Noordelike Sinode

31 Julie 2026

July 31, 20267 min read

verskil

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.


Varsnuus

varsnuus

Augustusmaand is ...

Barmhartigheidsmaand

Barmhartigheidsmaand gaan oor meer as net die fisieke nood van mense. Fisieke nood gryp dadelik aan, maar die geestelike nood wat deur die fisieke aspek te weeg gebring word, ontglip dikwels die aandag. BybelMedia brei uit oor hoe gemeentes hierdie tema in hul eredienste en gebruike kan inkorporeer. Lees dit hier.

DinkJeug gee ook wenke en voorbeelde hoe gemeentes die tema Barmhartigheid aan kinders of die jeug kan voorstel. Besoek hulle webwerf hier.

barm

Vrouemaand

Wilmi Wheeler van Kaapkerk, skryf: "Augustus is Vrouemaand - ’n maand waarin ons die ongelooflike krag, deursettingsvermoë en dapperheid van vroue vier. Hierdie tyd van die jaar herinner ons aan die vele vroue wat, dikwels stilweg, ‘n blywende impak op die geskiedenis en samelewing gemaak het. Hul bydraes word dikwels nie erken nie en hul name soms nooit eens genoem nie. Tog het hul invloed diep spore gelaat wat steeds voelbaar is. Dit is met hierdie gedagte dat die Gendergeregtigheid Taakspan vir Vrouemaand ‘n Bybelstudiereeks saamgestel het wat fokus op die vroue in die Bybel wie se name ons nie ken nie.

Reis saam deur vier Bybelstudies oor naamlose vroue in die Bybel wat ons herinner aan ons waarde, al ken niemand eers ons naam nie."

Laai die Bybelstudiereeks hier af.

Lees Wilmi se volledige artikel hier.

Vrou


Sinodenuus

sinodenuus

'n Egskeiding beëindig 'n verhouding, maar nie ouerskap nie.

'n Egskeiding bring groot veranderinge vir die hele gesin.

Nici Harmse (CMRN) skryf: "Die Gedeelde Ouerskap-kursus van CMR Noord bied ouers praktiese leiding en professionele ondersteuning om hierdie verandering op 'n gesonde manier te hanteer en die beste besluite vir hul kinders te neem.

Die kursus help ouers om die emosionele impak van 'n egskeiding te verwerk, effektief met 'n eksmaat te kommunikeer en konflik op 'n gesonde manier te hanteer.

Ouers leer hoe konflik hul kinders beïnvloed en hoe werkbare ouerskapreëlings en tydskedules groter stabiliteit vir hul kunders skep. Hulle leer hoe om gedeelde ouerskap in die beste belang van hul kinders te beoefen.

Die kursus word aangebied deur Wilna Stander, 'n ervare maatskaplike werker wat al vir baie jare ouers met opleiding en begeleiding ondersteun."

Besprekings en navrae: Wilna Stander: 077 471 8174 • [email protected]

CMR

Amper tyd vir skoolverwisselingskamp!

Die Ring van Piet Potgietersrus nooi almal uit na die jaarlikse skoolverwisselingskamp vir Graad 7's wat vanaf 28 September tot 2 Oktober by Badseloopkampterrein plaasvind.

Laai die nodige kommunikasie en dokumentasie hier af.

Brief aan gemeente.

Inskrywingsvorm vir kamper.

Inskrywingsvorm vir kamppersoneel.

skool


Sinodesitting 2026

Banner sinodesitting

Geloofsbriewe

Gemeentes kan die geloofsbriewe vir die sinodesitting hier aflaai om te voltooi. Voltooide briewe moet asseblief teen 14 Augustus teruggestuur word aan [email protected]. Navrae oor die voltooiing van die briewe kan aan dieselfde adres gestuur word of jul kan haar skakel by 082 496 6317.

Lidmate welkom by Familiefees

Bo en behalwe elke gemeente se afgevaardigdes na die Noordelike Sinode se familiefees is lidmate wat die hele tyd, van 18 tot 22 Oktober, saam wil kom dink oor die tema: Droomdraers, baie welkom. Die bywoningsfooi van R2 000 sluit huisvesting en alle etes in, maar ‘n besoeker sal self moet sorg vir hulle vervoer.

So ‘n besoeker word dan saam met afgevaardigdes by ‘n tafel ingedeel en kan dus ten volle deel wees van die tafelgesprekke, kuier in die aande, netwerke bou en so meer. Sodoende kry sulke lidmate ‘n groter begrip van waarmee die kerk besig is en hoe die kerk dink oor die pad wat voorlê. Die bydrae wat sulke besoekers na die tyd kan lewer in hulle gemeentes, kan vir die gemeente baie groot waarde hê.

Gemeentes wat graag sulke besoekers wil stuur, kan vir Elmarie by die Sinodehuis kontak: [email protected] / 082 496 6317.

wees2


Kolleganuus

kolleganuus

Verjaarsdae

As jy of jou eggenoot gedurende die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.


