ook graag jou aandag op dr. Gerrie Bodenstein se sessie, “Die pastor in ’n eeu van egtheid”, op 13 Augustus. Die bediening het die afgelope dekades ingrypend verander en baie predikante beleef spanning rondom identiteit, relevansie en roeping. Gerrie gaan ons help om die kulturele wêreld waarin ons bedien beter te verstaan en saam te besin oor wat dit vandag beteken om ’n geloofwaardige pastor te wees. Ons dink hierdie gesprek sal vir baie kollegas besonder aktueel en waardevol wees."

1 September, Sewe beginsels wat 'n huwelik laat werk.

10 September, Van liefdadigheid na geregtigheid

17 September, Ons en die ander: waarom ons gelowe verskil.

8 Oktober, Toekoms en Teologie

9 - 11 November, Dissipelskap

16 - 19 November, Brugbediening

16 - 18 November, Gemeentediagnose (Pretoria)

2027, Opleiding as bedienaar
Kerkraadslede wat begeer om opgelei te word om bv eredienste te lei, jeugbediening of pastorale versorging te doen (vir meer opleidingsbane verwys na die grafika hieronder), deurloop die KAST-opleiding (kerklik-geakkrediteerde sertifikaat in teologie) by die Hugenote Kollege. Daar is ook 'n keuringsproses vir persone wat in die plaaslike gemeente in hierdie rol aangewend wil word.

Ander
Besoek gerus Excelsus se webwerf vir besonderhede oor toerustingsgeleenthede.

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].
Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Die organisasie het 'n vakature vir 'n Kerkorganiseerder in die noordelike streek (Kemptonpark). Vir volledige besonderhede lees hier.
Sluitingsdatum: 13 Augustus 2026
Rietfontein-Noord
Aanbiddingsleier ("worship leader")
Sluitingsdatum: So gou doenlik moontlik

Ander
Besoek die Kerkbode vir inligting oor ander vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

Ander Nuus

Preekgeleenthede
Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Laai die opdateerde lys hier af.
Dateer jou inligting op
Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.
Dateer jou besonderhede hier op.
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