Leraars

2 Augustus Theo Oosthuyzen (Krokodilrivier)

Emeriti

4 Augustus Christie Smit

Eggenote

1 Augustus Ina Bosman, eggenote van Tienie (Emeritus)

4 Augustus Ivan Forrest. eggenoot van Nicole (Waterkloofrif)

Ander

2 Augustus Sandra Grobler (Sinodehuis)

Verj

Bewegings

Leonie Johnson (Gemeente Haakdoorn) het die beroep as Tentmaker na Waverley Gemeente aanvaar en lewer op Sondag, 2 Augustus haar intreepreek.

leonie


Gemeentenuus

gemeentenuus

Stigtingsdatums

As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].

4 Augustus 1982 Kerk-in-Suid

Aktiwiteite

As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.

Florauna

14 Aug

Universiteitsoord

Kaskar

Universiteitsoord skryf: "Kaskar 2026 is om die draai. 14 Augustus trek verskillende spanne, jonk en oud, weer weg om te sien wie die meeste en die vinnigste rondom die kerk kan hardloop.

Dit is NG Universiteitsoord se grootste fondsinsamelingsprojek vir die jaar. Die fondse word gebruik om ons gemeente te onderhou, uitreike van studente te ondersteun en ons preekreekse aan die gang te hou!

Ons skop hierdie jaar 'n nuwe projek af "DRIVE TO SURVIVE”.

Vind meer uit oor hoe jy kan deelneem HIER"

Lees hier vir volledige besonderhede.

Florandia

15 Augus

Riviera-Jakaranda

20 Aug

Wonderpark

wonderpark

Rietfontein-Suid

Riet

Hartbeespoort

hatklop2

Monumentpark

Monument

Brits

14 Sep

26 Sep


Omgeenuus

omgeenuus

’n Donker dors is een wat jy nie kan les nie
deur Dana Snyman

Ma het my geborsvoed. Onskuldig het ek daar in haar arms gelê en drink.

Daarna was dit water. Water uit ’n tietiebottel of uit ’n bekertjie met ’n Donald Duck of een of ander prentjie op. Dit is steeds vir my heerlik om ’n kraan oop te draai en die koel water uit my handpalm te drink. Dit voel asof dit my nader aan die aarde bring.

Maar dit het nie by water gebly nie. Wie het eerste daaraan gedink om koeldrank te maak? Hoe jy Oros in ’n glas gooi, met water daarby.

Ma wou eers nie hê ek moet gaskoeldrank drink nie: Coke, Canada Dry, Hubbly Bubbly. Sy het gesê gaskoeldrank gaan my tande laat vrot. Tog het ons gesin later gaskoeldrank begin drink. Lees die volledige skets hier.

Stabi

Kuier saam met die CMR-Noord

Lesers word uitgenooi na 'n spesiale geleentheid op die 5de September.

Bespreek jou kaartjie hier - https://qkt.io/CMRNDamestee

CMRN

Rustenburg Rusoord

RTB

toerusting

4 en 5 Augustus, Preaching Luke backwards.
Prof Eric B. Barreto.

4 Augustus, Stellastraat Gemeente en aanlyn. Lees en registreer hier.

5 Augustus, Holy Cross Anglican Church, Orlando en aanlyn. Lees en registreer hier.

13 Augustus, Die pastor in ‘n eeu van egtheid.

Excelsus skryf: "Ons vestig ook graag jou aandag op dr. Gerrie Bodenstein se sessie, “Die pastor in ’n eeu van egtheid”, op 13 Augustus. Die bediening het die afgelope dekades ingrypend verander en baie predikante beleef spanning rondom identiteit, relevansie en roeping. Gerrie gaan ons help om die kulturele wêreld waarin ons bedien beter te verstaan en saam te besin oor wat dit vandag beteken om ’n geloofwaardige pastor te wees. Ons dink hierdie gesprek sal vir baie kollegas besonder aktueel en waardevol wees."

13 Aug


Registreer hier.

1 September, Sewe beginsels wat 'n huwelik laat werk.

1 Sept


Registreer hier.

17 September, Ons en die ander: waarom ons gelowe verskil.

17 Sep


Registreer hier.

8 Oktober, Toekoms en Teologie

Oktober


Registreer hier.

16 - 19 November, Brugbediening

Brug


Lees en registreer hier.

2027, Opleiding as bedienaar

Kerkraadslede wat begeer om opgelei te word om bv eredienste te lei, jeugbediening of pastorale versorging te doen (vir meer opleidingsbane verwys na die grafika hieronder), deurloop die KAST-opleiding (kerklik-geakkrediteerde sertifikaat in teologie) by die Hugenote Kollege. Daar is ook 'n keuringsproses vir persone wat in die plaaslike gemeente in hierdie rol aangewend wil word.

KAST

Ander

Besoek gerus Excelsus se webwerf vir besonderhede oor toerustingsgeleenthede.

vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].

Rietfontein-Noord

Aanbiddingsleier ("worship leader")

Sluitingsdatum: So gou doenlik moontlik

Riet

Besoek die Kerkbode vir inligting oor ander vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures


Ander Nuus

ander nuus

Preekgeleenthede

Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Laai die opdateerde lys hier af.

Dateer jou inligting op

Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.

Dateer jou besonderhede hier op.

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.


Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
Hou mekaar vas

Back to Blog